Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Doodstraf in SA: Ja, Ja, Ja !!
Re: Doodstraf in SA: Ja, Ja, Ja !! [boodskap #8973] |
Thu, 03 April 1997 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Week gelede is 'n amerikaner op die elektriese stoel ter
dood veroordeel. Daar was toe 'n bohaai oor daar vlamme by die
moordenaar se kop uitgeslaan het ten tyde van die teregstelling.
Natuurlik het al die polities-korrektes dit weer gebruik om
uit te vaar oor hoe "wreedaardig" en "onmenslik" dit is om
iemand die doodstraf te gee. Hulle moere! Vir al wat ek omgee kan
daar 'n vlam by die ou se poephol uitspring.
Dit het deesdae mode geword om allerhande verskonings te soek vir
die misdadiger. Daar word allerhande sielkundige teorie opgedis om
hulle los te kry. Dit is dan altyd 'n geval van dat die moordenaar
onskuldig is, en die res van die samelewing of die staat of die skole
of wat ookal die skuld moet dra. Hier in Australie is 'n ex-SA priester
wat gedurig sy bek vol het oor die arme misdadiger en die onmenslike
strawwe - hy roem hom op SA om sy verwronge idees te propageer.
Ek, soos die meeste doodgewone mense, is ten gunste van die doodstraf.
Meningsopnames in Australie, Engeland en RSA,(ens) het nou al oor en oor
gewys dat die meerderheid ten gunste van die doodstraf is.
Maar in plaas daarvan dat demokrasie hieroor geld, word die wet bepaal
deur 'n minderheid wat dink hulle het beter morele en politieke
waardes as die res van ons.
Ek is gatvol vir sulke mense wat gedurig hul bek vol het oor die regte van
moordenaars,verkragters,rowers,pedofiele ens. maar baie min te se het oor
die wreedaardige en boosaardige dade van hierdie mense. Die arme slagoffer
wat vermoor,vermink,verkrag word - hulle moet maar net afkak.
Die geld word mos deesdae eerder spandeer aan misdadigers. Hulle word
mooitjies opgepas en van terapie voorsien en kry opvoeding en
dan 'n vroee vrylating: dikwels om hul wandade te herhaal as hul uitkom.
Is ek 'n barbaar as ek eerder al daai geld spandeer aan die slagoffers
en mense wat vrek van die honger? of die VOORKOMING van misdaad of
iets sinvols ?
Die doodgewone, vredeliewende wetsgehoorsame burger, word aangese om
die gebod "Jy mag nie doodslaan nie" na te kom, ten opsigte van die
moordenaar. Party gaan selfs so ver om te skryf dat die staat
dan net so sleg en barbaars soos die moordenaar is!.
Sulke polities-korrektes wil maak asof daar basies geen verskil
is tussen die teregstelling van 'n moordenaar en die moord op
die slagoffer nie!. Is dit nie 'n voorbeeld van hoe verwronge
en idioties party se gedagtegang is, dat hulle nie sulke onderskeidings
kan maak nie? Is ek 'n barbaar omdat ek reg wil sien geskied ?
'n Tipiese argument teen die doodstraf wat mens dikwels hoor,
is dat die doodstraf nie mense afskrik nie.
Of dit nou waar is of nie, ek gee nie 'n donner om nie:
ek wil REG LAAT GESKIED. Gee hierdie mense 'n regverdige verhoor,
en as hul skuldig is: Verwyder hierdie moordenaars permanent
uit die samelewing uit, m.a.w. stel hulle tereg.
Een dink weet ek dan verseker: hy/sy sal nooit weer kan moor nie.
Waarom moet ek en my vrou en kinders
die risiko dra om boosaards om ons te he ?
Maak dit van my 'n wreedaardige, onchristelike, wraaksigtige barbaar ?
Ek is bewus daarvan dat misdaad 'n sosiaal-ekonomiese oorsprong het,
wat aangespreek moet word (ek is nie 'n rassis nie en nie onnosel nie).
Maar ek weier om te aanvaar dat mense eenvoudig koelbloedig kan moor
sonder enige respek vir 'n lewe, bloot omdat hy honger is of 'n
videomasjien wil he.
Wat my veral 'n kramp gee is pienk liberaliste wat uit die perspektief
van hoogs ontwikkelde westerse samelewings wil voorskryf hoe reg moet
geskied in Afrika. Dit is eenvoudig belaglik dat hul hul idees oor
die afskaffing van die doodstraf in SA afdwing het. Skielik het SA
beweeg van "necklace" teregstellings na die afskaffing van die doodstraf ?
