Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Buitelanders sterf in Namibië
Buitelanders sterf in Namibië [boodskap #88125] Wo, 10 Desember 2003 06:39 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In die eerste week van Desember het 7 buitelanders in ons land die lewe
gelaat op ons grondpaaie. Hieronder was drie Belge, tween Pakistani's en
twee Suid-Afrikaners. Die eerste gedagte is dat die grondpaaie gevaarlik
is, maar vir die ingeligde en vaardige bestuurder is die grondpad 'n vriend
eerder as 'n vyand. Dit is egter die moderne lewe wat veroorsaak dat die
moderne voertuig onkundige bestuurders te veel moontlikhede bied wat hulle
eintlik nie kan hanteer nie.
In die ou dae van 4x4 het almal omtrent rondgeploeter in Land-Rovers en
enigiemand wat 'n Landie rêrig ken sal vir jou vertel dat die stuk drek
breek eerder voor hy omval! Ry jy hom bult op, dan sit jy lank teen die
opdraende uit. Kry jy 'n afdraende, en die ding vang uiteindelik bietjie
spoed, dan rattle en skrou hy so luidrugtig dat g'n mens dit kan uithou nie.
Aan die pluskant het dit beteken dat die mense wat dit op die grondpaaie
waag, maar so rondom die 100km/uur gehou het. Vandag, met die moderne
4x4'e wat omtrent almal maklik 160km/uur PLUS kan ry op enige pad en dan
behang die verhuurmaatskappye die voertuie nog met daktente, ens wat dit nog
meer 'top heavy' maak, nou hang dit van die bestuurder se vaardigheid af om
die voertuig op die pad te hou. Mense uit die buiteland, maar veral
Europa, het in hul lewe meestal nog nooit eers 'n grondpad gesien nie, wat
nog van daarop bestuur met 'n 4x4!
Die tegnologie is 'n wonderlike ding, maar die GPS en die moderne 4x4,
is besig om Afrika te verpoeier want dit plaas die vermoë in onkundige en
onervare hande om sleepvoet te gaan rondploeter in 'n area waarvoor 'n
kundige leidende hand uiters noodsaaklik is. As 'n mens bystaan en sien
hoe word jou land verkrag, dan is dit maar moeilik om die regte graad van
deernis op te wek vir die dooies.....
Re: Buitelanders sterf in Namibië [boodskap #88126 is 'n antwoord op boodskap #88125] Wo, 10 Desember 2003 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, ek het gehoor van die ongeluk - en wat jy sê is waar. Die mense kla oor
gevaarlike paaie, maar dis die gevaarlike bestuurders wat die ongelukke
veroorsaak.
Die afgelope maand is daar 'n voortdurende klaery van die gevaarlike pad by
Houtbaai - ons het Sondag daar gaan ry, en die pad is in geen omstandigheid
gevaarlik nie, as al die bestuurders by die spoedperk hou en die
verkeersreels gehoorsaam - die pad is goed geteer en daar is geen gate in
die pad nie - daar is egter nie 'n skouer met 'n geel streep nie, so die
ongeduldige haastiges is diegene wat dit gevaarlik maak vir al die ryers op
die pad.
--
Annette
news:3fd6bfa9.0@news1.mweb.co.za...
> In die eerste week van Desember het 7 buitelanders in ons land die lewe
> gelaat op ons grondpaaie. Hieronder was drie Belge, tween Pakistani's en
> twee Suid-Afrikaners. Die eerste gedagte is dat die grondpaaie gevaarlik
> is, maar vir die ingeligde en vaardige bestuurder is die grondpad 'n vriend
> eerder as 'n vyand. Dit is egter die moderne lewe wat veroorsaak dat die
> moderne voertuig onkundige bestuurders te veel moontlikhede bied wat hulle
> eintlik nie kan hanteer nie.
> In die ou dae van 4x4 het almal omtrent rondgeploeter in Land-Rovers en
> enigiemand wat 'n Landie rêrig ken sal vir jou vertel dat die stuk drek
> breek eerder voor hy omval! Ry jy hom bult op, dan sit jy lank teen die
> opdraende uit. Kry jy 'n afdraende, en die ding vang uiteindelik bietjie
> spoed, dan rattle en skrou hy so luidrugtig dat g'n mens dit kan uithou nie.
