Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Clean-up " deur ADAM SMALL
" Clean-up " deur ADAM SMALL [boodskap #88661] Wo, 31 Desember 2003 20:57
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Clean-up
Adam Small

Die big days is verby,
kom, ons moet die Nativity opbriek;

gan gie trug die dummyvrou
wat daai halfbankrot
winkel ons galien het
vi die Moeder van God -

en wie se poppentjie is dié
wat ons gabruik het vir die Here Jesus,
kom haal dit asseblief
wie-ever s'n dit is;

daai woodwool kan djulle ma verbrand
dan kommie plek goueer annie kant;
die planke?
(oppas virrie spykers daa!)
nai, hou die planke vir annerdjaar -
hulle kan oek nog baie useful wies
virrie stôltjies vannie bazaar.
Vorige onderwerp: " Dankgabet van die Skollie " deur ADAM SMALL
Volgende onderwerp: " Krismiskaartjie " deur ADAM SMALL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 12:04:35 MGT 2024