Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " kersdiens op Elim 1989 " deur ANTJIE KROG
" kersdiens op Elim 1989 " deur ANTJIE KROG [boodskap #88430] Vr, 19 Desember 2003 04:38 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antjie Krog

kersdiens op Elim 1989

die woord word vlees in die bronsklokkie taai
oor tandverslete huisies en dekriet
lippetaal lieplapperig uit die populierbosdraai
vrouens diekant: ons en ons dogters
hoede lintjies vlegsellinge waaier uit die slape
oorkant mans en seuns stroewer in die bankies

die lam het oorwin - ons volg Hom
die kanselkleed plain op die issue af
in krismisbome voor roer skulpe aan toutjies
kastaaiings meerminbeursies belletjies
klokkies van die laaste heide
van soetanysberg waai seewind koel oor die panne

die woord het vlees geword en tussen ons kom woon
ons wat lewe in overkill en second strike
slagspreuke angst duurtes overbite wéét
dat in sy naam brandstapels ontwerp is
kruistogte oorloë vir hom mense gemartel is
generasies vernietig - sy grusame nalatenskap
verlore tol ons tot woord ons aan die aarde bind
onuitwisbaar deur soveel vergane tale gewrongel
tot vanoggend mirakelagtige woord op kersdag

asof alles meteens tot stilstand kom
bymekaar in ewewig hang
'n hele wanhopige land
verrafel sy laaste vernis gechip
afwagtend sing ons die stille nag tablo
sing ons die woord los uit sy kribbetjie
uit sy stal sleep hom los uit sy lull en nappies
laat waai wyd oor die stil strandveld
met breiende oop vokale
meedoënloos
tot die woord mens word
en regop staan
en hy's lankal nie meer wit nie
ook nie sodanig regverdig nie
(soos 'n kameraad eintlik aan die mans se kant)
maar van sy vingers blits nou onse waarheid
onverbiddelik teen die whitewash
sing sing
hoe onversier lyk hy nie

ja hy staan tussen ons
:agter in sy oë eiesoortig
vermy ons
die plunderende genadigheid
Re: " kersdiens op Elim 1989 " deur ANTJIE KROG [boodskap #88436 is 'n antwoord op boodskap #88430] Vr, 19 Desember 2003 09:14 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Stel 'n bloemlesing saam met 'n naam soos "Kersverse"...
"@rogers.com" wrote in message
news:9hvEb.103395$%TO.1435@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
> Antjie Krog
>
> kersdiens op Elim 1989
>
> die woord word vlees in die bronsklokkie taai
> oor tandverslete huisies en dekriet
> lippetaal lieplapperig uit die populierbosdraai
> vrouens diekant: ons en ons dogters
> hoede lintjies vlegsellinge waaier uit die slape
> oorkant mans en seuns stroewer in die bankies
>
> die lam het oorwin - ons volg Hom
> die kanselkleed plain op die issue af
> in krismisbome voor roer skulpe aan toutjies
> kastaaiings meerminbeursies belletjies
> klokkies van die laaste heide
> van soetanysberg waai seewind koel oor die panne
>
> die woord het vlees geword en tussen ons kom woon
> ons wat lewe in overkill en second strike
> slagspreuke angst duurtes overbite wéét
> dat in sy naam brandstapels ontwerp is
> kruistogte oorloë vir hom mense gemartel is
> generasies vernietig - sy grusame nalatenskap
> verlore tol ons tot woord ons aan die aarde bind
> onuitwisbaar deur soveel vergane tale gewrongel
> tot vanoggend mirakelagtige woord op kersdag
>
> asof alles meteens tot stilstand kom
> bymekaar in ewewig hang
> 'n hele wanhopige land
> verrafel sy laaste vernis gechip
> afwagtend sing ons die stille nag tablo
> sing ons die woord los uit sy kribbetjie
> uit sy stal sleep hom los uit sy lull en nappies
> laat waai wyd oor die stil strandveld
> met breiende oop vokale
> meedoënloos
> tot die woord mens word
> en regop staan
> en hy's lankal nie meer wit nie
> ook nie sodanig regverdig nie
> (soos 'n kameraad eintlik aan die mans se kant)
> maar van sy vingers blits nou onse waarheid
> onverbiddelik teen die whitewash
> sing sing
> hoe onversier lyk hy nie
>
> ja hy staan tussen ons
> :agter in sy oë eiesoortig
> vermy ons
> die plunderende genadigheid
>
Vorige onderwerp: " Plaashek " deur UYS KRIGE
Volgende onderwerp: " Kerskaartjies " deur JEANNE GOOSEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:50:51 MGT 2024