Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Uitvaart" deur CAROL CLARK
"Uitvaart" deur CAROL CLARK [boodskap #8806] Sa, 15 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
UITVAART
Carol Clark

Ek moes my kleinboet vaarwel soen
wyl die wind deur die langriet roer;
die volke swelg aan die oorryp son
en kewers vreet karkoer.

Uil stipkyk uit 'n donker skeur
die wildemalva roer.
Twee slangverklikkers skel verby
janfiskaal in die wilger sloer.

Fluweeltjie fyn is pienk en pers
soos die loot op 'n aartappelmoer;
die tjienkerientjee se oog is swart
is donker en warm en loer.

Tjienkerientjee se oog is swart
is stip en rond en boor.
Uil knipoog in die donkerte:
my aarde kantel oor.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Die ryp is 'n rower" deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: "Meriba" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 07:34:40 MGT 2024