Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reg of nie?
Reg of nie? [boodskap #87849] Di, 02 Desember 2003 11:06 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In Saterdag see koerant : Vreeslike ongelukkige Pappie omdat sy ou seuntjie
glo deur die stadspolisie met 'n rewolwer teen die kop aangehou is.
Seun het met 'n bakkie met getinte vensters ( onwettig) deur rooi
verkeersligte gery - en die polisie sit hom toe agterna.
In die proses is seun deur nog twee rooi verkeersligte, en toe die polisie
hom eindelik gestop kry, beweer hy hy het nie die sirene gehoor nie, want
die musiek in die kajuit was te hard.
Die polisie beweer die passasiers ( twee dames) het gouer as die bestuurder
uit die bakkie geklim - daarom het hulle hul wapens gebruik.
--
Annette
Re: Reg of nie? [boodskap #87853 is 'n antwoord op boodskap #87849] Di, 02 Desember 2003 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As daar nou een ding is wat 7 soorte stront uit my irriteer, dan's dit daai
donker getinte vensters. Ek beskou myself as 'n gevorderde bestuurder en
daarom probeer ek vir die ander padgebruikers in my onmiddellike omgewing
ook dink. Dit vereis dat ek die bestuurder van die motor wat my pad gaan
kruis, wil sien omdat ek wil wéét hy kyk vir my en sien my. Verder as ek
agter 'n ander kar ry wil ek graag deur sy kar sien sodat ek die verkeer so
ver moontlik voor sy kar kan waarneem om vroegtydig te sien as daar 'n
probleem van voor kom. Dieselfde geld ook vir die ou wat agter jou ry.
Nou maak hulle die karre so donker dat jy g'n niks kan sien nie en nou
moet jy sit en raai. Baie sleg ook is die feit dat jy g'n mens in so kar
kan herken nie en ons groet mos maar hier by ons nog vir mekaar. Nou ry jy
by so 'n donker gedoente verby en die ou kak jou uit omdat jy hom nie groet
nie!
MAAR, ek oorweeg dit ook al om die vensters van my wiele donker te maak!
As die ander dit doen, gaan dit niks aan my doen as ek dit nie doen nie,
want die res gaan steeds verdonker wees. Daar is baie voordele: By ons
hittige binneland, waar die son jou vrekbrand as hy jou sou alleen kry, is
die kar baie koeler. Verder is hierdie Gloudina-se-kinders daar by julle
in die RSA wat so lief is om karre te 'hi-jack'....blykbaar as hulle nie kan
sien wat in die kar aangaan nie, is hulle versigtiger. Ook slaan jy so 'n
ruit ook nie maklik stukkend nie. Ek oorweeg nog.............
O, daai getinte ruite is wel wettig as dit met die regte graad en SABS
goedgekeurde film gedoen word maar dit is egter nie so lekker donker nie.

"Annette" skryf in boodskap news:bqi1vp$bor$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> In Saterdag see koerant : Vreeslike ongelukkige Pappie omdat sy ou seuntjie
> glo deur die stadspolisie met 'n rewolwer teen die kop aangehou is.
> Seun het met 'n bakkie met getinte vensters ( onwettig) deur rooi
> verkeersligte gery - en die polisie sit hom toe agterna.
> In die proses is seun deur nog twee rooi verkeersligte, en toe die polisie
> hom eindelik gestop kry, beweer hy hy het nie die sirene gehoor nie, want
> die musiek in die kajuit was te hard.
> Die polisie beweer die passasiers ( twee dames) het gouer as die bestuurder
> uit die bakkie geklim - daarom het hulle hul wapens gebruik.
> --
> Annette
>
Re: Reg of nie? [boodskap #87856 is 'n antwoord op boodskap #87853] Di, 02 Desember 2003 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 2 Dec 2003 17:14:28 +0200, "Suidwester"
wrote:

> Daar is baie voordele: By ons
> hittige binneland, waar die son jou vrekbrand as hy jou sou alleen kry, is
> die kar baie koeler. Verder is hierdie Gloudina-se-kinders daar by julle
> in die RSA wat so lief is om karre te 'hi-jack'....blykbaar as hulle nie kan
> sien wat in die kar aangaan nie, is hulle versigtiger. Ook slaan jy so 'n
> ruit ook nie maklik stukkend nie. Ek oorweeg nog.............

