Kritiek asb [boodskap #89613] |
Di., 27 Januarie 2004 09:28  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Baie goeie maat van my het 'n toerbesigheid begin - kan die wat wil
asseblief enige kommentaar op die webblad lewer.
: http://www.rosi.co.za
Dink julle sy behoort ook 'n Afrikaanse deel te hê?
--
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kritiek asb [boodskap #89634 is 'n antwoord op boodskap #89613] |
Di., 27 Januarie 2004 13:00   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 27 Jan 2004 11:28:40 +0200, "Annette" wrote:
> 'n Baie goeie maat van my het 'n toerbesigheid begin - kan die wat wil
> asseblief enige kommentaar op die webblad lewer.
> : http://www.rosi.co.za
>
> Dink julle sy behoort ook 'n Afrikaanse deel te hê?
Annette,
Vir my sou dit 'n goeie beginsel wees as jou maat sy webblad nie slegs
in Engels versôre nie maar ook in Afrikaans, Nederlands, Frans, Duits,
Spaans, Italiaans en dalk Japannees. Seker Duitsers en Japannese is
teenwoordig vurige reisigers en toeriste. 'n Mens ontmoet hulle orals
op die wêreld waar toeriste is. En hulle het geld!.. Dis tog 'n
algemene prinsipe dat mense daarvan hou om in hulle eie taal
informasie te kry? 'n Mens moet lewe met iedereen en vernaamlik met 'n
iegelik wat geld het. Ofskoon ek self meerdere tale kan besig is my
beste reise wat ek ooit al gehad het dié waar ook die reisgeleier my
eie taal gepraat het. Ek stem saam Engels is 'n internasionale taal
geword maar moet nou ook nie dink Engels is vir elkeen so goed
verstaanbaar nie. Ek lees hier op die nuusgroep dikwels die gedagte
van "'n toeris moet se eie maar aanpas an die land waar hy kom.." 'n
Slegte prinsipe! Want die spreekwoord sê mos ook:"Wie se brood 'n mens
eet, dié se woord 'n mens spreek!"
Origens is die tuisblad in orde. Ja, miskien sou dit nuttig wees om
daardie klein fototjies te kan aanklik om dan 'n grotere een te sien.
Norbert (uit Vlaandere)
RR $$ ¥¥  ££
|
|
|
|
|
|
Re: Kritiek asb [boodskap #89700 is 'n antwoord op boodskap #89696] |
Do., 29 Januarie 2004 11:06  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Lou - ek stuur jou kritiek aan na haar.
Die Afrikaanse lys het gemuteer na 'n yahoo groep.
--
Annette
news:bfb75562.0401290214.3c4004b@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> 'n Baie goeie maat van my het 'n toerbesigheid begin - kan die wat wil
>> asseblief enige kommentaar op die webblad lewer.
>> : http://www.rosi.co.za
>>
>> Dink julle sy behoort ook 'n Afrikaanse deel te hê?
>
> Hey'ta
>
> Bly om te sien Rosi doen so goed - onthou haar nog van die Afrikaanse
> gesels lys wat op 'n stadium in werking was (Wat het daarvan geword?).
> Onthou nog die stukkie wat sy gepos het nadat sy haar koglea
> oorplanting gekry het. Dit het my nogal diep laat dink oor dinge wat
> mens as vanselfsprekend aanvaar soos gehoor en sig.
>
> Het sy die web blad op 'n paar soek enjins ge-add? Dit help ook as sy
> in die page title 'n paar relevante begrippe insluit wat haar blaai
> makliker optelbaar sal maak vir sekere soek woorde soos Stellenbosh,
> South africa, Cape etc. Google tel die woord amakombi woord drie keer
> op - maar sy moet bietjie dink oor wat 'n oorsese toeris sal intik en
> dit dan deel maak van haar uitleg en of titel.
>
> Ek sien dat hulle ook beplan om Transits te doen - 'n kennis van my
> het dieselfde tipe ding begin - toere en transit - en later gevind dat
> sy transit trips van en na byvoorbeeld die lughawe later sy
> uitsluitlike besigheid geword het - die ure is net somtyds bietjie
> woes.
>
> Cheers
> Lou
|
|
|