Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bitter Kersfees
Bitter Kersfees [boodskap #88111] Di, 09 Desember 2003 17:20
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
**Siener van Rensburg het gesê dat pensioen fondse in duie sal stort,
is hierdie die begin daarvan of is dit net toeval? **

Bitter Kersfees
Deon de Lange

Duisende pensioentrekkers het kort voor Kersfees sonder waarskuwing
gehoor hul pensioengeld is skielik met 12% per maand verminder
weens 'n vroeëre, "ongeldige" verhoging.

Hulle moet boonop dié geld met rente terugbetaal.
Ongeveer 4 000 lede van die Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds,
almal amptenare van die voormalige Transvaalse munisipale owerhede,
is in kennis gestel dat hul maandelikse pensioengeld met ingang 1
November met 12% verminder is.
Luidens 'n brief van die Gemeenskap like Munisipale Pensioenfonds,
gedateer 26 November 2003 (een dag nadat die verminderde pensioen
uitbetaal is), is die 12%-verhoging wat lede in Maart verlede jaar
ontvang het, ongeldig.

Dit lui verder dat alle geld wat dienooreenkomstig aan hulle
uitbetaal is, verhaal sal word - met rente bereken teen 8% per jaar.
Boonop is hul siekfondsbydrae ook onlangs verhoog.

Vir mnr. Lewies Koekemoer (71), wat vir 20 jaar as verwer by die
destydse Brakpan-munisipaliteit gewerk het, beteken dit sy drie
kleinkinders, wat by hom kuier, se Kerskouse bly hierdie jaar leeg.

"Ek weet nie hoe ek die kleingoed gaan vertel oupa het nie vanjaar
geld vir Kersgeskenke nie. Hulle gaan só teleurgesteld wees. Waar
gaan ons geld kry om kos te koop, wat nog te sê van geskenke?"

Koekemoer, wat R1 786 per maand ontvang, moet R6 512 terugbetaal.

Mev. Marie Van Rensburg (61) van Brakpan sê sy sal haar huis moet
verkoop. "Ek is nou onderdeur. Hoe kan hulle dit doen? Hulle het ons
geld gemors en nou moet pensioentrekkers swaarkry."

Nóg 'n pensioentrekker van Johannesburg, wat anoniem wil bly uit
vrees vir viktimisasie, sê daar is groot probleme by die fonds.

"Die 12%-verhogings van Maart verlede jaar is volgens amptenare by
die pensioenfonds moontlik gemaak deur die aanwending van 'n surplus
wat tydens die 2001-boekjaar in die fonds opgebou is.

"Nou praat hulle van teenstrydige wetgewing, swak beleggings en ek
weet nie wat alles nie."

'n Brief in Beeld se besit bevestig dit.

"Iemand het 'n groot fout gemaak en nou is dit ons wat moet boet.
Dis 'n skande," sê die man. "Die dalende rentekoerse het my spaargeld
reeds 'n ernstige knou toegedien. En nou dit."

Die pensioenfonds was vroeër vanjaar ook in die nuus oor omstrede
beleggings wat gelei het tot meer as R1 miljard se verlies.

Amptenare by die fonds wou nie kommentaar lewer nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1456720,00. html
Vorige onderwerp: Brian Van Rooyen
Volgende onderwerp: Gesin verpletter oor 2 vrygespreek is van moord op Monique
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:39:42 MGT 2024