> Aan die pluskant het dit beteken dat die mense wat dit op die grondpaaie
> waag, maar so rondom die 100km/uur gehou het. Vandag, met die moderne
> 4x4'e wat omtrent almal maklik 160km/uur PLUS kan ry op enige pad en dan
> behang die verhuurmaatskappye die voertuie nog met daktente, ens wat dit nog
> meer 'top heavy' maak, nou hang dit van die bestuurder se vaardigheid af om
> die voertuig op die pad te hou. Mense uit die buiteland, maar veral
> Europa, het in hul lewe meestal nog nooit eers 'n grondpad gesien nie, wat
> nog van daarop bestuur met 'n 4x4!
> Die tegnologie is 'n wonderlike ding, maar die GPS en die moderne 4x4,
> is besig om Afrika te verpoeier want dit plaas die vermoë in onkundige en
> onervare hande om sleepvoet te gaan rondploeter in 'n area waarvoor 'n
> kundige leidende hand uiters noodsaaklik is. As 'n mens bystaan en sien
> hoe word jou land verkrag, dan is dit maar moeilik om die regte graad van
> deernis op te wek vir die dooies.....
>
Re: Buitelanders sterf in Namibië [boodskap #88134 is 'n antwoord op boodskap #88126] Wo, 10 Desember 2003 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die plaaslike mense spot al met die storie.....daar moet iets bonatuurlik
wees aan die Namib, want sodra 'n vreemdeling hier uitslaan, slaat sy IK na
nul toe terug en jaag hulle kak aan wat hulle nooit, ooit by hul eie huise
sal doen nie. Ek het so lekker gekry een jaar toe 'n senior ou van die
KWV en sy pêlle besluit het om langs my in te trek en die ou vir my kom
hallo sê, reeds voor op 'n stasie en met 'n bottel KWV 5 in die hand, dat as
hulle hande uitruk, dan moet ek net met hom kom onderhandel oor die probleem
en dan sal hy sorg dat dit reggestel word. Ek sê toe vir hom dis OK want
aangesien ek die redakteur van die plaaslike koerant is sal dit sommer vir
interessante stories ook sorg.
Dom donner......dit was nie 'n halfuur later toe's die huis langsaan
leeg en ek hoor die volgende môre by die agente dat hulle net daar, in die
aand aangedring het op 'n ander huurhuis! Seker maar bang gewees hulle
spektakel beland in die koerant? Wat gaan die mense by die huis sê?

"Annette" skryf in boodskap news:br6hh4$s9k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja, ek het gehoor van die ongeluk - en wat jy sê is waar. Die mense kla oor
> gevaarlike paaie, maar dis die gevaarlike bestuurders wat die ongelukke
> veroorsaak.
> Die afgelope maand is daar 'n voortdurende klaery van die gevaarlike pad by
> Houtbaai - ons het Sondag daar gaan ry, en die pad is in geen omstandigheid
> gevaarlik nie, as al die bestuurders by die spoedperk hou en die
> verkeersreels gehoorsaam - die pad is goed geteer en daar is geen gate in
> die pad nie - daar is egter nie 'n skouer met 'n geel streep nie, so die
> ongeduldige haastiges is diegene wat dit gevaarlik maak vir al die ryers op
> die pad.
> --
> Annette
> news:3fd6bfa9.0@news1.mweb.co.za...
>> In die eerste week van Desember het 7 buitelanders in ons land die lewe
>> gelaat op ons grondpaaie. Hieronder was drie Belge, tween Pakistani's en
>> twee Suid-Afrikaners. Die eerste gedagte is dat die grondpaaie gevaarlik
>> is, maar vir die ingeligde en vaardige bestuurder is die grondpad 'n
> vriend
>> eerder as 'n vyand. Dit is egter die moderne lewe wat veroorsaak dat die
>> moderne voertuig onkundige bestuurders te veel moontlikhede bied wat hulle
>> eintlik nie kan hanteer nie.
>> In die ou dae van 4x4 het almal omtrent rondgeploeter in
Land-Rovers
> en
>> enigiemand wat 'n Landie rêrig ken sal vir jou vertel dat die stuk drek
>> breek eerder voor hy omval! Ry jy hom bult op, dan sit jy lank teen die
>> opdraende uit. Kry jy 'n afdraende, en die ding vang uiteindelik bietjie
>> spoed, dan rattle en skrou hy so luidrugtig dat g'n mens dit kan uithou
> nie.
