Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT
" Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT [boodskap #89481] Vr, 23 Januarie 2004 01:58 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Menno Stenvert

Dubbeldoor

Oor droom en drif moet ek besin
dubbeldoor was my begin

Broeikaskuiken stap ek uit
en kies kordaat my korrel uit

Ek kraai my vroeë dag-plesier
keel gestrek van daar tot hier

pof my bors my vlerk sleep spoor
oor en oor dié kokkedoor

Vang die haan kap af sy kop
Ek lê nog nagte-lank en skop

spartel afkop hier nog daar
verraaide bloed uit elke aar

Wie was eerste ek of jy
leë dop of haanpastei

My nageslag skrop op my hoop
die kort-ent van my wensbeen oop
Re: " Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT [boodskap #89482 is 'n antwoord op boodskap #89481] Vr, 23 Januarie 2004 02:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek versamel natuurlik al die gedigte wat jy so getrou pos - dis in 'n
legger getiteld "Gloudina". Doen so voort - dis veral daardies wat ek op
skool gedoen het wat by herinneringe wek. En veral die wat deur die
onderwyser(es) voorgelees en "ontrafel" is wek ongelooflike herinneringe.
'n Heildronk op alle taalonderwysers ...
Re: " Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT [boodskap #89489 is 'n antwoord op boodskap #89482] Vr, 23 Januarie 2004 06:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Doen so voort - dis veral daardies wat ek op
> skool gedoen het wat by herinneringe wek. En veral die wat deur die
> onderwyser(es) voorgelees en "ontrafel" is wek ongelooflike herinneringe.
> 'n Heildronk op alle taalonderwysers ...
>

Ek sekondeer daai een.
Re: " Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT [boodskap #89517 is 'n antwoord op boodskap #89482] Vr, 23 Januarie 2004 20:13 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote

> Anti - ek versamel natuurlik al die gedigte wat jy so getrou pos - dis in 'n
> legger getiteld "Gloudina". Doen so voort - dis veral daardies wat ek op
> skool gedoen het wat by herinneringe wek. En veral die wat deur die
> onderwyser(es) voorgelees en "ontrafel" is wek ongelooflike herinneringe.
> 'n Heildronk op alle taalonderwysers ...

Ja, ek sal ook daarop drink, alhoewel ek nou self
een was. In my geval was dit my Engelse onderwyser
in Standerd Nege en Tien wat my my sterktes en
swakhede laat besef het. Meneer Trengove, 'n
kort snaakse klein mannetjie, wat vir ons laat
doodlag het as ons hom Afrikaans hoor praat.
Wat in dieselfde jaar wat ek Stellenbosch toe is,
ook daarheen is om vir 'n Meestersgraad in
Engels te studeer. Hy het glo nooit sy graad
gekry nie. Daardie Engelse departement was
'n verskriklike streng departement met baie
hoë standaarde. Menige Engelssprekende
Maties het hulle eerstejaar Engels daar gedruip
en dan na 'n ander Engelssprekende universiteit
gegaan en maklik deurgekom. Dit was nie soseer
die kwaliteit Engels wat jy moes ken nie, maar
die kwaliteit intelligensie wat hulle van hulle
studente vereis het wat die verskil gemaak het.
Ek weet nie of hulle nou nog so 'n veeleisende
departement is nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Vlaamse boeren
Volgende onderwerp: Re: If you did not pay it was rape
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:35:17 MGT 2024