Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Waarvoor na Australië?
|
|
|
|
|
|
Re: Waarvoor na Australië? [boodskap #87885 is 'n antwoord op boodskap #87873] |
Wed, 03 December 2003 14:09  |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier in ons geweste is daar kenisse van ons wat besluit het dis nie meer die
moeite werd om aan te gaan in Namibië nie want alhoewel hulle 'n groot plaas
gehad het tussen Kalkrand en Mariental [Stofbakkies] het die praktiese
probleme in die nuwe Namibië vir hulle net te veel geword. Hulle was
maklik 80km van die nasste groot sentrum af waar die kinders moet skoolgaan,
in die wwek in die koshuis moet bly en elke naweek huistoe moet kom en
Sondae weer terug. Verder was die plaas teenaan die hoofpad en as die
skaap naby die pad kom in die nag, is die kanse goed dat daarvan gesteel
gaan word. Soveel so dat hulle sommige maande tot 100 skaap verloor het.
Dan is die plaas nog in die suide van die land en met beste tye baie droog,
maar van droogtehulp vir kommersiële boere vanaf die staat is daar g'n
sprake meer nie.
Toe kry hy 'n koper.......en hulle trek Australië toe. Volgens wat on
slaas gehoor het, bly hulle baie gelukkig daar in die platteland. Hy
bestuur 'n paar plase en sy gee onderwys. Blykbaar is misdaad daar waar
hulle bly nie 'n groot kwessie nie en hulle kinders kry 'n wonderlike
skoolopvoeding. Ja, hulle verlang terug na ou Suidwes en sê 'n kangaroo
sal nooit 'n springbok wees nie, maar hulle sê daar's g'n manier wat hulle
na die drama van die swart politiek van Afrika sal terugkeer nie. Waar hul
kinders in Nam weens hul blanke velle eintlik geen werklike toekoms het nie,
is Australië iets heel anders.
Laat mens wonder!!
"basjan" skryf in boodskap news:bqjffr$f2v$1@solaris.cc.vt.edu...
> Waarvoor sinnelose vrae vra?
>
> Dink...
>
> "Annette" wrote in message
> news:bq2ah9$anp$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Kry hierdie by iemand:
>>
>> http://www.nationmaster.com/graph-T/cri_car_the_cap
>>
>> Hiervolgens is Oz heel bo aan motordiefstal per kapita.
>> Ons is "slegs" 18de op die lys.
>> --
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:51:06 UTC 2025
|