>> Aan die pluskant het dit beteken dat die mense wat dit op die grondpaaie
>> waag, maar so rondom die 100km/uur gehou het. Vandag, met die moderne
>> 4x4'e wat omtrent almal maklik 160km/uur PLUS kan ry op enige pad en dan
>> behang die verhuurmaatskappye die voertuie nog met daktente, ens wat dit
> nog
>> meer 'top heavy' maak, nou hang dit van die bestuurder se vaardigheid af
> om
>> die voertuig op die pad te hou. Mense uit die buiteland, maar veral
>> Europa, het in hul lewe meestal nog nooit eers 'n grondpad gesien nie, wat
>> nog van daarop bestuur met 'n 4x4!
>> Die tegnologie is 'n wonderlike ding, maar die GPS en die moderne
> 4x4,
>> is besig om Afrika te verpoeier want dit plaas die vermoë in onkundige en
>> onervare hande om sleepvoet te gaan rondploeter in 'n area waarvoor 'n
>> kundige leidende hand uiters noodsaaklik is. As 'n mens bystaan en sien
>> hoe word jou land verkrag, dan is dit maar moeilik om die regte graad van
>> deernis op te wek vir die dooies.....
>>
>
Re: Buitelanders sterf in Namibië [boodskap #88139 is 'n antwoord op boodskap #88125] Wo, 10 Desember 2003 12:18 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kom ek stel dit vir jou so: Die 4x4'e wat die buitelanders hier by ons
huur is Double Cabs en Land Cruisers wat hoog op die wiele is. Om die
veldpakket beter te maak, voeg hulle nog een of twee daktente bo-op die dak
by. Dit maak die voertuig ekstra 'top-heavy'. Nou is dit so dat 'n
grondpad geskraap word met 'n gelydelike ronding om die skouers en die kant
van die pad en die loopvlak is nie altyd duidelik te onderskei soos met 'n
teerpad nie. Die toeriste ry mos ook rond om die land te sien en daarom
kyk hulle rond. Skrik 'n bestuurder omdat die voertuig oor die ronding van
die pad aan een kant is, dan sal die ervare bestuurder die voertuig maar sy
pad laat gaan en dit gelydelik weer terug op koers kry. Nie so met die
onervare bestuurder nie. Hulle skrik en pluk die stuurwiel [alles deesdae
met kragstuur] om die motor weer op rigting te kry. Wat nou gebeur is dat
die hoë 4x4 op spoed en met so 'n skielike rigtingsverandering ekstra
oorleuen en gewoonlik is dit een van die agterbande wat die swaai nie kan
vat en en van die 'rim' afklim met gevolg dat hulle 'n onmiddellike
'blow-out' op die agterwiel aan die buitekant van die draai van die kar het.
Dan rol hy..........
O, en in die ou dae was gereken dat jou voorbande jou beste bande moet
wees en dat dit meer wenslik is om 'n band wat bars op jou agterwiele te
hê......vandag werk dit nie meer so nie. Jou agterbande is deesdae die
belangrikste om goed te wees. Veral op 'n 4x4.

"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:KyDBb.145$IC6.102302780@hestia.telenet-ops.be...
> Sou dit ook wees dat mense,behalwe in Engeland,nie gewoon is nie links te ry
> en darom foute maak,kom daarby dat as jy in een wremde land rondtoer jy
> altyd vaarsigtig moet wees en ook dat een 4x4 beperkinge het?
> Ek ry daaliks met een 4x4(nie een bakkie nie)en weet dat dit nie gebou is om
> teen 160km/u te raas
>
> Paul uit sonnige maar kou Vlaandere
>
>
> "Suidwester" schreef in bericht
news:3fd6e1f7.0@news1.mweb.co.za...
>> Die plaaslike mense spot al met die storie.....daar moet iets bonatuurlik
>> wees aan die Namib, want sodra 'n vreemdeling hier uitslaan, slaat sy IK
> na
>> nul toe terug en jaag hulle kak aan wat hulle nooit, ooit by hul eie huise
>> sal doen nie. Ek het so lekker gekry een jaar toe 'n senior ou van die
>> KWV en sy pêlle besluit het om langs my in te trek en die ou vir my kom
>> hallo sê, reeds voor op 'n stasie en met 'n bottel KWV 5 in die hand,
dat
> as
>> hulle hande uitruk, dan moet ek net met hom kom onderhandel oor die
> probleem
>> en dan sal hy sorg dat dit reggestel word. Ek sê toe vir hom dis OK want
>> aangesien ek die redakteur van die plaaslike koerant is sal dit sommer vir
>> interessante stories ook sorg.
