Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Droogtehulp en bedel.....
Droogtehulp en bedel..... [boodskap #87554] |
Wed, 26 November 2003 09:56 |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goudina se 'idole' het hulle hierdiekeer self oortref! Namibië bevind
homself in 'n droogte en van die mense in kommunale gebiede trek swaar.
Toe besluit ons eerste minister Gurirab dat dit nou tyd vir die buiteland is
om weer hulle kant te bring en gaan soebat vir R127 miljoen se droogtehulp.
Sy uiteensetting vir sy versoek was dat R24m benodig word vir mense wat op
die randjie van hongersnood lê en R45m wat benodig word vir die
administratiewe funksie om die kos onder die mense te versprei!
Dis verstom mens om dit te lees, maar wat is nuut in Afrika? Die
blanke kommersiële boere het besluit om elkeen 'n bees te skenk [R3000 stuk]
en so het hulle gou oor die R1m bymekaargemaak vir droogtehulp aan
behoewende mense. Nog wag ons vir 'n enkel skenking van enige van die
swart 'bemangtiges' in ons land om 'n skenking te maak. Sam Nujoma het 7
plase homself. Net so het Swapo lede aan hulleself viskonsessies en
mynregte toegeken en maak vir hulleself miljoene. Die parlementslede se
salarisse is buitensporig hoog in vergelyking met ons land se lae
inwonerstalle. Die staatsdiens het verviergroot onder Swapo beheer. Mens
sou dink dat die regeringsamptenare darem 'n poging sou aanwend om aan te
bied om die droogtehulp se kos te versprei aan die behoeftige mense?
Hoekom moet hulle betaal word daarvoor? Is dit dan nie hul broeders in die
stryd wat ly nie? Dís nou Gloudina se Utopia!
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Droogtehulp en bedel..... [boodskap #87628 is 'n antwoord op boodskap #87622] |
Thu, 27 November 2003 12:46 |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Soos jy tereg sê, miskien verstaan jy die Namibiese situasie nie so lekker
nie. Jy kan nie Europa en Afrika met mekaar vergelyk nie. In Nam is
daar verklaarde kommunale gebiede vir elk van die swart bevolkings. Dit is
gebiede waarin stamlede 'n stukkie grond verniet kan kry en waarop hy kan
'boer'. Almal daar deel dieslefde grond en dit mag nie afgekamp word nie.
So, elke groepie bou sy blyplek êrens onder 'n boom en leef so saam met die
gemeenskap. Elkeen met sy diere, ens.
Voor ons egter verder gaan, moet ek jou vertel dat Nam eintlik 80%
woestyn en semi-woestyn is. Dit beteken dat jy oor die gemiddeld 5 tot 8
hektaar per bees nodig het sonder om die veld uit te trap. Dit beteken dat
as jy 'n stuk grond wil hê waarop jy sinvol kan boer en vooruitgang maak,
dan het jy ongeveer 5 000hektaar nodig vir 'n kombinasie van sê so 150 bees
en so 1000 skaap. Sekerlik kan jy in goeie jare meer diere aanhou, maar
ons praat van oor die gemiddelde.
As hierdie boer van ons op die langtermyn sy veld in stand wil hou, dan
is sy een oog gedurig op die weer gerig. Begin 'n droogte dreig, dan begin
hy sy diere minder maak om sodoende in staat te wees om sy oorblywende diere
deur die droogte aan die lewe te hou en tweedens, meer belangrik nog, sy
veld te beskerm sodat as dit weer die dag reën, dat die veld weer kan
herstel.
Nou, in die kommunale gebiede en die plase wat nou opgekoop en
herverdeel word na 1000 hektaar eenhede, kan die mense net 'n
bestaansekonomie leef want eerstens is die grond te klein vir 'n sinvolle
bestaan en tweedens, word die aarde oorbewei tot op 'n punt waar daar nie 'n
manier is dat dit ooit weer sal kan herstel nie. Eenvoudig te veel diere
word aangehou en eerder as om van sy eie diere te eet, sal elke wilde dier
in die omgewing doodgemaak en verormber word. Kom droogte, dan sal hulle
tot die dooie dood steeds nie hul diere verminder nie en verwag hulle van
die staat en die res van die wêreld om vir hulle uitkoms te bring.
