Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Bangmaakstorie
'n Bangmaakstorie [boodskap #89580] Ma, 26 Januarie 2004 09:33 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Saterdag, op pad na Ceres, net voor Michel'spas is daar 'n plek met 'n groot
rooi kruis en stopteken langs die pad by 'n treinspoor. Ek stop toe ewe
gehoorsaam daar omdat ek moet - maar ek merk dat verkeer van voor af en die
persoon voor my nie eers stadiger ry nie - hulle ry oor die
stoptekensperstreep asof dit nie bestaan nie.
My niggie vertel my toe dat mens daar versigtig moet wees en in jou
truspieëltjie moet kyk voordat jy daaraan dink om daar te stop, want as
daar 'n motor of vragmotor van agter aankom, gaan hulle verseker in jou
vasry as jy sou stop.
--
Annette
Re: 'n Bangmaakstorie [boodskap #89584 is 'n antwoord op boodskap #89580] Ma, 26 Januarie 2004 10:02 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie van jou Kaap'se verkeerstragedies behalwe vir dit wat jy my
vertel nie, maar hier by ons lyk dit vir my 'n stopteken is net 'n
aanduiding van waar jou kar se agterkant moet wees as jy so half 'afsl�k'.
Deesdae skrik ek ook nie meer daarvoor nie, ry net so GROOT sirkel rondom
die ou se kar se voorkant......dalk dring dit tot die ou deur, maar ek glo
nie werklik nie.

"Annette" skryf in boodskap news:bv2ngd$13t$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Saterdag, op pad na Ceres, net voor Michel'spas is daar 'n plek met 'n groot
> rooi kruis en stopteken langs die pad by 'n treinspoor. Ek stop toe ewe
> gehoorsaam daar omdat ek moet - maar ek merk dat verkeer van voor af en die
> persoon voor my nie eers stadiger ry nie - hulle ry oor die
> stoptekensperstreep asof dit nie bestaan nie.
> My niggie vertel my toe dat mens daar versigtig moet wees en in jou
> truspieëltjie moet kyk voordat jy daaraan dink om daar te stop, want as
> daar 'n motor of vragmotor van agter aankom, gaan hulle verseker in jou
> vasry as jy sou stop.
> --
> Annette
>
Vorige onderwerp: AFRIKANERS IN NEDERLAND
Volgende onderwerp: Wat's jou regte naam?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 09:41:50 MGT 2024