Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ?????????
NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8803] |
Sat, 15 March 1997 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Kom bieg op die nuusgroep!:
Gedurig lees mens in hierdie rubriek oor die "siel" van die Afrikaner
en wat dit is om 'n Afrikaner te wees. Het Afrikaner wees nog enigiets
met die bybel te doen ? Is daar nog 'n bybel in die huis ?
Besoek die dominee nog ? Het die dominee nog aansien ?
Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?
Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes ?
Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan vanmiddag
se braaivleis ?
Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?
Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en sieners
en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
pseudo intellektuele stront ?
Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die Kerk ?
oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?
Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek nie.
Gaan Madiba kerk toe ? Bid julle vir hom ? (help dit ?)
Julle wat oorsee is, watse interessante tempels van babel is daar ?
of is dit so lekker oorsee dat julle sommer julle christelike kultuur
laat staan het ?
Ek gaan kerk toe. (Ouens wat so baie sondig soos ek behoort eintlik
3 keer op 'n dag kerk toe te gaan). My seun vind stories oor Dawid
en Goliat en Daniel in die Leeukuil baie interessant. Wie wil sy kinders
dit ontneem ? Hulle het die reg om ingelig te word sodat hul self kan besluit.
Gelukkig word mens gered uit genade en nie goeie werke nie,
anders het ek al seker al my gat gesien.
Vir digene soos ek wat aan 'n vreeslike klein, intieme kerkie behoort,
is dit baie interessant. Interessante onderwerpe oor die skepping en
"cloning" en wat-ookal. Ek en die jong dominee gaan dikwels saam
visvang ook.
Australie is 'n vreeslik sekulere (heidense) land. Dit gaan te goed hier,
mense het nie tyd vir kerk nie. Maar hul gryp na waarsegters en pseudo-
religieuse gemors. Die tydskrifte is vol daarvan. Dit is hoog in die mode
om die kerk te blameer vir alles.
Die kerk word voorgestel as 'n skuilplek vir pedofiele (fedo-piele?),
priesters wat gedurig daarop uit is om klein seuntjies te verkrag, ens.
Aan die ander kant word die kerk gekritiseer deur die polities-korrektes:
Die kerk moet mos homoseksuele priesters aanstel en homoseksuele huwelike
voltrek.
Kom jy op 'n sosiale geleentheid is die mees populere sêding "O my God!".
Die kerk (en morele en sedelike waardes), is uit die skole gedryf,
tesame met die rottang en dissipline. Kinders is rigtingloos en stout.
Hier mag jy geen minderheidsgroep se kultuur of gelowe aanstoot gee nie,
(polities korrek) maar jy kan die westerse godsdiens beledig soos jy wil.
Die kerk kry die skuld vir omtrent alles wat in paternalisme aan die
Aboriginees gedoen is. ('n maklike teiken, want die kerk erken skuld,
die regering nie).
Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8826 is 'n antwoord op boodskap #8803] |
Tue, 18 March 1997 00:00   |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 18 Mar 97 11:56:02, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
vlugtende Boere alles verwyder het wat deur die Engelse tot hulle voordeel en[/color]
> teen die Boere aangewend kon word.
>
> Ek sien dieselfde woorde word gebruik deur die ES Y BIE SIE in terme van die
> rebelle inval in Kisingani - loot/plunder.
>
> ge-Loot - negatief
> Verwyder - positief>>>
Ag Jisis Lou, kom by asb.
Lyk my die ding is soos tandpyn by jou.
Hier is Deneys Reitz in sy eie woorde:
"As burghers now came galloping past , shouting that the English were
entering by the road above the railway station, I hurried back on
horse back to the centre of town, where I annexed a horse from among
several standing before a shop that was being looted, and absconded
with this remount for my brother."
As dit nie inpas by hoe jy dinge in 1997 wil sien nie, hel, dan is dit
toughies vir jou want dit is in 1902 geskryf. Reitz self is in die
jare 30 oorlede (as ek reg onthou), so jy kan nie eers met hom gaan
stry daaroor nie.
