Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stof tot nadenken
Stof tot nadenken [boodskap #88733] Sa, 03 Januarie 2004 08:16 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
http://groups.msn.com/adrianastuijtsjournalismduringaparthei dsite/safarmattackdeaths2003.msnw

Die Duitsers het gesê:das haben wir nicht gewüst!!!
Stof tot nadenken / Ondersoek naar die oorsaak. [boodskap #88734 is 'n antwoord op boodskap #88733] Sa, 03 Januarie 2004 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Corné  is tans af-lyn  Corné
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Paul" skryf in boodskap news:neucvvsvaqlc5knmk6rmuklajigaqq3qja@4ax.com...
>
http://groups.msn.com/adrianastuijtsjournalismduringaparthei dsite/safarmattackdeaths2003.msnw
>
> Die Duitsers het gesê:das haben wir nicht gewüst!!!

Die Afrikaner het ondersoek, hierdie slotsom:

http://www.saps.gov.za/farmat/part18.pdf

Groete,
Corné.
Re: Stof tot nadenken [boodskap #88735 is 'n antwoord op boodskap #88733] Sa, 03 Januarie 2004 10:26 Na vorige boodskap
Corné  is tans af-lyn  Corné
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Paul" skryf in boodskap news:neucvvsvaqlc5knmk6rmuklajigaqq3qja@4ax.com...
>
http://groups.msn.com/adrianastuijtsjournalismduringaparthei dsite/safarmattackdeaths2003.msnw
>
> Die Duitsers het gesê:das haben wir nicht gewüst!!!

Die Afrikaner het geskryf:

Boere gefolter uit haat
Marietie Louw

Rassehaat is luidens die verslag oor plaasaanvalle die oorsaak van die
geweldig hoë geweldvlak en wreedheid teenoor van die slagoffers op plase.

Dít is een van die skokbevindings in 'n deel van die langverwagte verslag
oor plaasaanvalle wat in Beeld se besit gekom het.

Volgens staatsadvokate wat in die verslag aangehaal word, is rassehaat 'n
beduidende faktor in die geweld tydens aanvalle. Dié rassehaat is egter nie
die dryfveer agter plaasaanvalle nie. Die belangrikste dryfveer is roof.

Die grootste meerderheid van plaasaanvalle word luidens die verslag
gemotiveer deur "die begeerte om te roof of te steel".

Daar is plaasaanvalle met "politieke ondertone, maar dit is in die
minderheid".

In een van die onafhanklike komitee se gevallestudies tussen 1998 en 2001 is
bevind dat in 32 van 45 plaasaanvalle daar geen rasionele rede vir die
slagoffers se dood was nie."

Volgens die komiteebevindings is daar 'n "wanopvatting" dat niks tydens
plaasaanvalle gesteel word nie. As die aanvallers met leë hande wegkom, is
dit omdat hulle betrap is en vinnig moes padgee.

Luidens die verslag is plaasaanvalle méér gewelddadig as rooftogte.
Slagoffers van plaasaanvalle het 'n "groter kans" om vermoor te word as dié
van transito- of huisrooftogte.

Beeld het Donderdag berig die veiligheidsministers is "ontevrede" met van
die bevindings in die verslag en het dit na die komitee terugverwys. Mnr.
Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, het gesê die verslag
wat sedert 2001 sloer, sou Woensdag in Pretoria bekend gemaak word.

Mnr. Les Xingwa, woordvoerder van Nqakula, wou nie sê waarmee die ministers
ontevrede is nie.

Lede van die onafhanklike komitee het Donderdag gesê die verslag is nié
teruggestuur nie. "Die LUR's vir veiligheid en sekuriteit van die nege
provinsies gaan met die komitee vergader om vrae te stel en verdere
inligting te kry."

Die datum van die vergadering is nog nie bekend nie.

Van 1991 tot 2001 was daar 6 122 plaasaanvalle. In dié aanvalle is 1 254
mense dood.

In 2001 is 147 mense dood in 1 011 aanvalle en verlede jaar 112 in 1 000
aanvalle.

Die komitee het bevind in sommige gevalle, veral in KwaZulu-Natal, lei
grondbesetting tot plaasaanvalle. Daar is aanduidings dat die besettings
waarskynlik kan toeneem "en dit is 'n groot bron van kommer vir die
komitee".

In onderhoude met plaasaanvallers in tronke is gevind jong, werklose mans
met 'n lae opvoedkundige vlak is by die meeste aanvalle betrokke. Die meeste
van hulle kom uit wanfunksionele gesinne. Die meeste aanvallers het gesê
slagoffers kan geweld vryspring as hulle nie teenstand bied nie.

Luidens die verslag het meer as die helfte van boere en plaasbewoners nie
die "basiese" veiligheidsmaatreëls soos diefwering, omheining en waghonde
nie.
Vorige onderwerp: baie dankies Norbert
Volgende onderwerp: Nuwe aksie van jode in Nablus en Jenin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 23:30:32 MGT 2024