Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwejaarswense uit Vlaandere (0/1)
Nuwejaarswense uit Vlaandere (0/1) [boodskap #88669] |
Do., 01 Januarie 2004 13:18  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vir elkeen in Suid-Afrika wie se hart op die regte plek sit: my
hartlikste nuwejaarswense. Dat 2004 'n voorspoedige jaar mag wees.
Want ons het dit wel 'n bietjie nodig na al die miserie wat 2003 gegee
het (oorlog, aardbewinge, ekonomiese verswakking, siektes).
Hier in Vlaandere het dit weerom begin sneeu. Nuwejaarsdag is weerom
eens wit, wat nie steeds so is nie. Sien hier 'n paar prentjies wat ek
vanmôre gemaak het toe dit nog volop gesneeu het buite. Op die eerste
een sien julle hoe die grond en die bome wit geword het en op die
ander een sien julle hoe die sneeu teen die venster van my slaapkamer
plak. (Hierdie prentjies is nie baie groot nie). Dit vries nou
ligtjies buite (-0,2 °C) dus die sneeu sal wel 'n paar dae oorbly. Ek
sien in die strate al 'n trekker rondry met 'n saaimasjien wat geen
saad uitsaai nie maar sout om die sneeu te doen smelt. Anders ry
vannag miskien mense reeds hulle motor in die grag! Die saadbakkie vir
die voëls in my tuin is nou 'n druk besogte plek want daardie voëls
vind nêrens anders nog kos nie. Môre sal die kinders in die straat wel
terug 'n sneeuman maak of mekaar vooruittrek oor die sneeu met 'n
sleetjie. Dis alles nog steeds soos in die tyd dat die voorouers van
die huidige Afrikaners Europa verlaat het.
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nuwejaarswense uit Vlaandere (0/1) [boodskap #88730 is 'n antwoord op boodskap #88700] |
Sa., 03 Januarie 2004 06:36   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is nou 'n interessante storie. Hoe was jy as dit so koud is? In
die woestyn is water kosbaar en is die eerste prioriteit drinkwater.
Daarna is daar so 'n bietjie vir was en jy gebruik maar 'n waslap om alles
possible te was en as daar nog water oor is, dan was jy vir 'possible'!
He-he!
'n Woestynmens word vasgedruk deur al daai klere wat julle moet dra net
om te keer dat sekere belangrike dele nie afval nie. As jy reg beplan en
sorg vir water, dan kan jy lank oorleef in die woestyn en nog sien ook wat
rondom jou aangaan. So 'n wit sneeuvlakte sal my vinnig mal maak. En die
son......die son is nie my vyand nie, hy's my maatjie wat my warm maak en
oor die middag sy bes probeer om my vrek te brand, maar daarvoor is daar ook
'n plan.
Maar...sneeu sal ek nog seker kan vat as ek moet, hou my net uit 'n
groot stad weg met al die mense wat so rondom mekaar se gatte ronddruk en
skuur. Ek soek my spasie!
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:supavvcs0lc89adr8utorjec31njubr02g@4ax.com...
> On Fri, 2 Jan 2004 10:26:42 +0200, "Suidwester" wrote:
>
>> Ek probeer onthou, maar ek dink dit was in '81 wat daar sneeu in
>> Johannesburg geval het. Ek was toevallig die dag daar....wat 'n belewenis
>> vir 'n woestynrot wat nie eers lekker gewoond is aan baie water nie!
>
> Ek verstaan eintlik nie hoe jy daar in die woestyn van Namibië kan
> oorlewe nie, Suidwester. Toentertyd het ek nog met ons skip deur die
> Suezkanaal gevaar en ook nog in die Persiese Golf rondgeswerf. Daar
> sien 'n mens nie een sprietjie gras of groen nie. Dis al sand! Daardie
> uitsig het my steeds mistroostig gemaak! Dis miskien maar net soos 'n
> mens dit gewend is.. Ek vra me eie soms af hoe mense dit doen om hulle
> eie te was as hulle geen water het nie. Doen hulle dit dan net soos
> die voëls wat hulle eie was in die sand? Ja, maar, ek het hoor sê
> hulle doen dit rêrig in die Noordafrikaanse lande!..
>
> Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
Re: Nuwejaarswense uit Vlaandere (0/1) [boodskap #88744 is 'n antwoord op boodskap #88742] |
Sa., 03 Januarie 2004 16:44   |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 03 Jan 2004 15:43:32 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "Sterrenkijker" wrote
>
>>> So 'n wit sneeuvlakte sal my vinnig mal maak.
>> Ek moet toegee na 'n maand of so gaan my dit ook vermoei.