In skrille kontras is die kommersiële boere. Hulle moes hul grond koop
en is verantwoordelik om self waterinstellings in te rig vir mens en dier
asook die onderhoud daarvan. Hulle kry geen stukkie hulp van die staat nie
en nou, met die droogte en die internasionale gevraagde hulp, kry hulle ook
geen sent hulp nie! Van hulle word verwag om verantwoordelik te boer!
Dis waarom die droogtehulp uit die buiteland van ons mense net nog
groter bedelaars maak. Die feit dat die regering en sy amptenare die hulp
uit die buiteland sien as 'n ideale geleentheid om lekker privaatgeld te
maak is ook waar. Darem illustreer dit duidelik waarom die 'grond vir die
grondloses van Afrika' 'n ekonomiese ramp vir enige land is......
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:2lgbsv8aqrkeaghba1uho9s4832cl4fog0@4ax.com...
> On Thu, 27 Nov 2003 10:47:17 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Dis seker maar die werklikheid? Dis net ongelooflik dat daar mense in
>> ander lande gaan wees wat daarvoor val....of is daar bymotiewe? In Afrika
>> werk dit mos net een rigting.....die wêreld skuld die swart mense hulle
>> bestaan en betaal sal hulle moet betaal. Hier bo in die noorde van ons
>> land bereik nie baie van die kos wat geskenk is die hongeres nie. Die
>> amptenare dryf lekker handel daarmee!
>
> Die ondervinding leer dat as 'n mens behoeftiges wil help hy dan
> dikwels ondankbaarheid en misprysing ondervind van dieselfde
> behoeftiges. Gee 'n hongerige mens kos en die volgende dag het hy
> alweer honger en hy aansien 'n aalmoes rêrig as skandelik. Maar gee
> hom geld en dan gaan alle deure vir jou oop. Ons het dit hier in
> Europa al baie kere ondervind. Toe in die jare '90 honger in Rusland
> was het Europa vleis na Moskou toe gestuur. Die Russe het daardie
> vleis geweier, sogenaamd omdat in Europa 'dolle-koei-siekte' was. (In
> België het daar miskien almal tesaam oor al die jare hoogstens 50
> koeie gewees wat ooit die siekte gehad het). Daardie Russe het nog
> baie liewer verrek deur honger. Maar gaan Rusland toe met kontrakte
> waarby hulle geld kan verdien en dan is jy daar steeds welkom.
> Ook het in Europa baie lande hulle politiek ten opsigte van die
> asielsoekers aangepas. Vroeër moes in België 'n asielsoeker 'n
> volwaardige mininuminkome kry en daardie steun het uitbetaal gewees in
> geld. Nou doen hulle dit nie meer nie: nou moet hulle almal in 'n
> asielsentrum en hulle kry nog kos, klere en spulletjies vir
> persoonlike onderhoud maar geen geld nie meer nie! Net daardoor het
> die aantal asielsoekers uit die voormalige Oosblok en elders in België
> reeds drasties benede toe gegaan. Dus het die mense slegs hier gewees
> vir geld en nie vir asiel nie want dit duur tog steeds enige maande of
> jare voordat hulle dossier positief of negatief beoordeel word.
> Ek sou nog nie direk sê die Namibiese amptenare wat handel drywe met
> die kos wat vir hongeriges bestem is is korrupt nie. Ek ken uiteraard
> die situasie van Namibië nie maar 'n mens moet hierin eers nagaan of
> die amptenare wel deeglik hulle werk kan doen. Jy sou miskien nog
> wonder hoe goed hulle weet hoe sinloos hulle bystand eintlik wel is.
> Hulle weet miskien beter as jy dat bystand en hulp 'n klug is en
> sodoende verkoop hulle maar die goedere self en hulle is agteraf
> miskien selfs tevrede dat hulle daarvan verlos is. Want dit wonder my
> telkens en telkens weer hoekom daardie sogenaamde 'misbruike' word so
> goed getolereer in party lande.
> Hulpverlening het baie aspekte. Waarom laat 'n land soos India sy
> bevolking krepeer en maak daardie land tegelykertyd atoombomme en
> vuurpyle? En niettemin gee hulle Moeder Theresa 'n staatsbegrafnis! Ek
> sê maar net: 'n mens moet eers Indiër wees om te verstaan hoe dit
> almal moontlik is.