Daar is nog andere voordele: jy kan in so'n kar ook met 'n ander een
as jou eie vrou in die stad rondry!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Reg of nie? [boodskap #87876 is 'n antwoord op boodskap #87856] Wo, 03 Desember 2003 05:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou om jouself in die moeilikheid in te pomp!

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:uglpsv87j76t0g0imgc61kvbrc50u3m65s@4ax.com...
> On Tue, 2 Dec 2003 17:14:28 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Daar is baie voordele: By ons
>> hittige binneland, waar die son jou vrekbrand as hy jou sou alleen kry, is
>> die kar baie koeler. Verder is hierdie Gloudina-se-kinders daar by julle
>> in die RSA wat so lief is om karre te 'hi-jack'....blykbaar as hulle nie kan
>> sien wat in die kar aangaan nie, is hulle versigtiger. Ook slaan jy so 'n
>> ruit ook nie maklik stukkend nie. Ek oorweeg nog.............
>
> Daar is nog andere voordele: jy kan in so'n kar ook met 'n ander een
> as jou eie vrou in die stad rondry!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Reg of nie? [boodskap #87881 is 'n antwoord op boodskap #87876] Wo, 03 Desember 2003 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 3 Dec 2003 07:35:35 +0200, "Suidwester"
wrote:

> Dis nou om jouself in die moeilikheid in te pomp!

Nie waar nie! Ek het geen vrou nie!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Reg of nie? [boodskap #87888 is 'n antwoord op boodskap #87881] Wo, 03 Desember 2003 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar soos jy sê kan jy 'n ANDER man se vrou diens en dan sal jy wens die
vensters is donker......maar daai film stop nie 'n .45 nie! Of, as jy
gelukkig is, betaal die ou jou uit dankbaarheid om van haar ontslae te
wees!! Wie sê daar's nie geld in seks vir 'n man nie? Probleem is net,
dan sit jy met haar!

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:phkrsvgoln9omf76g080r8d9qab9qmrqs8@4ax.com...
> On Wed, 3 Dec 2003 07:35:35 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Dis nou om jouself in die moeilikheid in te pomp!
>
> Nie waar nie! Ek het geen vrou nie!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Reg of nie? [boodskap #87896 is 'n antwoord op boodskap #87888] Wo, 03 Desember 2003 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 3 Dec 2003 16:49:01 +0200, "Suidwester"
wrote:

> Maar soos jy sê kan jy 'n ANDER man se vrou diens en dan sal jy wens die
> vensters is donker......maar daai film stop nie 'n .45 nie! Of, as jy
> gelukkig is, betaal die ou jou uit dankbaarheid om van haar ontslae te
> wees!! Wie sê daar's nie geld in seks vir 'n man nie? Probleem is net,
> dan sit jy met haar!

Ag! Ek is tog so gelukkig!

Norbert
Re: Reg of nie? [boodskap #87921 is 'n antwoord op boodskap #87849] Do, 04 Desember 2003 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laas week is 'n 14 jarige seun deur die polisie
doodgeskiet hier in Suid Florida. Natuurlik is die
gemeenskap hoogs ontsteld oor die aangeleentheid.
Die feit dat dit 'n swart seun was maak natuurlik
dit veel erger want onmiddelik skreeu die hele
swart gemeenskap "Rasisme".

