Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Alles is nie so sleg nie!
Alles is nie so sleg nie! [boodskap #87675] Vr, 28 November 2003 08:21 na volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou net voor julle dink ek dink alles is sleg in Afrika, laat ek julle
vertel van 'n vriend wat pas teruggekeer het van Nigerië af waar hulle gaan
diepsee visvang het. Sy ondervinding was dat daar minder misdaad is, maar
dat alles daar donners duur is. 'n Bottel commen brandewyn kos R350 en 'n
bottel water R30 [750ml]. Die kraanwater kan jy eenvoudig nie drink nie
[dis nou as jy nie van spuitpoep hou nie]. Hy sê hul diens aan toeriste is
veel vriendeliker as die wat jy in Suider-Afrika kry en dat dit lyk asof die
Keniane besef dat toerisme vir hulle geld bring en 'n bron is om te beskerm.
En ons arme Namibiane? Ons koop geen water nie want ons water is
skoon. Die drankpryse vergelyk met die RSA s'n en in sekere gevalle
blykbaar nog goedkoper ook. Ons koop vleis tussen R15 en R22 per kilo en
die Duitse gebak en polonies het nie sy gelyke nie. Dan is daar nog die
oorvloed biltong ook...................
Re: Alles is nie so sleg nie! [boodskap #87688 is 'n antwoord op boodskap #87675] Vr, 28 November 2003 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 28 Nov 2003 10:21:56 +0200, "Suidwester"
wrote:

> Nou net voor julle dink ek dink alles is sleg in Afrika, laat ek julle
> vertel van 'n vriend wat pas teruggekeer het van Nigerië af waar hulle gaan
> diepsee visvang het. Sy ondervinding was dat daar minder misdaad is, maar
> dat alles daar donners duur is. 'n Bottel commen brandewyn kos R350 en 'n
> bottel water R30 [750ml]. Die kraanwater kan jy eenvoudig nie drink nie
> [dis nou as jy nie van spuitpoep hou nie]. Hy sê hul diens aan toeriste is
> veel vriendeliker as die wat jy in Suider-Afrika kry en dat dit lyk asof die
> Keniane besef dat toerisme vir hulle geld bring en 'n bron is om te beskerm.
> En ons arme Namibiane? Ons koop geen water nie want ons water is
> skoon. Die drankpryse vergelyk met die RSA s'n en in sekere gevalle
> blykbaar nog goedkoper ook. Ons koop vleis tussen R15 en R22 per kilo en
> die Duitse gebak en polonies het nie sy gelyke nie. Dan is daar nog die
> oorvloed biltong ook...................
>

Interessant!
Kan jy dalk nie 'n verblyf organiseer vir Europese toeriste in jou
mooie land nie, Suidwester? Jy sou baie meer geld verdien want die
vleis is hier in Europa minstens 5 x duurder!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Alles is nie so sleg nie! [boodskap #87692 is 'n antwoord op boodskap #87675] Vr, 28 November 2003 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote

teruggekeer het van Nigerië af
dit lyk asof die
> Keniane besef dat toerisme vir hulle geld bring

So van wanneer af bly daar Keniane in
Nigerië?

Tant Hessie van Mombasa
Re: Alles is nie so sleg nie! [boodskap #87696 is 'n antwoord op boodskap #87692] Vr, 28 November 2003 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
My lyne is gekruis, ek erken ou antie! Hulle was in Kenia.
"@rogers.com" wrote in message
news:itIxb.12414$ZmO.8500@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" wrote
>
> teruggekeer het van Nigerië af
> dit lyk asof die
>> Keniane besef dat toerisme vir hulle geld bring
>
> So van wanneer af bly daar Keniane in
> Nigerië?
>
> Tant Hessie van Mombasa
>
Re: Alles is nie so sleg nie! [boodskap #87698 is 'n antwoord op boodskap #87688] Vr, 28 November 2003 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As jy maar weet hoe stroom die Europeërs na ons land toe! Hier is mos
spasie, wilde diere, die woestyn, ens., ens. Ons see het nog vis in wat jy
kan vang van die kant af. Hier is ook nie 'n vertrapping van mense nie.
Ons hele grote land het maar 2 miljoen mense. 'n Mooi sêding om ons land
goed te beskryf, is die motto van een van die bekendste gidse: "Laat ek
vir u die onverwagte gaan wys in ons land van vele verassings".
Niks by ons kom maklik nie. Die plek is rof en onbeskof. Om die
mooiste plekke te kan sien, moet jy van die normale paaie af en dit beteken
grondpaaie so rof soos jy nog nooit gesien het nie. Plekke waar die
bobbejaan met 'n kierie moet loop, die klim ons met 'n 4x4 uit. Drink jy
'n Coke of 'n bier, dan kry jy donners warm en smaak dit wonderlik want jy's
regtig dors. As die son sak en jy het 'n vetrib op die vuur, dan smaak hy
spesiaal omdat jy regtig honger is en nie net eet omdat dit tyd vir vreet is
nie.
Ons mense is nie ryk in monetêre terme nie, maar in
lewenskwaliteit......ek wonder of daar nog so 'n plek is?