Hier is nog iets vir jou van Reitz: "Towards eleven in the morning
Piet Joubert, the Commandant-General, and his staff rode up to address
us. He started by scolding the men for having looted a farm close by,
and got so worked up that he forgot to tell us what the real object of
his visit had been."
Plunder is gemeen aan alle oorloe. Maak nie saak wie dit doen nie.
Soldate plunder in oorloe. End van prent.
Aanvaar dit dat Boere ook soldat was en ook geplunder het.
Dit maak hulle eenvoudig soos alle ander soldate.
Lyk my die geskiedenis-klasse van die skool sit nog by jou.
Dit is ook gemeen aan die opvoeding wat ek in Afrikaanse skole gekry
het dat ons NOOIT die negatiewe goed geleer is nie en gelaat is met
die idee dat die Boere van daai oorlog rein, hoogs intelligente
krygers van ontsettende eerlikheid en heldemoed was.
My opmerking was ten volle daarop gerig.
(Het jy byvoorbeeld geweet dat 'n relatief hoe" persentasie van die
Boere wat die oorlog aan Boere-kant begin het, volgens geskiedkundiges
aan Engelse kant geveg het aan die einde?
Het jy geweet dat Christiaan de Wet se eie broer aan Boere kant begin
het en teen die einde aan Engelse kant geveg het?)
Daar is nog talle verwysings in die boek na sulke dinge. Onder meer
waar Boere-inwoners van Fauresmith dink ek (nog nie weer by daai deel
uitgekom nie) Reitz se perd gesteel het toe hy in die veld geslaap
het op pad om Smuts in die Kaap te gaan "join".
Dit word egter ten volle oorskadu deur die groter prentjie - en dade
van groot heldemoed en menslikheid aan Boere- sowel as Engelse kant
waarvan hy skryf.
Real is real, china, al strook jou PC van die dag nie daarmee nie.
N.S. Het jy geweet dat selfs soldate van die SAW in die jare tagtig in
Suidwes en Angola ge-"loot" het?
|
|
|
|
|
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8829 is 'n antwoord op boodskap #8803] |
Tue, 18 March 1997 00:00   |
Charl Durand
Boodskappe: 55 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote in article ...
> Kom bieg op die nuusgroep!:
>
> Gedurig lees mens in hierdie rubriek oor die "siel" van die Afrikaner
> en wat dit is om 'n Afrikaner te wees. Het Afrikaner wees nog enigiets
> met die bybel te doen ?
Onderskei die bybel van calvinisme. Die bybel, ja; calvinisme, net die ouer
geslag.
Is daar nog 'n bybel in die huis ?
Ja, die familiebybel is 'n nice antique in die sitkamer.
> Besoek die dominee nog ?
Hy het altyd, maar het ons opgegee vir 'n bad job. Dominees hou nie van
stroppy mense wat nie vir hulle wil luister en net argumenteer nie.
Het die dominee nog aansien ?
Nee. Nie in die stad nie, maar wel op die platteland. Want daar's nie
shrinks en support groups op die platteland nie.
>
> Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?
Nee, ons het net geleer om vir onsself te dink. En die social/psychological
support structures wat die kerk in die verlede was (want dit het eintlik
bitter min met godsdiens/geestelikeheid te doen) lê nou elders.
>
> Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes ? Kak.
>
> Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan vanmiddag
> se braaivleis ?
Nog groter kak.
Mind you ek gaan so nou en dan, teen wil en dank na troues toe. Wat 'n
klomp bullshit.
>
> Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?
Ja, maar ook stories uit die baghavad gita. En griekse legendes soos iemand
anders gesê het. En herinner die kinders dat als in die bybel waarskynlik
nie die waarheid is nie. Soos 'n vriendin wie se kinders sondagskool toe
gaan sê: ek moet hulle de-brief na elke sessie.
Dis ook nogal interessant om primal myths van verskillende gelowe vir
kinders te leer.
>
> Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en sieners
> en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
> pseudo intellektuele stront ?
Whatever works for you baby. Dis die zeitgeist. Gelukkig lyk dit asof jong
afrikaners die gewoonte om altyd te wil voorsê afgeleer het.
>
> Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die Kerk
?
Ek hoor die dominees is baie meer verlig as toe ek in die sondagskool was.
