Tuis » Ernstig » Landbou & veeteelt » Skaap woorde
Skaap woorde [boodskap #89049] |
Sat, 10 January 2004 16:18 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Daar sit ek toe nou mos op Riversdal met 'n kwadroplegiese
oud-veekoper en gesels en hy gebruik toe woorde wat betrekking op
skaapboerdery het en wat ek ek jarrrre laas gehoor het. Hier is drie
van hulle:
Gusooi
Koggelram
Konkelooi
Enige van julle stadsjapies 'n idee wat die woorde beteken? Eerste
prys een week op Fochville, tweede prys drie weke op Fochville. Dis
nou te sê as my aansoek om 'n borgskap by Anglo American slaag :-)
Drom
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Skaap woorde [boodskap #89069 is 'n antwoord op boodskap #89056] |
Sun, 11 January 2004 17:18 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is vir my baie interessant Daniel. Ek het nie geweet skaapboerdery
is so ingewikkeld nie. Ek wonder net hoekom boere n bepaalde bloedlyn wou
behou, het dit nie 'inbreeding' veroorsaak nie? Eenkeer het ons van New
Orleans na Kaapstad met n vragskip gereis, en daar was heelwat vee op die
skip, o.a. n groot bul wat geleen is aan een of ander beesboer in die
Vrystaat, hulle wou hom he vir teeldoeleindes, en hy is glo later
teruggestuur na die VSA.
Ellie
"daniel" skryf in boodskap news:4000d123$0$1736$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
> 'n 'Koggelram' is 'n ram wat kastreer is (volgens wat ek van my oorle Pa
> geleer het wat 'n veeaarts was). As ek reg onthou, was die gebruik van so 'n
> ram gewees om die ooie te 'terg' om op hitte te kom as 'n groep, dws te doel
> was om so veel as moontlik ooie op dieselfde tyd op hitte te kry. Die
> gebruik het ontstaan onder boere wat stoet vee (meestal skape) gehad het, en
> wat die hulp en dienste van 'n 'geleende' ram wou gebruik om 'n bepaalde
> bloedlyn met spesifieke kenmerke in die trop te bekom. Die besondere ram was
> gewoonlik gehuur van sy eienaar, en om kostes te bekamp, was dit nodig om so
> veel ooie te laat dek binne die korste moontlike tydperk. Hoe korter tydperk
> die ram gehuur/geleen moes word, hoe laer die fooi. Die 'koggelram' was dus
> gebruik om die ooie 'aan te spoor' om op hitte te kom net voordat die
> 'geleende' ram sy opwagting sou maak. Nodeloos om te noem - daar is dus geen
> sprake van 'n 'regte' ram te bespeur nie tydens die 'terg' tydperk nie!
>
> Daniel Jan.
>>
>> Gusooi
>> Koggelram
>> Konkelooi
>
|
|
|
Re: Skaap woorde [boodskap #89070 is 'n antwoord op boodskap #89069] |
Sun, 11 January 2004 17:32 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Toe ek nou weer hieraan dink, toe dink ek dit maak nie sin uit nie, want
hoekom het hulle net n hele paar semen specimens oorgestuur nie? Ek het
seker die storie verkeerd verstaan, maar dit is wat een van die bemanning
vir ons gesê het, die arme ding was vasgemaak met toue en het in die
onderdek gestaan, hy was nie baie gelukkig nie, die bees nou, nie die man
nie ;-)
"Ellie" skryf in boodskap news:qzfMb.3029$q4.1798@newsread3.news.atl.earthlink.net...
> Hierdie is vir my baie interessant Daniel. Ek het nie geweet skaapboerdery
> is so ingewikkeld nie. Ek wonder net hoekom boere n bepaalde bloedlyn wou
> behou, het dit nie 'inbreeding' veroorsaak nie? Eenkeer het ons van New
> Orleans na Kaapstad met n vragskip gereis, en daar was heelwat vee op die
> skip, o.a. n groot bul wat geleen is aan een of ander beesboer in die
> Vrystaat, hulle wou hom he vir teeldoeleindes, en hy is glo later
> teruggestuur na die VSA.
