Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Moeg vir misdaad"-veldtog
"Moeg vir misdaad"-veldtog [boodskap #87725] Sa, 29 November 2003 16:15 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Moeg vir misdaad"-veldtog
by Eleanor Lombard

"Genoeg is genoeg!" was die reaksie van me. Lynne Vince-Jillings nadat
haar twintigjarige seun, Ivanne, op 22 Junie in Edenvale gekaap en
doodgeskiet is. Sy het 'n veldtog begin om Suid-Afrikaners te verenig
in die stryd teen misdaad.

Sy het die inisiatief geneem om AL-IVE te stig wat 'n veldtog loods om
druk op die regering uit te oefen om die misdaadgolf in Suid-Afrika te
stuit. Die doel van AL-IVE is om die publiek te mobiliseer teen
misdaad. 'n Protesoptog word vir 30 November in Johannesburg beplan.

Vince-Jillings dring aan dat president Mbeki self daar teenwoordig
moet wees om 'n protesmemorandum te ontvang. As president Mbeki weier
om aandag te gee aan die kwessie wil sy hom dagvaar weens die moord op
haar kind, omdat die staat veronderstel is om sy burgers te beskerm.
"Ek wil die weermag in ons strate hê. Ek wil hê dat die stand van
misdaad as 'n noodtoestand gehanteer word. Uiteindelik moet iemand
verantwoordbaar wees", is Vince-Jillings se standpunt.
In 'n verrassende stap het die regering aangekondig dat hulle AL-IVE
se veldtog en optog steun. Tyd sal leer of dit slegs 'n slim taktiese
skuif van die ANC was en of hulle dit erns het met die saak.

Besoek gerus www.alive-in-sa.com vir meer inligting oor hierdie
verdienstelike veldtog.
Re: "Moeg vir misdaad"-veldtog [boodskap #87762 is 'n antwoord op boodskap #87725] So, 30 November 2003 14:17 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 29 Nov 2003 16:15:10 GMT, Paul de Dilbeek wrote:

> Besoek gerus www.alive-in-sa.com vir meer inligting oor hierdie
> verdienstelike veldtog.

... wie se optog in Jhb vandag heel OK afgeloop het. Tussen 1000 en
2000 wit upper class mense het opgedaag.
Ongelukkig het die DA dit teen die einde geskaak en so n politieke
kleur gegee wat gaan afbreek doen aan wat daarmee bereik kon word.
Vorige onderwerp: Re: Indian youth 'hacked to pieces' after inter-caste marriage
Volgende onderwerp: Vir Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 14:01:36 MGT 2024