Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kerstyd gaan nuwe lewe in groei inlei
Kerstyd gaan nuwe lewe in groei inlei [boodskap #87729] Sa, 29 November 2003 18:38 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
JOHANNESBURG FINAAL
SAKE Rapport
9 NOVEMBER 2003 BL. 1
Kerstyd gaan nuwe lewe in groei inlei
SA ekonomie pomp spiere
JOHANN VAN TONDER
Suid-Afrika se ekonomiese ster gaan aanstaande jaar beslis helderder
skitter as vanjaar.
Inteendeel, die verheldering het reeds begin met 'n goeie
Kersinkopietyd wat voorlê.

Kleinhandelafset en motorverkope het die jongste ruk skerp gestyg,
terwyl twee belangrike aanwysers van sakevertroue, die Suid-Afrikaanse
Besigheidskamer se sakevertroue-indeks en die Reuters Econometer,
albei rekordvlakke bereik het.

Ekonome verwag dat die ekonomie in die vierde kwartaal vanjaar beter
sal vertoon as in die derde kwartaal en dat die groeikoers vir
aanstaande jaar minstens 3% sal wees. Selfs sukkelende sektore soos
die vervaardiging- en mynboubedrywe kan aanstaande jaar met nuwe
lewenskrag tegemoet gaan.

Mnr. Johan Rossouw, hoofekonoom van Vector Sekuriteite, sê ekonomiese
groei in die vierde kwartaal kan sowat 2,3% wees, wat saam met die
verwagte 2% van die derde kwartaal, die groeikoers vir vanjaar op 1,7%
te staan sal bring.

'n Groep ekonome wat aan 'n peiling van Reuters deelgeneem het. het 'n
groeikoers van 2,01% vir vanjaar voorspel, maar Rossouw sê groei gaan
laer wees omdat nuwe voorraad nie op groot skaal vervaardig is nie.
Baie ou voorraad is opgebou en dit word nou verkoop. Vervaardiging van
nuwe voorraad sal aanstaande jaar in groter mate toeneem.

Groter vervaardiging sal beslis nodig wees, want aanstaande jaar se
groei sal soos vanjaar weer deur sterk verbruiksbesteding ondersteun
word. 'n Beter vertoning deur die uitvoersektor sal die groeikoers tot
3% opskuif.

Mnr. Jac Laubscher, hoofekonoom van Sanlam, stem saam. Tog sê hy dat
die bruto binnelandse besteding (BBB), waarvan verbruiksbesteding die
grootste deel uitmaak, nie aanstaande jaar so sterk sal groei soos
vanjaar nie. Die verwagte groeikoers in die BBB vir vanjaar is 3,7% en
vir aanstaande jaar 3,3%.

Verbruiksbesteding is vanjaar veral aangehelp deur die
belastingvermindering, 'n styging van sowat 9% in salarisse, laer
inflasie en rentekoerse wat 5% laer is as begin vanjaar.
Rossouw sê mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, gaan aanstaande
jaar nie naastenby soveel belastingvermindering soos vanjaar en
verlede jaar toestaan nie. Daarby sal salarisverhogings eerder sowat
7% wees, terwyl rentekoerse einde aanstaande jaar weer opwaarts kan
neig.

Tog behoort verbruikers vanweë laer rentekoerse meer krediet op te
neem en dit behoort by te dra tot steeds hoë besteding.

Laubscher sê uitvoerders behoort aanstaande saam fees te vier, want
die wêreldvraag behoort dan sterker te wees.

Daar was die jongste ruk verskeie aanwysers wat daarop dui dat die
wêreld se vernaamste ekonomieë besig is om te herstel.

Die Amerikaanse ekonomie het in die derde kwartaal vanjaar met sowat
7% gegroei.

Die rand behoort ook stelselmatig te verswak. Die rand het Donderdag
en Vrydag algaande swakker geneig en Vrydag vir die eerste keer in
twee weke weer R7,06 teenoor die dollar bereik, maar teen R6,96
gesluit.

Laubscher sê die rand is waarskynlik tussen 10% tot 15% oorwaardeer.
Indien die regstelling aanstaande jaar plaasvind en die rand verswak
met die verskil tussen die plaaslike en Amerikaanse inflasiekoers,
behoort die wisselkoers einde aanstaande jaar R8,25 vir 'n dollar te
wees.

Sou die regstelling vir die oorwaardasie egter nie aanstaande jaar
plaasvind nie, sal die rand sterker wees. Rossouw verwag 'n
wisselkoers van R8.
Re: Kerstyd gaan nuwe lewe in groei inlei [boodskap #87738 is 'n antwoord op boodskap #87729] So, 30 November 2003 03:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe[2]  is tans af-lyn  Joe[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:2ophsv84s3mc5l5pmf54qgeeci1km2d7c6@4ax.com...
> JOHANNESBURG FINAAL
> SAKE Rapport
> 9 NOVEMBER 2003 BL. 1

Enige spesifieke rede om n koerant berig van 9 November op 29 November hier
aan te haal?
On afwagting,
Joeboy
Re: Kerstyd gaan nuwe lewe in groei inlei [boodskap #87776 is 'n antwoord op boodskap #87738] So, 30 November 2003 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Joe" skryf in boodskap news:bqbnnt$iqs$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Paul de Dilbeek" wrote in message
> news:2ophsv84s3mc5l5pmf54qgeeci1km2d7c6@4ax.com...
>> JOHANNESBURG FINAAL
>> SAKE Rapport
>> 9 NOVEMBER 2003 BL. 1
>
> Enige spesifieke rede om n koerant berig van 9 November op 29 November hier
> aan te haal?
> On afwagting,
> Joeboy
>
> Ek vind dit goei nuus en miskien het elkeen dit nie gelees nie
Hooplik stoor dit jou nie
Re: Kerstyd gaan nuwe lewe in groei inlei [boodskap #87780 is 'n antwoord op boodskap #87776] Ma, 01 Desember 2003 04:52 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 30 Nov 2003 20:42:19 GMT, "Paul de Dilbeek"
wrote:

>
> "Joe" schreef in bericht
> news:bqbnnt$iqs$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Paul de Dilbeek" wrote in message
>> news:2ophsv84s3mc5l5pmf54qgeeci1km2d7c6@4ax.com...
>>> JOHANNESBURG FINAAL
>>> SAKE Rapport
>>> 9 NOVEMBER 2003 BL. 1

>> Enige spesifieke rede om n koerant berig van 9 November op 29 November
> hier
>> aan te haal?
>> On afwagting,
>> Joeboy

>> Ek vind dit goei nuus en miskien het elkeen dit nie gelees nie
> Hooplik stoor dit jou nie
>

Finasiële nuus wat drie weke oud is, is mos splinternuwe nuus.

DD
Vorige onderwerp: Re: No death penalty, says Zuma 13 Nov 2003
Volgende onderwerp: Stadig maar seker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 18:17:33 MGT 2024