>
> Ellie
>
> "daniel" wrote in message
> news:4000d123$0$1736$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
>> 'n 'Koggelram' is 'n ram wat kastreer is (volgens wat ek van my oorle Pa
>> geleer het wat 'n veeaarts was). As ek reg onthou, was die gebruik van so 'n
>> ram gewees om die ooie te 'terg' om op hitte te kom as 'n groep, dws te doel
>> was om so veel as moontlik ooie op dieselfde tyd op hitte te kry. Die
>> gebruik het ontstaan onder boere wat stoet vee (meestal skape) gehad het, en
>> wat die hulp en dienste van 'n 'geleende' ram wou gebruik om 'n bepaalde
>> bloedlyn met spesifieke kenmerke in die trop te bekom. Die besondere ram was
>> gewoonlik gehuur van sy eienaar, en om kostes te bekamp, was dit nodig om so
>> veel ooie te laat dek binne die korste moontlike tydperk. Hoe korter tydperk
>> die ram gehuur/geleen moes word, hoe laer die fooi. Die 'koggelram' was dus
>> gebruik om die ooie 'aan te spoor' om op hitte te kom net voordat die
>> 'geleende' ram sy opwagting sou maak. Nodeloos om te noem - daar is dus geen
>> sprake van 'n 'regte' ram te bespeur nie tydens die 'terg' tydperk nie!
>>
>> Daniel Jan.
>>>
>>> Gusooi
>>> Koggelram
>>> Konkelooi
>>
>
|
|
|
|
Re: Skaap woorde [boodskap #89072 is 'n antwoord op boodskap #89066] |
Sun, 11 January 2004 20:26 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
> gusooi : dry ewe, ewe not in lamb, barren ewe
>
Gloudina
Ja, dit is gus en nie gis nie. En dit beteken ook nie net 'n steriele
ooi nie, maar ook een wat om watter rede ook al 'n lamseisoen
oorgeslaan het. So kry mens bv die uitdrukking, "sy loop gus vanjaar."
Die woord kan ook vir perde en koeie gebruk word.
Meeste uitleggings van koggelram hierbo was reg of amper reg. Die
gebruik van sulke ramme was eerstens om aan die boer te wys watter
ooie in estrus is, en dan ook deur hulle mannewales die ander ooie so
gou moontlik in estrus te kry. Die doel waas om al die ooie in so 'n
kort tydsfase as moontlik te laat lam.
Snaaks dat konkelooi geen suggesties opgelewer het nie. 'n Konkelooi
is maar net een wat probeer om 'n ander ooi, of ooie, se lammers af te
konkel. Soms is dit 'n ooi waarvan die lam geverek het, of, snaaks
genoeg, is dit meestal 'n ooi wat nog nie gelam het nie, maar waar die
moedersinstink al so sterk ontwikkel is dat hulle hierdie konkelwerk
doen. Nodeloos om te sêkan dit tot ernstige sosiale probleme in 'n
trop ooie lei.
Drom
|
|
|
Re: Skaap woorde [boodskap #89074 is 'n antwoord op boodskap #89072] |
Sun, 11 January 2004 21:20 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
By die menseras kry mens ook dat vroue erg broeis raak as hulle jong
babatjies optel:))
--
Annette
@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
>
>> gusooi : dry ewe, ewe not in lamb, barren ewe
>>
> Gloudina
>
> Ja, dit is gus en nie gis nie. En dit beteken ook nie net 'n steriele
> ooi nie, maar ook een wat om watter rede ook al 'n lamseisoen
> oorgeslaan het. So kry mens bv die uitdrukking, "sy loop gus vanjaar."
> Die woord kan ook vir perde en koeie gebruk word.