>
> Groete,
>
> Norbert
|
|
|
Re: Droogtehulp en bedel..... [boodskap #87647 is 'n antwoord op boodskap #87628] |
Thu, 27 November 2003 19:51 |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 27 Nov 2003 14:46:27 +0200, "Suidwester"
wrote:
> Soos jy tereg sê, miskien verstaan jy die Namibiese situasie nie so lekker
> nie. Jy kan nie Europa en Afrika met mekaar vergelyk nie. In Nam is
> daar verklaarde kommunale gebiede vir elk van die swart bevolkings. Dit is
> gebiede waarin stamlede 'n stukkie grond verniet kan kry en waarop hy kan
> 'boer'. Almal daar deel dieslefde grond en dit mag nie afgekamp word nie.
> So, elke groepie bou sy blyplek êrens onder 'n boom en leef so saam met die
> gemeenskap. Elkeen met sy diere, ens.
> Voor ons egter verder gaan, moet ek jou vertel dat Nam eintlik 80%
> woestyn en semi-woestyn is. Dit beteken dat jy oor die gemiddeld 5 tot 8
> hektaar per bees nodig het sonder om die veld uit te trap. Dit beteken dat
> as jy 'n stuk grond wil hê waarop jy sinvol kan boer en vooruitgang maak,
> dan het jy ongeveer 5 000hektaar nodig vir 'n kombinasie van sê so 150 bees
> en so 1000 skaap. Sekerlik kan jy in goeie jare meer diere aanhou, maar
> ons praat van oor die gemiddelde.
> As hierdie boer van ons op die langtermyn sy veld in stand wil hou, dan
> is sy een oog gedurig op die weer gerig. Begin 'n droogte dreig, dan begin
> hy sy diere minder maak om sodoende in staat te wees om sy oorblywende diere
> deur die droogte aan die lewe te hou en tweedens, meer belangrik nog, sy
> veld te beskerm sodat as dit weer die dag reën, dat die veld weer kan
> herstel.
> Nou, in die kommunale gebiede en die plase wat nou opgekoop en
> herverdeel word na 1000 hektaar eenhede, kan die mense net 'n
> bestaansekonomie leef want eerstens is die grond te klein vir 'n sinvolle
> bestaan en tweedens, word die aarde oorbewei tot op 'n punt waar daar nie 'n
> manier is dat dit ooit weer sal kan herstel nie. Eenvoudig te veel diere
> word aangehou en eerder as om van sy eie diere te eet, sal elke wilde dier
> in die omgewing doodgemaak en verormber word. Kom droogte, dan sal hulle
> tot die dooie dood steeds nie hul diere verminder nie en verwag hulle van
> die staat en die res van die wêreld om vir hulle uitkoms te bring.
> In skrille kontras is die kommersiële boere. Hulle moes hul grond koop
> en is verantwoordelik om self waterinstellings in te rig vir mens en dier
> asook die onderhoud daarvan. Hulle kry geen stukkie hulp van die staat nie
> en nou, met die droogte en die internasionale gevraagde hulp, kry hulle ook
> geen sent hulp nie! Van hulle word verwag om verantwoordelik te boer!
> Dis waarom die droogtehulp uit die buiteland van ons mense net nog
> groter bedelaars maak. Die feit dat die regering en sy amptenare die hulp
> uit die buiteland sien as 'n ideale geleentheid om lekker privaatgeld te
> maak is ook waar. Darem illustreer dit duidelik waarom die 'grond vir die
> grondloses van Afrika' 'n ekonomiese ramp vir enige land is......
Ja-ja, ek verstaan jou heeltemal, Suidwester! Dankie vir jou
kommentare! Dis natuurlik 'n gans andere situasie in Namibië as hier
by ons in Europa. Maar nogmaals sien 'n mens hoe hulp en bystand
aweregse effekte kan hê.
Ek dink tog dat die hulp wat nou nog kom van die Verenigde State en
van Europa in die toekoms geleidelik ongunstiger gekritiseer sal word
want daardie toestande wat jy omskryf is in Europa wel bekend! Want
sulke situasies kan almal nie bly voortduur nie. Die tyd sal inderdaad
kom dat die sake weerom gesond sal gemaak word.
