" Lady Anne op Tafelberg " deur ANTJIE KROG [boodskap #89369] |
So., 18 Januarie 2004 16:03  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Antjie Krog
"I think I am the first" - Lady Anne op Tafelberg
skilder kan jy dit nie verf sal faal
in die oploop onder watervalle wat rag
van ravyn en klip rondom ons
pootstamp en stuif die berg sag
in die mis alles geborge mekaar by naam
gaan
tog gaan hoekom wag
want smal lyk ineens ons grinterige loopgraaf van taal
maar jou voete minsame bergstapper
in tamatiesokke en klimstewels
beweeg rustig van klip tot klip
vir my bysiende oë word die newels
draderig ons twee figuurtjies strek langs die hang
waar net wasem fyn veeg tussen rots en wang
vlekkerige heideveld proteas soos rugsakke voëls
waar my hande ook al vat jakker
ritssluitertjies kleur. die klim wis
alles tussen ons uit saam kom die slymspoor
van tong wat die berg verwoord
dunner dun klop my bloedspriet soos ons hoër
klim jou sekure voetstap altyddeur voor my
reën wat skedelnat keel-af gly
uit Platteklipkloof boor
die eerste wind om wat smal setlaar is
digter die roete - kaal
die afgronde du ons na mekaar
hoe kry ek jou altyd so onthou mede-pragpoëet?
want kyk alles is vernietigbaar
behalwe die tong waarteen ons strek
klein en die sagte douche wat strandlangs lek
besmeerde irisse in die reën jou oë allener waar
jou mond as tot nog toe ondraaglik sê die intimiteit van taal.
van bo kan jy alles potlood teken
lyk korrupsie net geniepsig
onreg tydelik die dorpie op sy ergste
slordig fraaipuntig
die kasteeltjie (o jee
dat luidkeels gesing is tot kranse antwoord gee
God save George our King is ontydig
van ons twee saam se eerste gedig die litteken)
ons nat klere voor die vuur dryf
ons deur lae isolasie langsaam woordeliks te breek
weet ek nie hoe bring ek hierdie reënblinde
tog onder nuwe woorde te berde móét dit kweek
tot behoud terselfdertyd
nie te vernietig die ademlose kosbaarheid
van skuil dig bymekaar en weet
hoe troosteloos dit verwoes tussen ons te skryf.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|