Dit wys eenvoudig vir my hoe ver hierdie mense verwyderd is van die
die werkersklas en hul probleme. Hul moet hul bourgeoise moraliteit in hul
gat opsteek. Swartmense in SA is duidelik ten gunste
van die doodstraf, die ANC is (tevergeefs?) versoek om dit weer in te stel.
Alhoewel daar aanvanklik bedenkinge was onder swartmense (vanwee
die apartheidsjare), wys meningsopnames dat daar 'n geweldige swaai was
onder swartmense ten gunste van die doodstraf. Dit is immers hulle wat
die meeste ly onder moord en doodslag in die townships. Die meeste
blankes EN swartes is ten gunste van die doodstraf. Mense soos biskop
Tutu en andere moet kennis neem.
Jul mag (liefdevol) van my verskil.
Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Doodstraf in SA: Ja, Ja, Ja !! [boodskap #9086 is 'n antwoord op boodskap #8973] |
Wed, 16 April 1997 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koos het geskryf:
> Ek het in my tog op die argumente begin deur te se: 'n Beskaafde land
> het nie 'n doodstraf nie, maar hierdie is nie 'n beskaafde land nie.
> Was nooit een gewees nie......
> ...Maar dis nie 'n waterdigte posisie nie. Dis 'n ideale posisie in die
> ideale wereld.
Teunis vanRee skryf:
> Reg, maar 'desperate times need desperate measures'
Julle raak hier vir my die kern van die saak aan, nl. dat
aborsie en die doodstraf 'n saak is wat nie lekker is nie,
maar wat soms uitgevoer moet word omdat ons nie in 'n ideale wereld
leef nie. En baie mense wat teen die doodstraf en aborsie is,
is te papbroekig is om te aanvaar: Dat mense in 'n nie-ideale wereld
sekere besluite neem wat dalk morele twyfel (of wroegings) tot
gevolg sal he. Hierdie mense wil 'n maklike morele uitweg he,
'n 3de opsie, waar daar nie een is nie.
Hulle wil nie aanvaar dat mens binne 'n nie-ideale konteks
en met beperkte geld nie na almal kan omsien nie en dat dikwels
swaar keuses gemaak moet word nie.
In die ideale wereld is daar nie sosiale wanaanpassings wat moor en
verkrag nie, en as daar is, is daar biljoene rande om hulle weg te sit
en van terapie te voorsien. Daar is nie "drop-outs" wat moor nie want hul
almal kom uit goeie ouerhuise en goeie buurte, en daar is geen "boosheid"
in die wereld nie, want almal is "goed" gebore en die wat nie is nie,
is rehabiliteerbaar ens. In die ideale, hoogs ontwikkelde samelewing,
kan ons die doodstraf afskaf, ons gewetes sus, al die ongewenste
babas voorkom of na hul kyk as daar is, en vir duur terapie betaal,
en is daar baie plek in die tronke. Droom maar voort.
Dis geen wonder dat deur al die eeue het die werkersklas 'n minagting
gehad vir die regstelsel en moraliteit van die morele adelklas nie,
omdat dit so min te doen het met hul sosiale omstandighede.
O.A. daarom dat ons in SA "people's courts" gehad het, wat op absoluut
wreedaardige wyse "reg" laat geskied het. Die mate van straf moet min
of meer op die golflengte wees van die misdaad wat uitgevoer word,
anders verloor mense respek vir die wet.
Gloudina het geskryf:
> Ag Galjoen,tog. Praat hieroor met jou predikant.
> Minder as twee-honderd jaar gelede het jou voorsate gedink
> daar is niks verkeerd met slawerny nie. Nou dink jy anders.
> Die mens is besig om moreel beter te word, al lyk dit nie
> sommige dae so nie.
My predikant vind geen grond in die bybel teen die doodstraf nie.
Ek erken "in hindsight" was my voorsate verkeerd. Maar mens pas nie more
se moraliteit vandag toe nie. Mens is nou en hier, soms in nie-ideale
omstandighede. Party mense is van nature boos/"evil".
Dit sal altyd so wees. Mens kan nie boosheid altyd rasionaliseer
en voorkom of rehabiliteer nie.
Vriendelike groete.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:46 UTC 2025
|