Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Waar Tebes in die stil woestyn " deur EUGENE MARAIS
" Waar Tebes in die stil woestyn " deur EUGENE MARAIS [boodskap #89310] Vr, 16 Januarie 2004 22:44 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eugène N. Marais

"Waar Tebes in die stil woestyn"

Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig' rotswerk hoog verhef
En Mara in die sand verdwyn;

Waar smôrens van die hoogste krans
Die berghaan draaiend opwaarts spoed
Om uit die gloeiend' hemeltrans
Met groot geroep die son te groet;

Waar treurig nog die wolfgehuil
Weerklankend in die klowe dwaal,
En grootwild om die syferkuil
As skadu's in 'n stofwolk maal;

En huiswaarts brommend sluip die tier,
Sy donker moordplek pas verlaat,
Wanneer die eerste grou lumier
Met slepend' mis die veld beslaat.

O land van al ons liefde, daar
Sou ek aanbiddend weer
Die kloppe van u hart gewaar,
U moederlike skoonheid eer.
Sou ek een guns nog hier verdien,
- Nog een gebed omhoog verhoord -
Geen mensepraal sou ek wou sien,
Die glorie van geen vreemde oord.

My bede sou net dit verkry: -
Laat weer U eensaamheid my daar
Vir laas met roerend' mag berei
U groter stilte te aanvaar.

Laat uitlok deur geen suil of steen
'n Enkel sug of woord van haat;
Met al U vrede om my heen
Sal nagt'liks uit die hemelstraat
Sag neerskyn op my laaste huis
Die vonkelend' sterrebeeld van U kruis.

Elk' ydel vrees sal daar verdwyn;
Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig' rotswerk hoog verhef.
Re: " Waar Tebes in die stil woestyn " deur EUGENE MARAIS [boodskap #89349 is 'n antwoord op boodskap #89310] Sa, 17 Januarie 2004 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir dié een, Gloudina. Min het Afrikaans so beheers soos Marais.
Vandag praat en skryf ons nie meer so nie, maar dit bly steeds groots. Het
dit jou ook aan Marsman se digwerk herinner?

Henry
Re: " Waar Tebes in die stil woestyn " deur EUGENE MARAIS [boodskap #89355 is 'n antwoord op boodskap #89310] So, 18 Januarie 2004 02:46 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Waar Tebes in die stil woestyn"
>
> Daar sou ek vrede weer besef
> Waar Tebes in die stil woestyn
> Sy magtig' rotswerk hoog verhef
> En Mara in die sand verdwyn;

Waar is "Tebes" en wat bedoel hy met
"Mara."

Gloudina
Vorige onderwerp: Oor skatte in die mielies
Volgende onderwerp: Waarskuwing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:16:41 MGT 2024