| Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87969] |
Sa., 06 Desember 2003 10:15  |
SB[1]
Boodskappe: 186 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het al voorheen gewonder oor die geloofwaardigheid van die HNP koerant se
artikels. Ek sien egter geen rede om dit in twyfel te trek nie. 'n Paar jaar
terug was daar 'n artikel in "Die Afrikaner", waar hulle uittreksels van dit
wat voorspel was (deur regses) en dit wat toe waar geword het, aangehaal
het.
Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
mate die waarheid beet gehad het nie.
Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?
Spencer
|
|
|
|
| Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87970 is 'n antwoord op boodskap #87969] |
Sa., 06 Desember 2003 11:26   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat kan gedoen word?
Sit alle regses met baarde en wat skoene sonder sokkies dra in die tronk.
Sit alle ouers wat hul kinders wat oortree ondersteun in die tronk.
Sit almal wat 'n onpadwaardige voertuig bestuur of op die pad sit in die
tronk
Gee vir elkeen 'n blommetjie wat bly is dat ons deel kan wees van die nuwe
wêreld wat oor 'n honderd jaar die supermoondheid gaan wees.
Gee vir elkeen 'n soentjie wat vorentoe kyk in plaas van om in die verlede
te wil bly leef.
Gee vir elkeen 'n drukkie wat dink en weet Siener was sag in die kop.
Annette
"Spencer" skryf in boodskap news:LUhAb.20660$VV6.457624@news.xtra.co.nz...
> Ek het al voorheen gewonder oor die geloofwaardigheid van die HNP koerant se
> artikels. Ek sien egter geen rede om dit in twyfel te trek nie. 'n Paar jaar
> terug was daar 'n artikel in "Die Afrikaner", waar hulle uittreksels van dit
> wat voorspel was (deur regses) en dit wat toe waar geword het, aangehaal
> het.
> Meeste mense kraak die regses af, maar sal nooit erken dat hulle in 'n groot
> mate die waarheid beet gehad het nie.
> Die vet is in die vuur en kan daar iets aan gedoen word?
>
> Spencer
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #87978 is 'n antwoord op boodskap #87973] |
Sa., 06 Desember 2003 15:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
So wat se ongeluk het jou getref dat jy niks wil doen nie?
--
Annette
"Spencer" skryf in boodskap news:QojAb.20724$VV6.459664@news.xtra.co.nz...
> Spot maar lekker - totdat die ongeluk jou tref, Annette. Jy dink seker ek's
> een van daardie wat alles met die roer wil regmaak. Indien jy so dink, dink
> jy verkeerd. Ek vra net die vraag, wat kan daaraan gedoen word? Die antwoord
> is natuurlik NIKS.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88030 is 'n antwoord op boodskap #87988] |
So., 07 Desember 2003 23:29   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 07 Dec 2003 04:21:13 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Nee-wat, jy praat bietjie deur jou neus. Die versterking
> of verswakking van geldeenhede van lande het duidelike
> oorsake, wat gewoonlik tot in die fynste besonderhede
> ontleed word deur 'n horde ekonomiste en ander soort
> diere. Die huidige opgaan van die rand en ook die
> Kanadese dollar en 'n hele klomp ander lande se
> geld-eenhede, is duidelik die gevolg van die verswakking
> van die Amerikaanse dollar. Ek neem aan die rand word
> verder ook aangehelp deur die stygende goudprys.
>
> Gloudina
>
Jy moet wel verstaan, Gloudina, dat ek die prys van die Rand nie meer
besien in verhouding tot die dollarprys nie. Ek is Europeër en ons het
nou al 'n paar jaar die Euro as toonaangewende munt en ons weet almal
die Euro is 'n sterke munt. Nou sien ek inderdaad dat die Dollar
waarde verloor het ten opsigte van die Euro en dis nog nie baie min
nie. Derhalwe sou ek wel verwag het dat die Rand sou styg ten opsigte
van die Dollar maar nie ten opsigte van die Euro nie maar tog is dit
nou net wat gebeur. Ek moet sê ek is baie verras daardeur. Of nou die
stygende goudprys daarvoor verantwoordelik is.., dit sal wel voor 'n
deel die waarheid wees. Langs die andere kant is dit ook 'n feit dat
die (seldsame) Afrikaanse aandeelmarkte in die laaste jare beter
gepresteer het as die Europese en die Amerikaanse aandeelmarkte.
Daar moet tog êrens 'n optimisme wees waaraan die wêreld se eie tog
nie verwag het nie!..
Groete uit Vlaandere,
Norbert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat nou gemaak blankes? [boodskap #88034 is 'n antwoord op boodskap #87987] |
Ma., 08 Desember 2003 00:04  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 7 Dec 2003 05:14:58 +0200, "Jonas" wrote:
> Wat die styging van die Rand met regs te doen?
> Niemand (nie links of regs) kon sê waarom die Rand verswak of versterk het
> nie.
> Wil iemand "regs" beskryf of definieer?
> My indruk van Europeers is dat hulle redelik regs is - wanneer ek na hulle
> kulturele-behoudenheid kyk. En wat is daarmee verkeerd? Maar as ek as
> Suid-Afrikaner/Afrikaner iets van my eie wil behou dan is ek regs? Moet ek
> bloot in 'n maalpot van samesmelting en gesigloosheid spring - uit vrees dat
> my strewe na eie wees "regs" en verkeerd is - en dat dit "eenwording" sal
> kortwiek. Wat het van die "reenboognasie"-idee geword - of moet ons
> "kleurloos" word om 'n nasie te word. Ek hoop regtig nie so nie.
Ek verstaan jou, Jonas, maar moet tog toegee: daardie tyd dat mense
hulle motors aangeswengel het met 'n pook is tog al lank verby, nè? Ek
wil maar sê: die tye verander steeds. 'n Mens moet met sy tyd meegaan.
Ek hoop maar vir me eie dat ek dit nog lank sal kan volhou.
Groete uit Vlaandere,
Norbert
|
|
|
|