Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT
" Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT [boodskap #89481] |
Vr., 23 Januarie 2004 01:58  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Menno Stenvert
Dubbeldoor
Oor droom en drif moet ek besin
dubbeldoor was my begin
Broeikaskuiken stap ek uit
en kies kordaat my korrel uit
Ek kraai my vroeë dag-plesier
keel gestrek van daar tot hier
pof my bors my vlerk sleep spoor
oor en oor dié kokkedoor
Vang die haan kap af sy kop
Ek lê nog nagte-lank en skop
spartel afkop hier nog daar
verraaide bloed uit elke aar
Wie was eerste ek of jy
leë dop of haanpastei
My nageslag skrop op my hoop
die kort-ent van my wensbeen oop
|
|
|
|
|
Re: " Dubbeldoor " deur MENNO STENVERT [boodskap #89517 is 'n antwoord op boodskap #89482] |
Vr., 23 Januarie 2004 20:13  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" wrote
> Anti - ek versamel natuurlik al die gedigte wat jy so getrou pos - dis in 'n
> legger getiteld "Gloudina". Doen so voort - dis veral daardies wat ek op
> skool gedoen het wat by herinneringe wek. En veral die wat deur die
> onderwyser(es) voorgelees en "ontrafel" is wek ongelooflike herinneringe.
> 'n Heildronk op alle taalonderwysers ...
Ja, ek sal ook daarop drink, alhoewel ek nou self
een was. In my geval was dit my Engelse onderwyser
in Standerd Nege en Tien wat my my sterktes en
swakhede laat besef het. Meneer Trengove, 'n
kort snaakse klein mannetjie, wat vir ons laat
doodlag het as ons hom Afrikaans hoor praat.
Wat in dieselfde jaar wat ek Stellenbosch toe is,
ook daarheen is om vir 'n Meestersgraad in
Engels te studeer. Hy het glo nooit sy graad
gekry nie. Daardie Engelse departement was
'n verskriklike streng departement met baie
hoë standaarde. Menige Engelssprekende
Maties het hulle eerstejaar Engels daar gedruip
en dan na 'n ander Engelssprekende universiteit
gegaan en maklik deurgekom. Dit was nie soseer
die kwaliteit Engels wat jy moes ken nie, maar
die kwaliteit intelligensie wat hulle van hulle
studente vereis het wat die verskil gemaak het.
Ek weet nie of hulle nou nog so 'n veeleisende
departement is nie.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 06 06:17:28 UTC 2025
|