>
> Niks is so mooi soos 'n wit veld vol sneeu hier teen die
> einde van Februarie wanneer die lig weer sterk terugkom
> en die son sterk skyn so oor die sneeuvelde. Dis dan dat
> ek begin hoop dat die sneeu nog vir 'n lang ruk sal kan
> bly, en dat die ys op die rivier nie te vinnig sal smelt nie.
> Mense het 'n verkeerde konsepsie van sneeubedekte
> grond. Ek was ook so toe ek jonk was en in SA gebly
> het, en hierdie ou Duitse huishoudster in die plek waar
> ek gebly het, vir ons vertel het hoe hulle in hulle baai-
> kostume buitekant sit in die sneeu en tan. Gee my elke
> keer 'n sneeubedekte veld en die blou lug en die son
> wat al hoe warmder skyn.
>
> Gloudina
>
wat al hoe warmder skyn - GA!!! Die manier wat jy Afrikaans
opneuk is 'n skreiende skande.
Ek het so bietjie deur julle briewe van die afgelope tyd
gelees en jy is byna alleen hier (in ag genome dat ek
'n filter gebruik:-) O ja, Ellie is ook hier:-0
Ãn, bouwer, ek sien dat jy so graag almal (wat wil glo)
wil oortuig van jou liefde vir minus 10 grade Celsius. En toe
ek dit sien onthou ek dat jy dit vroeër jare ook graag uitgespel
het; en tòe al was dit met die bekende houding van 'n
skoolkind wat sy maatjies wil oortuig dat die gekraakte
albaster wat hy per ongeluk gekoop het, is eintlik deur
hom uitgesoek, want dit is presies wat hy wil hê. Omdat dit
uitkenning vergemaklik, of so iets. En dit lyk anders as die van die
ander. Nog meer redes sal hy ook opdiep, want hy moet sy gekraakte
albaster op 'n troontjie kry. Die kenmerkende houding
van 'n skoolkind wat sy teleurstelling verberg deur onophoudelik
te spog dat hy eintlik gekry het wat hy wil hê. En sy skoolmaats
wat dwarsdeur sy onophoudelike albaster uithaal en wys, kyk en vir
mekaar fluister. Skoolmaats wat nog nie die takt ontwikkel het
wat ons usenet gebruikers uniek maak nie.
DD
|
|
|
|
Re: Nuwejaarswense uit Vlaandere (0/1) [boodskap #88754 is 'n antwoord op boodskap #88744] |
Sa., 03 Januarie 2004 21:43   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" wrote
>> 'n, bouwer, ek sien dat jy so graag almal (wat wil glo)
> wil oortuig van jou liefde vir minus 10 grade Celsius. En toe
> ek dit sien onthou ek dat jy dit vroeër jare ook graag uitgespel
> het
Jy, du plessis, lewe in jou kop en nou kritiseer jy my
oor die realiteite van die noordelike Noord-Amerikaanse
winter. As jy die gemors daar buite sien wat veroorsaak
word deur 'n + 6 C temperatuur, dan sal jy weet hoekom
ek temperature bo vriespunt in die winter haat. Daar is
so 'n digte mis daar buite dat ons nie die gebou naas ons
kan sien nie, en die paaie is gevaarlik vol van "slush" totdat
hulle begin vries en daar "black ice" op die paaie ontstaan.
As dit - 10 tot -20 C is hier, is dit gewoonlik 'n hoogdruk-
stelsel en het ons die lieflikste blou lug en dae en dae van
son.
En onthou natuurlik altyd, binneshuis is dit altyd warm.
Ek sit nou met kaalvoete en kort moue en tik. En hoe kouer
dit buite is, hoe vinniger gaan die sentrale verhitting aan en
hoe warmer is dit binneshuis.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Nuwejaarswense uit Vlaandere (0/1) [boodskap #88765 is 'n antwoord op boodskap #88755] |
So., 04 Januarie 2004 05:10  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 03 Jan 2004 21:45:49 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "Ellie" wrote
>
>> WarmDer? ;-)
>
> Ken jy dit nie? Miskien is dit
> 'n Noord-Kaapse variant. Daar
> is 'n subtiele verskil tussen
> warmer en warmder.
>
> Tant Hessie van Neus
>
In ons Vlaamse dialekte sê ons ook "warmder", maar dis geen offisiële
Nederlands nie. Ons moet dan "warmer" sê.
Tog ongelooflik hoe selfs na enige honderde jare van afskeiding ons
tale (Afrikaans en Vlaamse dialekte) nog tipiese woorde gemeensaam het
wat deur die offisiële Nederlands nie meer gebesig word nie!
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 12 23:02:36 UTC 2025
|