>> Dom donner......dit was nie 'n halfuur later toe's die huis langsaan
>> leeg en ek hoor die volgende môre by die agente dat hulle net daar, in die
>> aand aangedring het op 'n ander huurhuis! Seker maar bang gewees hulle
>> spektakel beland in die koerant? Wat gaan die mense by die huis sê?
>> "Annette" wrote in message
>> news:br6hh4$s9k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ja, ek het gehoor van die ongeluk - en wat jy sê is waar. Die mense
kla
>> oor
>>> gevaarlike paaie, maar dis die gevaarlike bestuurders wat die ongelukke
>>> veroorsaak.
>>> Die afgelope maand is daar 'n voortdurende klaery van die gevaarlike
pad
>> by
>>> Houtbaai - ons het Sondag daar gaan ry, en die pad is in geen
>> omstandigheid
>>> gevaarlik nie, as al die bestuurders by die spoedperk hou en die
>>> verkeersreels gehoorsaam - die pad is goed geteer en daar is geen gate
> in
>>> die pad nie - daar is egter nie 'n skouer met 'n geel streep nie, so die
>>> ongeduldige haastiges is diegene wat dit gevaarlik maak vir al die
ryers
>> op
>>> die pad.
>>> --
>>> Annette
>>> news:3fd6bfa9.0@news1.mweb.co.za...
>>>> In die eerste week van Desember het 7 buitelanders in ons land die
> lewe
>>>> gelaat op ons grondpaaie. Hieronder was drie Belge, tween
> Pakistani's
>> en
>>>> twee Suid-Afrikaners. Die eerste gedagte is dat die grondpaaie
>> gevaarlik
>>>> is, maar vir die ingeligde en vaardige bestuurder is die grondpad 'n
>>> vriend
>>>> eerder as 'n vyand. Dit is egter die moderne lewe wat veroorsaak
dat
>> die
>>>> moderne voertuig onkundige bestuurders te veel moontlikhede bied wat
>> hulle
>>>> eintlik nie kan hanteer nie.
>>>> In die ou dae van 4x4 het almal omtrent rondgeploeter in
>> Land-Rovers
>>> en
>>>> enigiemand wat 'n Landie rêrig ken sal vir jou vertel dat die stuk
> drek
>>>> breek eerder voor hy omval! Ry jy hom bult op, dan sit jy lank
teen
>> die
>>>> opdraende uit. Kry jy 'n afdraende, en die ding vang uiteindelik
>> bietjie
>>>> spoed, dan rattle en skrou hy so luidrugtig dat g'n mens dit kan
> uithou
>>> nie.
>>>> Aan die pluskant het dit beteken dat die mense wat dit op die
> grondpaaie
>>>> waag, maar so rondom die 100km/uur gehou het. Vandag, met die
> moderne
>>>> 4x4'e wat omtrent almal maklik 160km/uur PLUS kan ry op enige pad en
> dan
>>>> behang die verhuurmaatskappye die voertuie nog met daktente, ens wat
> dit
>>> nog
>>>> meer 'top heavy' maak, nou hang dit van die bestuurder se
vaardigheid
> af
>>> om
>>>> die voertuig op die pad te hou. Mense uit die buiteland, maar veral
>>>> Europa, het in hul lewe meestal nog nooit eers 'n grondpad gesien
nie,
>> wat
>>>> nog van daarop bestuur met 'n 4x4!
>>>> Die tegnologie is 'n wonderlike ding, maar die GPS en die
moderne
>>> 4x4,
>>>> is besig om Afrika te verpoeier want dit plaas die vermoë in
onkundige
>> en
>>>> onervare hande om sleepvoet te gaan rondploeter in 'n area waarvoor 'n
>>>> kundige leidende hand uiters noodsaaklik is. As 'n mens bystaan en
>> sien
>>>> hoe word jou land verkrag, dan is dit maar moeilik om die regte
graad
>> van
>>>> deernis op te wek vir die dooies.....
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Hulp benodig
Volgende onderwerp: 'There was never any mention of the k-word'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 00:53:48 MGT 2024