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:5vjesvgh4oefgsllo646pgbc5jblusgvg3@4ax.com...
> On Fri, 28 Nov 2003 10:21:56 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Nou net voor julle dink ek dink alles is sleg in Afrika, laat ek julle
>> vertel van 'n vriend wat pas teruggekeer het van Nigerië af waar hulle gaan
>> diepsee visvang het. Sy ondervinding was dat daar minder misdaad is, maar
>> dat alles daar donners duur is. 'n Bottel commen brandewyn kos R350 en 'n
>> bottel water R30 [750ml]. Die kraanwater kan jy eenvoudig nie drink nie
>> [dis nou as jy nie van spuitpoep hou nie]. Hy sê hul diens aan toeriste is
>> veel vriendeliker as die wat jy in Suider-Afrika kry en dat dit lyk asof die
>> Keniane besef dat toerisme vir hulle geld bring en 'n bron is om te beskerm.
>> En ons arme Namibiane? Ons koop geen water nie want ons water is
>> skoon. Die drankpryse vergelyk met die RSA s'n en in sekere gevalle
>> blykbaar nog goedkoper ook. Ons koop vleis tussen R15 en R22 per kilo en
>> die Duitse gebak en polonies het nie sy gelyke nie. Dan is daar nog die
>> oorvloed biltong ook...................
>>
>
> Interessant!
> Kan jy dalk nie 'n verblyf organiseer vir Europese toeriste in jou
> mooie land nie, Suidwester? Jy sou baie meer geld verdien want die
> vleis is hier in Europa minstens 5 x duurder!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Alles is nie so sleg nie! [boodskap #87702 is 'n antwoord op boodskap #87696] Vr, 28 November 2003 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote

> My lyne is gekruis, ek erken ou antie! Hulle was in Kenia.

Wêreld, Suidwester. Soveel onnoselheid. Ek was
van die begin af verdag op wat jy geskryf het, want
ek kon nie glo dat mense na Nigerië sou gaan vir sulke
soort ondernemings nie. Dis 'n gevaarlike plek. Ek sê nie
Kenia is nie 'n gevaarlike plek nie, maar my jongste suster
en sommige vriende het vanuit SA tot in Kenia met
voertuie gery. Ek het 'n foto waar sy op die ewenaar
staan. Een voet in die noordelike halfrond en een voet
in die suidelike halfrond.

Tant Hessie van Kilimanjaro
Re: Alles is nie so sleg nie! [boodskap #87715 is 'n antwoord op boodskap #87702] Sa, 29 November 2003 05:38 Na vorige boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja my antie, dat ek nou tot op jou vlak kon daal? Skokkend!
"@rogers.com" wrote in message
news:IpJxb.13006$ZmO.5646@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> Suidwester wrote
>
>> My lyne is gekruis, ek erken ou antie! Hulle was in Kenia.
>
> Wêreld, Suidwester. Soveel onnoselheid. Ek was
> van die begin af verdag op wat jy geskryf het, want
> ek kon nie glo dat mense na Nigerië sou gaan vir sulke
> soort ondernemings nie. Dis 'n gevaarlike plek. Ek sê nie
> Kenia is nie 'n gevaarlike plek nie, maar my jongste suster
> en sommige vriende het vanuit SA tot in Kenia met
> voertuie gery. Ek het 'n foto waar sy op die ewenaar
> staan. Een voet in die noordelike halfrond en een voet
> in die suidelike halfrond.
>
> Tant Hessie van Kilimanjaro
>
Vorige onderwerp: Re: Corruption is Rife in South Africa - September 2003
Volgende onderwerp: Droogtehulp en bedel.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:19:19 MGT 2024