Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kersliedjie " deur D.J. OPPERMAN
" Kersliedjie " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #88145] Do, 11 Desember 2003 03:31
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
D.J. Opperman

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,

hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met 'n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn
op 'n plakkie, 'n klip, 'n syferfontein,

oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar 'n kersie brand in 'n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.

Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed
vir 'n kindjie wat ook dié volk sou red .

Oor die hele affêre het uit 'n hoek
'n broeis bantam agterdogtig gekloek.
Vorige onderwerp: " Maria " deur W.E.G. LOUW
Volgende onderwerp: " ses narratiewe uit die Richtersveld " deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 13:15:26 MGT 2024