Norbert
|
|
|
|
|
Re: Droogtehulp en bedel..... [boodskap #87665 is 'n antwoord op boodskap #87647] |
Fri, 28 November 2003 06:00 |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Seker, maar ek dink jy moet ook dink daaraan dat dit feitelik onmoontlik is
om in Nam op 'n klein stukkie grond suksesvol te boer. Selfs voor hierdie
sogenaamde dryf van die 'grondloses' mode geword het na Mugabe se gemors,
was die landbousektor baie bekommerd oor die plase leegloop van jongmense en
eenvoudig net vir die rede dat dit hare op die tande vat om suksesvol te
boer in ons land. Die ding werk gewoonlik so dat die ouers op
aftreeouderdom kom en dat een van die kinders dan die plaas moet oorvat.
Teen huidige plaaspryse begin die jong boer dan met 'n leningskuld van by 'n
miljoen rand wat hy moet terugbetaal, plus diere, plus infrastruktuur. Dis
veel makliker om vir jou werk te gaan soek op die dorp of in die stad en 'n
salaris te verdien. Die mense spot mos en vra hoe maak jy 'n klein
fortuintjie uit boerdery? Begin met 'n grote!
In elk geval, die grondhervormingsplan sit mense op klein stukkies grond
waarop hulle van die begin af geen hoop op sinvolle bestaan het nie. Kom
droogte, dan VERWAG hulle van die internasionale gemeenskap om hulle aan die
lewe te hou. Die punt van my storie is, is dat as jy wil boer in Namibië
dan moet jy eerstens leer om om te oorlewe in alle omstandighede sonder om
te bedel voor jy enige kans op sukses het.
O, en verder natuurlik dat daar duisende staatsamptenare onnodig in die
staatsdiens sit en niks doen nie, wat, as hulle enige deernis kon openbaar,
met liefde die kos sou versprei onder die behoewende mense. Maar dis
Afrika! Dit werk nie so nie! Net vir interessantgeid, gister was hier 'n
oud-polisieoffisier hier by my. Voor onafhanklikheid was daar 850
polisiemanne in Namibië. Nou is daar oor die 12 000! Die Namibiese
weermag is oor die 65% op permanente AWOL......kom net einde van die maand
basis toe om tou te staan vir salaris. Daar is soldate wat vaste werke op
die dorp het en tog ook nog salaris van die army af kry! Lekka-lekka!
Ons is Gloudina se kinders!
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:ikjcsv49oe2trd9ur46ja3a68kajqs022e@4ax.com...
> On Thu, 27 Nov 2003 14:46:27 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>>> Ja-ja, ek verstaan jou heeltemal, Suidwester! Dankie vir jou
> kommentare! Dis natuurlik 'n gans andere situasie in Namibië as hier
> by ons in Europa. Maar nogmaals sien 'n mens hoe hulp en bystand
> aweregse effekte kan hê.
> Ek dink tog dat die hulp wat nou nog kom van die Verenigde State en
> van Europa in die toekoms geleidelik ongunstiger gekritiseer sal word
> want daardie toestande wat jy omskryf is in Europa wel bekend! Want
> sulke situasies kan almal nie bly voortduur nie. Die tyd sal inderdaad
> kom dat die sake weerom gesond sal gemaak word.
>
> Norbert
|
|
|
Re: Droogtehulp en bedel..... [boodskap #87686 is 'n antwoord op boodskap #87665] |
Fri, 28 November 2003 13:09 |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 28 Nov 2003 08:00:23 +0200, "Suidwester"
wrote:
> Seker, maar ek dink jy moet ook dink daaraan dat dit feitelik onmoontlik is
> om in Nam op 'n klein stukkie grond suksesvol te boer. Selfs voor hierdie
> sogenaamde dryf van die 'grondloses' mode geword het na Mugabe se gemors,
> was die landbousektor baie bekommerd oor die plase leegloop van jongmense en
> eenvoudig net vir die rede dat dit hare op die tande vat om suksesvol te
> boer in ons land. Die ding werk gewoonlik so dat die ouers op
> aftreeouderdom kom en dat een van die kinders dan die plaas moet oorvat.
> Teen huidige plaaspryse begin die jong boer dan met 'n leningskuld van by 'n
> miljoen rand wat hy moet terugbetaal, plus diere, plus infrastruktuur. Dis
> veel makliker om vir jou werk te gaan soek op die dorp of in die stad en 'n
> salaris te verdien. Die mense spot mos en vra hoe maak jy 'n klein
> fortuintjie uit boerdery? Begin met 'n grote!