Hulle skree nie meer so verskriklik nie. En hulle bid nie meer so lank nie.
En dis nou okay om draad te trek, jy sal nie hare op jou hande kry nie.
> oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?
sal nie weet nie. Maar ek twyfel of hulle graag wil he mense moet vir
hulleself dink. Kerk=politiek=mag. Bottom line.
> Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek
nie.
Halleluja. Is die hemel PC?
>
> Gaan Madiba kerk toe ?
Wie gee om?
Bid julle vir hom ? (help dit ?)
Ek reken so. EK dink dit help. Hei, as daar 'n god is, bly hy in 'n
woonstel in Sunnyside nie ver van die Uniegebou af nie. Hy kyk na Madiba.
In my buurt is die hervormde kerk nou 'n hindoe-tempel, en die NG gemeente
'n moskee. Tot die apostolies in die straat af is nou 'n gym. En ek glo nie
hulle bou kerke teen dieselfde tempo as wat hulle toemaak nie.
Hier is hoe ek die sukses van die kerk meet: Toe ek klein was, het hulle op
sondae-oggende die "beroepe ontvang, beroepe aanvaar" aankondiging oor die
radio gehad. Dan het die omroeper vir so tien of vyftien minute aanhoudend
die name afgelees van al die dominees wat van gemeente verander, of nuut in
die bediening was. Toe ek nou die dag per ongeluk vroeg op 'n sondagoggend
weer daarna luister, toe het die omroeper presies....twee afkondigings om
te maak.
Ek beskou die Afrikaner as 'n baie geestelike mense, maar dit het nou niks
meer met die Kerk te doen nie. Maar dis waarskynlik net waar vir die
stadsafrikaner.
>
|
|
|
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8904 is 'n antwoord op boodskap #8803] |
Thu, 27 March 1997 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote in article
...
>
> In Article, writes:
>
>> Dis nadat hulle uit Pretoria is met die Engelse wat op pad is om in
>> die stad te beweeg. Hy skryf ook 'n stukkie daar van hoe die vlugtende
>> Boere die stadkern ge-"loot" het. Iets wat ek beslis nooit op skool
>> van gehoor het nie.)
>>
>
> Interesante PC taalgebruik. Van die ander kant sou ons seker kon sê dat die
> vlugtende Boere alles verwyder het wat deur die Engelse tot hulle voordeel en
> teen die Boere aangewend kon word.
>
> Ek sien dieselfde woorde word gebruik deur die ES Y BIE SIE in terme van die
> rebelle inval in Kisingani - loot/plunder.
>
> ge-Loot - negatief
> Verwyder - positief
Ek hoor wat jy sê. Maar ek dink nie ons moet aanneem dat daar _nie_
geplunder is nie.
Soos kooos, het ek ook nie op skool van sulke dinge gehoor nie. Gelukkig
het party van ons groot geword in huise waar hierdie boeke gelees is. Reytz
se Commando is ook in Afrikaans uitgegee on die titel (raai!) "Kommando".
Daar is soveel dinge wat nie op skool geleer is nie dat ek tien jaar gelede
al vasbeslote was dat my kinders nie hul tyd daar moet gaan mors nie.
Ek merk op dat daar in die nuwe handboeke weer ander dinge is wat nie
geleer word nie.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: NUWE RSA: GAAN JULLE BLIKSEMS NOG KERK TOE ????????? [boodskap #8905 is 'n antwoord op boodskap #8803] |
Thu, 27 March 1997 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 27 Mar 1997 09:34:57 GMT, "Leendert van Oostrum"
<oos...@scientia.up.ac.za> wrote:
<<>Soos kooos, het ek ook nie op skool van sulke dinge gehoor nie.
Gelukkig
>het party van ons groot geword in huise waar hierdie boeke gelees is. Reytz
>se Commando is ook in Afrikaans uitgegee on die titel (raai!) "Kommando".>>>
Actually is dit "Reitz" en nie "Reytz" nie.
<<<Commando is ook in Afrikaans uitgegee on die titel (raai!)
"Kommando".>>>
Dekades reeds uit druk uit, egter.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 22:30:53 UTC 2025
|