Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sneeu in die Kaap
Sneeu in die Kaap [boodskap #88391] Do, 18 Desember 2003 05:52 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sondag was daar toe extreme snowboarding op Dolphin Beach -dis nou naby
Blouberg. 'n Helse sneeuvlak is opgerig en tonne sneeu is vervaardig. 20 000
toeskouers het die geleentheid bygebring. Ongelukkig het die organiseerders
hulle nie vergewis met die logistieke van die verkeer nie. Sou hulle dit
bietjie verder met die weskus op aangebied het, sou daar waarskynlik meer
toeskouers gewees het. Verkeer het opgedam tot by Melkbos aan die een kant
en tot diep in Milnerton aan die ander kant. Mense het tot 2 uur lank
gesukkel om te beweeg.
Geen ernstige ongelukke is aangemeld nie.

--
Annette
Re: Sneeu in die Kaap [boodskap #88394 is 'n antwoord op boodskap #88391] Do, 18 Desember 2003 07:21 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Al gehoor van kak in die Kaap, maar sneeu? Wat's fout met opdam tot by
Melbosstrand? Die mense kan dan lekker sit en bestraal by Koeberg!

"Annette" skryf in boodskap news:brrfhn$f1u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sondag was daar toe extreme snowboarding op Dolphin Beach -dis nou naby
> Blouberg. 'n Helse sneeuvlak is opgerig en tonne sneeu is vervaardig. 20 000
> toeskouers het die geleentheid bygebring. Ongelukkig het die organiseerders
> hulle nie vergewis met die logistieke van die verkeer nie. Sou hulle dit
> bietjie verder met die weskus op aangebied het, sou daar waarskynlik meer
> toeskouers gewees het. Verkeer het opgedam tot by Melkbos aan die een kant
> en tot diep in Milnerton aan die ander kant. Mense het tot 2 uur lank
> gesukkel om te beweeg.
> Geen ernstige ongelukke is aangemeld nie.
>
> --
> Annette
>
Vorige onderwerp: Nog 'n versoek aan Frikkie
Volgende onderwerp: Aerbeydt - Aerbeydt.jpg (0/1)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 09:11:33 MGT 2024