Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Larence of Arabia
Larence of Arabia [boodskap #88150] Do, 11 Desember 2003 08:08
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die rolprent, Larence of Arabia, het ook 'n blywende indruk op my
gehad - die onderlinge gevegte tussen die Arabiese stamme. Dit het
egter ook die indruk van volke (of groepe dan) se smagting na
selfbeskikking uitgebeeld. 'n Primitiewe feudalisme wat met bietjie
opvoeding 'n gesonde federalisme sou kon word. Natuurlik futiel - soos
Lawrence dan met die mislukking van die "parlement" in Damascus
uitvind. As Afrikaner verstaan ek die feudalisme miskien beter. 'n Ou
grap: wat maak drie Afrikaners as hulle bynmekaar kom?Hulle stig drie
kerke en vier politieke partye. Selfs in tye toe die Afrikaner met sy
rug teen die muur was - soos die Anglo Boere-oorlog van 1899-1902 -
was daar "verraaiers" wat die Engelse gesteun het en die Kaapprovinsie
(Engelse kolonie) wat geen keuse gehad het as om die Engelse te steun
nie. Die geskiedenisboeke is ook vol van onderlinge gevegte tussen
boere-leiers. Toe president Steyn byvoorbeeld gehuiwer het om oorlog
teen Engeland te verklaar het hy die toorn van verskeie ander
generaals vrygelaat en byna burgeroorlog veroorsaak. 'n Ander
voorbeeld is die bloeitydperk van Afrikaner nasionalisme, 1987-1994.
Regse Afrikanerpartye ('n sterk groep) het die 1993 referendum
gebooikot - wat dit dan as mislukking sou verdoem. Op die vooraand van
die referendum kom ene Generaal Constand Viljoen egter op die toneel
en stig die Vryheidsfront en steun die referendum. Onmiddelike
verdeling in die range van die regses. Die res is geskiedenis. Rikkie
het egter gelyk dat Christene mekaar net so kan opvoeter - soos
Noord-Ierland dan demonstreer.

Kobus Oosthuizen uit Namibie
Vorige onderwerp: Zim. plan sal ook in SA werk.
Volgende onderwerp: O Perd!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 18:29:29 MGT 2024