>
> Meeste uitleggings van koggelram hierbo was reg of amper reg. Die
> gebruik van sulke ramme was eerstens om aan die boer te wys watter
> ooie in estrus is, en dan ook deur hulle mannewales die ander ooie so
> gou moontlik in estrus te kry. Die doel waas om al die ooie in so 'n
> kort tydsfase as moontlik te laat lam.
>
> Snaaks dat konkelooi geen suggesties opgelewer het nie. 'n Konkelooi
> is maar net een wat probeer om 'n ander ooi, of ooie, se lammers af te
> konkel. Soms is dit 'n ooi waarvan die lam geverek het, of, snaaks
> genoeg, is dit meestal 'n ooi wat nog nie gelam het nie, maar waar die
> moedersinstink al so sterk ontwikkel is dat hulle hierdie konkelwerk
> doen. Nodeloos om te sêkan dit tot ernstige sosiale probleme in 'n
> trop ooie lei.
>
> Drom
|
|
|
|
|
|
Re: Skaap woorde [boodskap #89090 is 'n antwoord op boodskap #89071] |
Mon, 12 January 2004 06:26 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Met beeste is dit presies dieselfde. Hulle modify die bul deur die penis
van die pensvel los te sny [agter die punt] en dan trek hulle die string
dwars en maak 'n opening in sy pensvel langs die een kant sodat hy soos 'n
lorrie langs die kant uitlaat. Gewoonlik gebruik hulle 'n Dexter
bulletjie......dis so klein besie maar hulle is baie warm en speel
aanmekaar. Vroeër jare [met die aanvang van KI, het die manne eers begin
om vir so 'n bul 'n voorskoot aan te sit. Dis 'n leer flap wat om sy pens
vasmaak en voor sy penis hang sodat, as hy 'n koei wil klim, dan hang die
voorskoot tussen hom en sy paradys...........tog het jy gevalle gekry van
veral Dexters vir wie daai ou voorskootjie nie 'n probleem was nie en is
daar volbloed brahmaan- en afrikanerkoeie wat Dexterkruisings gelewer het!
Laat my dink aan 'n paar warm manne wat ek in my lewe geken het!!!
Jy weet seker hoe KI gedoen word? Die boer druk sy hand agter by die
bronstige koei in en voel vir die baarmoeder se mond en dan het hy so 'n
lang s/s pipet [noem hulle dit, maar dit lyk soos een lang spuit] waarop
hulle 'n ontdooide saadpypie geplaas het en dan sit hulle die semen in die
baarmoeder neer. Ouens wat hulle storie ken, vryf die koei so 'n bietjie
en 'n kalfpersentasie van oor die 90% is niks snaaks nie.........behalwe
natuurlik dat as die boer kraal toe stap dan lig al die koeie vir hom
stert!!! He-he!
Nou's ek op 'n roll. Gehoor van die blondie wat met die boer getroud is
en eintlik nog nooit op 'n plaas was nie? Hy het gereël met die veearts om
sy een koei te kom KI, maar hy moet toe skielik 'n pomp op die plaas gaan
regmaak. Hy slaan toe 'n spyker in die deur van die stal waar die koei
staan en sê vir sy blondie dat sy vir die veearts die stal met gaan wys waar
die koei is en dat hy die stal met 'n spyker gemerk het. Die veearts daag
op en sy sê vir hom hy moet net soek tot hy 'n stal met 'n spyker in die
deur kry.
"Waarvoor is die spyker?" wil hy weet.
Sy frons. "Seker om jou broek aan op te hang?" vra sy.
"Annette" skryf in boodskap news:btsajb$k6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Okei, noudat ons alles van die slinkse metodes weet wat met skape aangevang
> word, wat van beeste en varke?:))
> --
> Annette
> "TJ" wrote in message
> news:btqvbv$6qn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Jammer vir die foutjie oor die toutjie ...
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:4000f028.0@news1.mweb.co.za...
>>> 1. Dis gisooi, nie gusooi nie.
