Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » R100 Biljoen
R100 Biljoen [boodskap #89536] |
Sa., 24 Januarie 2004 14:10  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die Oos-Kaap regering kan nie verantwoording doen vir R100Biljoen (ek
herhaal dit - R100BILJOEN) nie. Dit volgens die Citizen van Donderdag 22
Januarie 2004. Geen ander koerant rapporteer iets in die verband op die
betrokke dag nie. (Dis seker nie belangrig of groot genoeg nie.) Hierdie
bedrag oorskei die bedrag wat betrokke is by die wapenskandaal.
Hier is my uitdaging aan Anti Gloudina en haar agteruitryer Ferdietjiekie -
vergelyk hierdie situasie met enige iets on enige vorige bewind ...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: R100 Biljoen [boodskap #89547 is 'n antwoord op boodskap #89546] |
So., 25 Januarie 2004 11:57   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 25 Jan 2004 12:12:09 +0200, "Jonas" wrote:
> Die syfer is korrek DD - maw dit is biljoene.
>
Ek stry nie, Jonas. Maar bevraagteken die syfer.
Want as een provinsie 'n R100 biljoen kan weggooi,
afgesien van wat werklik ten regte aangewend is, en in
ag genoem van dat dit nie die enigste provinsie in die land
is nie, gaan dit finansieël heelwat beter met Azaniaanse ekonomie
as wat ek sou kon raai.
Maar skielik besef ek dat jy heelwaarskynlik praat van geld wat oor 'n
langer tydperk as een finansiële jaar, misbruik is. Tog dink ek nie
dat die Azania'aners meer tyd nodig het om dit te steel nie. Vraag is
net of dit beskikbaar ìs vir diefstal.
Nou is die vraag, Jonas. Om jou geld te laat steel, of te vlug
daarvoor en in die oggend 'n graaf te vat en die sneeu
voor jou motorhuis weg te skep eer jy kan ry. Wanneer
jou nuwe landgenote jou aanval oor jou land van herkoms,
verander jy van kleur en lieg oor waarom jy daar is.
ôk mar moeilik né:-)
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: R100 Biljoen [boodskap #89560 is 'n antwoord op boodskap #89557] |
So., 25 Januarie 2004 17:39   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het nooit van Gephard gehou nie, en hy het omtrent net die unies agter
hom gehad. Ook nie mal oor Dean nie, hy was n aantreklike alternatief in
die begin, maar sy grassroots organisasie met meesal baie jong mense stuur
hom nie in die regte rigting nie. Ek kan ook nie veel vattigheid aan sy
vrou kry nie, nie dat dit enigsins tel nie, maar lyk nie asof sy aldag die
tyd het om hom te ondersteun nie.
Ek sou graag dat Ewards en Kerry moet wen, in daardie volgorde, maar
andersom sou ook goed wees. Kerry is n bietjie sinies, maar hy het goeie
buitelandse ondervinding, en is slim. Ek het in die begin baie van die
generaal Clark gehou, nou nog, maar ek dink nie hy gaan dit maak nie, hy
weerspreek hom soms, en dit is fataal in so n arena waar almal onder die
vergrootglas is.
Op n TV program vandag sê een van die pratende koppe dat in n 'poll' (wat
is die in Afr.) gewys is dat as daar n verkiesing vandag gehou sou word,
Kerry vir Bush sal klop. Ek moes ook lag vir Bush wat in sy toespraak nou
die aand gese het dat ons nou in stormwaters is, en nie van skip moet
verander nie. Wie dink hy het die waters stormagtig gemaak?
Maar soos gewoonlik, enigiets kan gebeur, maar ek verbeel my hier is n
sterker entoesiasme oor die kandidate as met die laast verkiesing.
Gaan jy die Golden Globes kyk vanaand Gloudina (kry julle dit op TV?). Ek
kyk nie gewoonlik dit nie, maar sou wou sien of Charlize Theron gaan wen vir
Monster, n fliek wat nie hier speel nie, seker te erg vir ons konserwatiewe
staat, ek sal maar wag tot dit op DVD uitkom.
E
"@rogers.com" wrote in message
news:3TSQb.5910$Vk2.2738@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Ellie" wrote
>
>> Volg jy ons primaries Gloudina? Dinge begin nou reg interessant te lyk,
>> soos die kandidate begin uitdun. Ek het my keuses, hoop net hulle maak
dit
> .
>
> Ja. Ja, ek is 'n politieke junkie, en ken miskien die
> Amerikaanse politieke scene beter as die Kanadese
> een. Ek was jammer dat Gebhardt nou moes uitval.
> Hy het so 'n goeie gesig. Dis duidelik dat die unies
> se lede nie honderd persent agter hom was nie. Ek is
> vreeslik bly dat Dean homself getorpedeer het. Ek
> het nooit van hom gehou nie. Mens kan nie help om
> deur Edwards gecharm te word nie, maar ek dink
> hy sal seker nie die kandidaat wees nie. Uiters 'n
> baie goeie keuse vir Kerry vir 'n vise-president.
