Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING
" Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87494] |
Di., 25 November 2003 03:22  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling
By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.
Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.
Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.
Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING [boodskap #87660 is 'n antwoord op boodskap #87657] |
Vr., 28 November 2003 04:19  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jonas wrote
> Oor Ferdi se resitasies sal ek nie weer 'n woord rep nie - maar ek daag jou
> om so 'n bietjie stylkritiek mbt sy beste resitasies op die ng te plaas
Ek het dit al vantevore gedoen.
Ek plaas weer sy villanelle "Ou Foto."
Dit is, sover dit my aangaan, naas Tom
Gouws se "Villanelle vir die Oos-Vrystaat"
die beste villanelle wat ek nog in
Afrikaans gelees het.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 12 22:37:28 UTC 2025
|