>>> 2. Koggelram is nie gekastreer nie want dan sal hy nie meer lus hê nie.
>>> Dis 'n ram wat deur 'n veearts 'gemodify' is sodat sy 'punt van lus' langs
>>> die kant van sy pens uitkom [90°] sodat hy nie 'n ooi kan suksesvol dek nie.
>>> Tog is die lus daar en wys hy vir die boer wat KI [kunsmatige inseminasie]
>>> wil doen watter ooie is op hitte.
>>> "Drom" wrote in message
>>> news:1e507c17.0401100818.72431969@posting.google.com...
>>>> Daar sit ek toe nou mos op Riversdal met 'n kwadroplegiese
>>>> oud-veekoper en gesels en hy gebruik toe woorde wat betrekking op
>>>> skaapboerdery het en wat ek ek jarrrre laas gehoor het. Hier is drie
>>>> van hulle:
>>>>
>>>> Gusooi
>>>> Koggelram
>>>> Konkelooi
>>>>
>>>> Enige van julle stadsjapies 'n idee wat die woorde beteken? Eerste
>>>> prys een week op Fochville, tweede prys drie weke op Fochville. Dis
>>>> nou te sê as my aansoek om 'n borgskap by Anglo American slaag :-)
>>>>
>>>> Drom
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
Re: Skaap woorde [boodskap #89112 is 'n antwoord op boodskap #89074] |
Mon, 12 January 2004 09:39 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy moet sien wat 'n mak bobbejaanwyfie doen as sy 'n klein hondjie in die
hande kry. Dis 'n groot geveg om weer die hondjie van haar af weg te kry.
Dis seker regverdig om te sê die vroulike van enige spesie raak broeis oor
enige kleintjie.......uh, waarvan praat ons nóú?!!!
"Annette" skryf in boodskap news:btseoo$57h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> By die menseras kry mens ook dat vroue erg broeis raak as hulle jong
> babatjies optel:))
> --
> Annette
> @posting.google.com...
>> "@rogers.com" wrote in message
>>
>>> gusooi : dry ewe, ewe not in lamb, barren ewe
>>>
>> Gloudina
>>
>> Ja, dit is gus en nie gis nie. En dit beteken ook nie net 'n steriele
>> ooi nie, maar ook een wat om watter rede ook al 'n lamseisoen
>> oorgeslaan het. So kry mens bv die uitdrukking, "sy loop gus vanjaar."
>> Die woord kan ook vir perde en koeie gebruk word.
>>
>> Meeste uitleggings van koggelram hierbo was reg of amper reg. Die
>> gebruik van sulke ramme was eerstens om aan die boer te wys watter
>> ooie in estrus is, en dan ook deur hulle mannewales die ander ooie so
>> gou moontlik in estrus te kry. Die doel waas om al die ooie in so 'n
>> kort tydsfase as moontlik te laat lam.
>>
>> Snaaks dat konkelooi geen suggesties opgelewer het nie. 'n Konkelooi
>> is maar net een wat probeer om 'n ander ooi, of ooie, se lammers af te
>> konkel. Soms is dit 'n ooi waarvan die lam geverek het, of, snaaks
>> genoeg, is dit meestal 'n ooi wat nog nie gelam het nie, maar waar die
>> moedersinstink al so sterk ontwikkel is dat hulle hierdie konkelwerk
>> doen. Nodeloos om te sêkan dit tot ernstige sosiale probleme in 'n
>> trop ooie lei.
>>
>> Drom
>
|
|
|
Re: Skaap woorde [boodskap #89119 is 'n antwoord op boodskap #89112] |
Mon, 12 January 2004 11:52 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 12 Jan 2004 11:39:53 +0200, "Suidwester" wrote:
.......uh, waarvan praat ons nóú!!!
Hahahahahaaaaaaaaa! :-) Jy het van die regte pad afgeraak, Suidwester!
Ek weet seker dis die skuld van 'n koggelooi!
Norbert
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 16:33:04 UTC 2025
|