> Ek weet nie of die Demokrate hierdie jaar die
> paal gaan haal nie. En of hulle moet wens om die
> paal te haal nie. Bush het julle in die vuur gekry.
> Miskien moet hy nog vier jaar die kastaiings uit
> die vuur krap. Dis net vir my so tragies om
> dag na dag die Amerikaanse soldate in Irak te
> sien sterf. En al die Irak-mense self. Erens is daar
> iets verkeerd.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: R100 Biljoen [boodskap #89644 is 'n antwoord op boodskap #89605] |
Di., 27 Januarie 2004 19:58   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" wrote:
> Julle sal 'n baie goeie verduideliking moet gee waarom soveel geld spandeer
> moet word aan die Mars-projek. Om bloot die bedrag te vergelyn met ander
> sinnelose verkwistings hou nie water nie.
Nadat ek hierdie reaksie van jou gelees het, gaan ek definitief nie
my tyd mors om die noodsaaklike rol van fundamentele wetenskaplike
navorsing en ruimte-eksplorasie waaronder die Mars-projek en vele
ander resorteer, aan jou te verduidelik nie. Want duidelik is jou
mind opgemaak en gesluit vir enige verdere inligting hieromtrent.
Gaan lees gerus wat Gloudina te sê gehad het hieroor, maar ek is
werklik nie bereid om sinnelose sirkulêre arumente met jou te voer
nie. Daar is tonne inligting beskikbaar op die Internet as jy werklik
sou belangstel. Dat politiek 'n groot rol speel en die prentjie altyd
verdraai, is ook nie te betwyfel nie. Nogsteeds...
> Dis maar bloot 'n manier om die militêre voorsprong te behou.
Ja, en moontlik selfs om dalk weer 'n space race te begin - met China
en Indië as die ander hoofspelers die keer.
Sou dit sin maak, veral as jy in ag neem dat ons Achilles' heel juis
die feit is dan ons ekonomies UITERS afhanklik is van China en Japan
o.a.? Dit sou sin maak vir 'n Repug, ja.
Maar soos ek dit verstaan, sou 'n Militêre voorsprong slegs sin maak
indien ons ekonomie nog so sterk was as wat dit was onder Demokrate
soos Clinton se regering en soortgelyke gesonde/geronde fiskale
beleid.
Die dag wat China, Japan en Europa besluit om op te hou om ons
Amerikaanse leefwyse en ekonomie te sponsor, gaan dinge baie anders
lyk, en dan is daardie "militêre" voorsprong na die maan.
En onthou asseblief dat Amerika, en spesifiek NASA nie die enigste is
wat ruimtenavorsings programme het nie, en dat Amerika nie die enigste
land is wat ruimtenavorsing as hoë prioriteit ag of behoort te ag,
nie.
Het jy nooit Carl Sagan se "Cosmos" op televisie jare terug in SA
gekyk nie? ;-) Ek onthou daardie heel eerste episode so goed, toe hy
gepraat het van die "Shores of the Cosmic Ocean":
"The surface of the earth is the shore of the cosmic ocean....
Some part of our being knows this is where we came from.
We long to return. And we can, because the cosmos is also
within us. We're *made* of star stuff.
We are a way for the cosmos to know itself."
---
"History is full of people who out of fear, or
ignorance, or lust for power has destroyed knowledge
of immeasurable value which truly belongs
to us all. We must not let it happen again."
- Carl Sagan (1934-1996)
"Cosmos"
The suppression of uncomfortable ideas may be common in religion and
politics, but it is not the path to knowledge; it has no place in the
endeavor of science.
--Carl Sagan
|
|
|
Re: R100 Biljoen [boodskap #89676 is 'n antwoord op boodskap #89548] |
Wo., 28 Januarie 2004 19:03  |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 25 Jan 2004 13:25:56 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "DD" wrote
>
>> Moet my nie laat lag nie, bouwer.
>> Vir jou om van 'tokkel op die selfde snaar' te praat,
>> is soos een straatveër wat besem in die hand aan
>> die ander vra of hy òòk nog dieselfde straat vee:-(
>> die veelsnarige
>> Dave du Plessis
>
> Du Plessis, ek sien jy het darem nog nie
> jou skryftalent verloor nie. Dankie vir die
> mooi kleurvolle Afrikaans wat jy skryf.
> Maar dit vat een straatveër om die talente
> van 'n ander straatveër te kan waardeer.
>
> Bouwer
>
uh uh, hier is iets snaaks aan die gang!
Wat wil jy van my hê? 'n Kompliment van
JOU! Dìt, het my nou aan die worrie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 12 22:17:16 UTC 2025
|