> In elk geval, die grondhervormingsplan sit mense op klein stukkies grond
> waarop hulle van die begin af geen hoop op sinvolle bestaan het nie. Kom
> droogte, dan VERWAG hulle van die internasionale gemeenskap om hulle aan die
> lewe te hou. Die punt van my storie is, is dat as jy wil boer in Namibië
> dan moet jy eerstens leer om om te oorlewe in alle omstandighede sonder om
> te bedel voor jy enige kans op sukses het.
> O, en verder natuurlik dat daar duisende staatsamptenare onnodig in die
> staatsdiens sit en niks doen nie, wat, as hulle enige deernis kon openbaar,
> met liefde die kos sou versprei onder die behoewende mense. Maar dis
> Afrika! Dit werk nie so nie! Net vir interessantgeid, gister was hier 'n
> oud-polisieoffisier hier by my. Voor onafhanklikheid was daar 850
> polisiemanne in Namibië. Nou is daar oor die 12 000! Die Namibiese
> weermag is oor die 65% op permanente AWOL......kom net einde van die maand
> basis toe om tou te staan vir salaris. Daar is soldate wat vaste werke op
> die dorp het en tog ook nog salaris van die army af kry! Lekka-lekka!
> Ons is Gloudina se kinders!
Ek herken die situasie van Namibië baie goed! Wat hier gebeur is
tipies vir 'n postsosialistiese of postkommunistiese maatskappy. Ek
sou - as ek jou was- my spaargeld, as dit moontlik is, maar in
dollars, euros of Japanse yens belê. Korrupsie of staatsprofitariaat
delf altyd se eie graf!
Norbert
|
|
|
Re: Droogtehulp en bedel..... [boodskap #87701 is 'n antwoord op boodskap #87686] |
Fri, 28 November 2003 14:54 |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy is reg, net jammer meeste geld is in besighede en grond 'belê'. Ek is
maar 'n Suidwester in murg en been en ons en die swartes sal mekaar seker
die een of ander tyd moet moer om te sien wie's nou eintlik baas!
[Grappie]. Dis net verskriklik om te sien hoe 'n wonderlike land stadig
maar seker in sy moer in te sien gaan deur 'n klomp politieke onbeholpes wat
dink hulle weet iets, maar eintlik weet hulle niks.
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:t1hesv0179doleke6f5o6hs6be86ni8u0h@4ax.com...
> On Fri, 28 Nov 2003 08:00:23 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Seker, maar ek dink jy moet ook dink daaraan dat dit feitelik onmoontlik is
>> om in Nam op 'n klein stukkie grond suksesvol te boer. Selfs voor hierdie
>> sogenaamde dryf van die 'grondloses' mode geword het na Mugabe se gemors,
>> was die landbousektor baie bekommerd oor die plase leegloop van jongmense en
>> eenvoudig net vir die rede dat dit hare op die tande vat om suksesvol te
>> boer in ons land. Die ding werk gewoonlik so dat die ouers op
>> aftreeouderdom kom en dat een van die kinders dan die plaas moet oorvat.
>> Teen huidige plaaspryse begin die jong boer dan met 'n leningskuld van by 'n
>> miljoen rand wat hy moet terugbetaal, plus diere, plus infrastruktuur. Dis
>> veel makliker om vir jou werk te gaan soek op die dorp of in die stad en 'n
>> salaris te verdien. Die mense spot mos en vra hoe maak jy 'n klein
>> fortuintjie uit boerdery? Begin met 'n grote!
>> In elk geval, die grondhervormingsplan sit mense op klein stukkies grond
>> waarop hulle van die begin af geen hoop op sinvolle bestaan het nie. Kom
>> droogte, dan VERWAG hulle van die internasionale gemeenskap om hulle aan die
>> lewe te hou. Die punt van my storie is, is dat as jy wil boer in Namibië
>> dan moet jy eerstens leer om om te oorlewe in alle omstandighede sonder om
>> te bedel voor jy enige kans op sukses het.
