Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ma en Pietjie " deur JAN F. E. CELLIERS
" Ma en Pietjie " deur JAN F. E. CELLIERS [boodskap #88723] Sa, 03 Januarie 2004 03:24 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jan F.E. Celliers

Ma en Pietjie

Dis moeder Makou en haar kleine Piet.
As jy nader kom, dat sy dit siet,
dan lig sy haar kop en kyk vir jou
asof sy vra: "Wat is dit nou?
Wil jy Pietjie hê, wil jy Pietjie steel -
my liewe klein bolletjie goud-ferweel?"

En sy sê met haar omdraai al skuddend haar stert:
"Nee, die hele wêreld is Pietjie nie werd!
Kom ons loop." En hy volg haar in trippeldraf klein
op sy sagte voetjies van geel satyn.

As sy waak, sit hy slaap, onbewus van haar angs,
of hy trippel rond op 'n goggatjies-vangs,
pik mis en te laat na 'n motjie wat vlug,
en struikel onhandig en val op sy rug.

Die wereld daarbuite mag staan of mag val,
ons erf is, vir Pietjie en ma, die heelal,
want ma het vir Pietjie en Piet het vir ma:
daar's niks wat hul meer van hul daggie vra
dan, totdat hul daggie word opgesê,
net lief te hê, net lief te hê.
Re: " Ma en Pietjie " deur JAN F. E. CELLIERS [boodskap #88724 is 'n antwoord op boodskap #88723] Sa, 03 Januarie 2004 03:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
... wat van Ma en Pa wat op die stoep gesit het?

"@rogers.com" wrote in message
news:3CqJb.230618$2We1.158674@news04.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
> Jan F.E. Celliers
>
> Ma en Pietjie
>
> Dis moeder Makou en haar kleine Piet.
> As jy nader kom, dat sy dit siet,
> dan lig sy haar kop en kyk vir jou
> asof sy vra: "Wat is dit nou?
> Wil jy Pietjie hê, wil jy Pietjie steel -
> my liewe klein bolletjie goud-ferweel?"
>
> En sy sê met haar omdraai al skuddend haar stert:
> "Nee, die hele wêreld is Pietjie nie werd!
> Kom ons loop." En hy volg haar in trippeldraf klein
> op sy sagte voetjies van geel satyn.
>
> As sy waak, sit hy slaap, onbewus van haar angs,
> of hy trippel rond op 'n goggatjies-vangs,
> pik mis en te laat na 'n motjie wat vlug,
> en struikel onhandig en val op sy rug.
>
> Die wereld daarbuite mag staan of mag val,
> ons erf is, vir Pietjie en ma, die heelal,
> want ma het vir Pietjie en Piet het vir ma:
> daar's niks wat hul meer van hul daggie vra
> dan, totdat hul daggie word opgesê,
> net lief te hê, net lief te hê.
>
Re: " Ma en Pietjie " deur JAN F. E. CELLIERS [boodskap #88725 is 'n antwoord op boodskap #88724] Sa, 03 Januarie 2004 04:42 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Dingus" wrote

> ... wat van Ma en Pa wat op die stoep gesit het?

Wel, dis 'n heel ander storie.

Tante Koba
Vorige onderwerp: Ja Boet
Volgende onderwerp: " Klara Majola " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 04:18:24 MGT 2024