Mense het die polisie ontbied omdat die seun moles
gemaak het. Toe die polisie daar aankom was die
seun halfpad teen 'n stel trappe op, met 'n
"vuurwapen" in sy hand. Die polisie sê die seun
het die wapen op hulle gerig nadat hulle hom gevra
het om dit te laat val, en dis hoekom hulle toe
losgetrek het. Natuurlik is daar 'n horde mense
was sê dis nie so nie, en dat die "trigger happy"
polisie sommer net wild losgetrek het.

Die wapen was toe nie eers 'n regte wapen nie dit
was maar net 'n "BB-gun"

Is dit reg of nie?

Wat sou jy doen in daardie situasie?

"Annette" skryf in boodskap news:bqi1vp$bor$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> In Saterdag see koerant : Vreeslike ongelukkige Pappie omdat sy ou seuntjie
> glo deur die stadspolisie met 'n rewolwer teen die kop aangehou is.
> Seun het met 'n bakkie met getinte vensters ( onwettig) deur rooi
> verkeersligte gery - en die polisie sit hom toe agterna.
> In die proses is seun deur nog twee rooi verkeersligte, en toe die polisie
> hom eindelik gestop kry, beweer hy hy het nie die sirene gehoor nie, want
> die musiek in die kajuit was te hard.
> Die polisie beweer die passasiers ( twee dames) het gouer as die bestuurder
> uit die bakkie geklim - daarom het hulle hul wapens gebruik.
> --
> Annette
>
Re: Reg of nie? [boodskap #87923 is 'n antwoord op boodskap #87921] Do, 04 Desember 2003 11:54 Na vorige boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou onthou ek weer van die voorval so 'n jaar
gelede waar 'n akteur in Hollywood ook deur die
polisie doodgeskiet.

Die Polisie het by 'n maskerbal opdaag en die
"Slim outjie" het sy kostuum sy rewolwer op die
poliesman rig. Die "dom aap" was nie eers een van
die molesmakers by die partytjie nie.

"Glücklich" skryf in boodskap news:DeFzb.2752$ej.527@bignews2.bellsouth.net...
> Laas week is 'n 14 jarige seun deur die polisie
> doodgeskiet hier in Suid Florida. Natuurlik is die
> gemeenskap hoogs ontsteld oor die aangeleentheid.
> Die feit dat dit 'n swart seun was maak natuurlik
> dit veel erger want onmiddelik skreeu die hele
> swart gemeenskap "Rasisme".
>
> Mense het die polisie ontbied omdat die seun moles
> gemaak het. Toe die polisie daar aankom was die
> seun halfpad teen 'n stel trappe op, met 'n
> "vuurwapen" in sy hand. Die polisie sê die seun
> het die wapen op hulle gerig nadat hulle hom gevra
> het om dit te laat val, en dis hoekom hulle toe
> losgetrek het. Natuurlik is daar 'n horde mense
> was sê dis nie so nie, en dat die "trigger happy"
> polisie sommer net wild losgetrek het.
>
> Die wapen was toe nie eers 'n regte wapen nie dit
> was maar net 'n "BB-gun"
>
> Is dit reg of nie?
>
> Wat sou jy doen in daardie situasie?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bqi1vp$bor$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> In Saterdag see koerant : Vreeslike ongelukkige Pappie omdat sy ou seuntjie
>> glo deur die stadspolisie met 'n rewolwer teen die kop aangehou is.
>> Seun het met 'n bakkie met getinte vensters (onwettig) deur rooi
>> verkeersligte gery - en die polisie sit hom toe agterna.
>> In die proses is seun deur nog twee rooi verkeersligte, en toe die polisie
>> hom eindelik gestop kry, beweer hy hy het nie die sirene gehoor nie, want
>> die musiek in die kajuit was te hard.
>> Die polisie beweer die passasiers ( twee dames) het gouer as die bestuurder
>> uit die bakkie geklim - daarom het hulle hul wapens gebruik.
>> --
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Kunstenaars en toekennings
Volgende onderwerp: Ngcuka, Zuma kom tot vergelyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 10:06:30 MGT 2024