>> O, en verder natuurlik dat daar duisende staatsamptenare onnodig in die
>> staatsdiens sit en niks doen nie, wat, as hulle enige deernis kon openbaar,
>> met liefde die kos sou versprei onder die behoewende mense. Maar dis
>> Afrika! Dit werk nie so nie! Net vir interessantgeid, gister was hier 'n
>> oud-polisieoffisier hier by my. Voor onafhanklikheid was daar 850
>> polisiemanne in Namibië. Nou is daar oor die 12 000! Die Namibiese
>> weermag is oor die 65% op permanente AWOL......kom net einde van die maand
>> basis toe om tou te staan vir salaris. Daar is soldate wat vaste werke op
>> die dorp het en tog ook nog salaris van die army af kry! Lekka-lekka!
>> Ons is Gloudina se kinders!
>
>
> Ek herken die situasie van Namibië baie goed! Wat hier gebeur is
> tipies vir 'n postsosialistiese of postkommunistiese maatskappy. Ek
> sou - as ek jou was- my spaargeld, as dit moontlik is, maar in
> dollars, euros of Japanse yens belê. Korrupsie of staatsprofitariaat
> delf altyd se eie graf!
>
> Norbert
|
|
|
|
Re: Droogtehulp en bedel..... [boodskap #87718 is 'n antwoord op boodskap #87706] |
Sat, 29 November 2003 05:58 |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja vriend, as mens al die politieke gemors eenkant toe skuif en met logika
na die hele storie kyk, dan sal jy besef dat ons gewone mense nie vreeslike
ideale of behoeftes het nie, behalwe om 'n werk te hê waardeur jy 'n geldjie
kan maak sodat jy vir jou 'n dak oor die kop kan kry nie, elke dag iets te
ete het en vir jou kinders 'n ordentlike opvoeding te kan gee. As lojale
burger is jy heel bereid om belasting te betaal en verwag in ruil daarvoor
'n land wat goed geadministreer word.....dinge soos die basiese behoeftes
van die mense moet voor voorsien word...skoon water, riolering, goeie paaie,
goeie publieke vervoer, goeie telefone en kommunikasie, ens.
Onder die SA se regering in Namibië was dit alles daar. Tot wit mense
wat plase ontwikkel het in onherbergsame gebiede, se plase is onteien en
toegeken aan swart mense sodat hulle 'n begin in boerdery kan maak.
Namibië het een van die beste paaiestrukture in Afrika, ons kommunikeer
hoofsaaklik al op 'optic fibre' en ons water is so dat jy enige plek in die
land uit 'n kraan kan drink. Maar, dit is stadig maar seker besig om in sy
moer in te gaan! Die politici [het jy al gedink hoekom word mense
politici? In my ondervinding is dit meestal mense wat 'n boggerop in sy eie
beroep is, wat politiek toe gaan. Weet jy van enige werklike suksesvolle
sakeman wat sy tyd met 'n gehanna-hanna in die parlemnt sal gaan mors?] is
meestal onbevoeg en as die hoof van 'n departement onbevoeg is, dan vrek die
ding stadig van sy kop af.
Die kern van my storie is: Hier sit ons met 'n wonderlike land wat
weens die huidige omstandighede swak en onbevoeg bestuur word en daar is
absoluut niks wat daaraan gedoen kan word nie. Die algemene swart
amptenare sal nie vir 'n oomblik omgee om van hul meer ervare blanke broers
weer terug by die werk te kry om hulle te help nie, MAAR die kak van die
lewe [die politici] sal dit nie toelaat nie want hulle het verkiesings om te
wen. Sowat van jouself in die gat bykom kan jy net in Afrika kry.......en
Gloudina en haar soort hoonlag van lekkerkry!! Dis die ideaal waarvoor
hulle so hard gewerk het............
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:b12fsvoq503339ii9a5ps7todeq46jlucm@4ax.com...
> On Fri, 28 Nov 2003 16:54:50 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Jy is reg, net jammer meeste geld is in besighede en grond 'belê'. Ek is
>> maar 'n Suidwester in murg en been en ons en die swartes sal mekaar seker
>> die een of ander tyd moet moer om te sien wie's nou eintlik baas!
>> [Grappie]. Dis net verskriklik om te sien hoe 'n wonderlike land stadig
>> maar seker in sy moer in te sien gaan deur 'n klomp politieke onbeholpes wat
>> dink hulle weet iets, maar eintlik weet hulle niks.
>
> Ek dink jy sê reguit wat die meeste mense van hierdie nuusgroep in
> hulle hart dink. Dis jammer want die ganse wêreld het 'n ander beeld
> vir die oë gesien.
>
> Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Thu Jan 23 02:24:38 UTC 2025
|