Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Inligtingtekort.
Inligtingtekort. [boodskap #88727] Sa, 03 Januarie 2004 06:10
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister gaan ry ons toe rond op die Helshoogtepad anderkant Stellenbosch. Ons
het die Hillcrest bessieplaas besoek en daarna die Delair wynlandgoed. Vanaf
beide plekke kon ons ons verlustig in die pragtige vallei.
By Delair kry ons toe die Nuwe, Verbeterde toerisme-inligtingsboekie van
Stellenbosch en omgewing. vir 2004.
Geen inligting ivm Hillcrest nie, ook nie van watter wynplase eetplekke het,
pieknieks aanbied of waar mens moet betaal om te kan proe nie.
Ek het vir my (nog) 'n projek gekry vir 2004....

By Hillcrest het ek 'n boekie gekoop om meer wys te word oor bessies.
Ek het 'n pak gekoop met 4 verskillende soorte bessies - maar die goed is
suur en ek het nou bruinsuiker oorgegooi sodat ek dit vanmiddag soeter kan
eet.
Die winskopie van die dag was die pak gedroogde pere wat ek vir R8 kon kry.

--
Annette
Vorige onderwerp: Strykystermuseum
Volgende onderwerp: baie dankies Norbert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 07:25:47 MGT 2024