Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug
Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug [boodskap #87587] Wo, 26 November 2003 19:12 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
21 November 2003
Regter erken plaasmoorde is nie roof
Deur Jakkie Basson

ROOF was nie die rede vir die plaasmoord op die 81-jarige mnr Piet
Hattingh van Roedtan in Noord-Transvaal nie. Regter JMC Smit het in
sy uitspraak dit ondubbelsinnig gestel dat daar ander motiewe agter
die moord skuil. Hy het dit benadruk dat verslae wat aandui dat
diefstal die motief vir plaasmoorde is, nie in hierdie geval van
toepassing is nie.

Regter Smit het die drie booswigte tot lewenslange tronkstraf
gevonnis. In sy uitspraak het die regter 'n aantal opmerkings gemaak
wat dit duidelik aan die lig bring dat hy nie met die bevindinge van
talle kommissies van ondersoek na die oorsake van plaasmoorde
saamstem dat dit net met roof en diefstal te doen het nie.

Dit baseer hy op die wreedaardige wyse waarop die drie moordenaars
mnr Hattingh op 15 Januarie aangerand en vermink het. Hy is dae na
die aanval op hom in die hospitaal oorlede as gevolg van die erns van
die beserings wat hy opgedoen het. As hul motief slegs diefstal was,
wou regter Smit weet waarom hulle mnr Hattingh nie net in 'n kamer
toegesluit het nie. Of, as dit nie moontlik was nie, waarom het
hulle hom nie net vasgebind, gevat wat hulle wou hê, en verkas nie.
Dit was ook vir hom baie duidelik dat hulle geen berou oor hul
wreedaardige daad gehad het nie.

Regter Smit het net so 'n striemende aanval op "lewenslange
tronkstraf" geloods wat plaasmoordenaars opgelê word. Hy het dit
jammer gevind dat hy die drie booswigte nie permanent uit die
samelewing kon verwyder nie. Lewenslange tronkstraf beteken dat
hulle 'n vonnis van 25 jaar kry, maar dat hulle reeds na 20 jaar op
parool vrygelaat kan word. Dit is vir hom onaanvaarbaar.

Benewens lewenslange tronkstraf het regter Smit die drie moordenaars
ook elk tot 15 jaar tronkstraf vir huisbraak gevonnis, asook 15 jaar
vir roof met verswarende omstandighede, 8 jaar vir die besit van
onwettige ongelisensieerde vuurwapens en 3 jaar vir die onwettige
besit van ammunisie. Hy het geen ander keuse as om te bepaal dat al
hierdie vonnisse gelyktydig uitgedien moet word nie, aangesien die
wet dit so voorskryf. Die gevolg is dat hulle waarskynlik nie meer
as 20 jaar agter tralies sal deurbring nie.

Die addisionele 41 jaar tronkstraf wat hy hulle opgelê het, sal dus
geen uitwerking op die tydperk hê wat hulle in die tronk sal moet
deurbring nie.

Regter Smit het die vinger op 'n teer punt gelê toe hy ondubbelsinnig
in sy uitspraak te kenne gee dat hy nie saamstem met regerings- en
ander verslae wat aandui dat roof en diefstal die belangrikste
beweegrede vir plaasmoorde is nie. Veral die feit dat hy die
wreedaardige wyse waarop die moord gepleeg is as rede daarvoor
aanvoer, is van groot belang. Inderdaad behoort dit die ANC-regime
te dwing om weer na die rede vir plaasmoorde ondersoek in te stel, en
dié slag tot die ware motief daaragter deur te dring. Die laaste
verslag van kommissaris Charl du Plessis het wel die gaping gelaat
dat sommige, en wel 'n geringe aantal plaasmoorde, wel ander motiewe
as roof mag hê. Daardeur het hy egter slegs gepoog om die argument
te ontduik dat alle plaasmoorde nie finansiële oorwegings gehad het
nie.

As regter Smit se bevinding, naamlik dat die wreedaardigheid van die
aanvalle op ander motiewe dui, gegrond is, beteken dit dat die
oorgrote meerderheid plaasmoorde onder hierdie kategorie sal val,
naamlik dat die skep van terreur deur die wreedheid van die moorde,
dui op definitiewe politieke motiewe.

Alhoewel regter Smit glad nie oorweging geskenk het aan wat werklik
agter die moorde gesit het nie, en slegs vermeld het dat dit nie oor
roof en diefstal gaan nie, het hy die deur geopen dat daar
indringender na die hele probleem van waarom plaasaanvalle en
plaasmoorde plaasvind, gekyk moet word.
Re: Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug [boodskap #87598 is 'n antwoord op boodskap #87587] Wo, 26 November 2003 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter wrote

HNP koerantberug

Een week in Putsonderwater vir die eerste
een wat vir ons vertel wat verkeerd is in dié
stelling. Twee weke in Onseepkans vir die
tweede een wat opkom met die regte
antwoord. Die derde een kan drie weke
by Boegoeberg se dam kry.

Tant Hessie, wat op haar
kleinsdae baie in Boegoe-
berg gekuier het. Ek kan
egter nie onthou of ek ooit
die dam gesien het nie.
Re: Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug [boodskap #87632 is 'n antwoord op boodskap #87598] Do, 27 November 2003 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Nov 2003 22:30:54 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Frikkie Potgieter wrote
>
> HNP koerantberug
>
> Een week in Putsonderwater vir die eerste
> een wat vir ons vertel wat verkeerd is in dié
> stelling.

Ek sien niks verkeerd nie!
Re: Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug [boodskap #87648 is 'n antwoord op boodskap #87632] Do, 27 November 2003 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote

>> HNP koerantberug
>>
>> Een week in Putsonderwater vir die eerste
>> een wat vir ons vertel wat verkeerd is in dié
>> stelling.
>
> Ek sien niks verkeerd nie!

Die Beeld mag 'n berugte koerant wees,
veral vir Frikkie, maar ek hoop die berigte
daarin is betrouenswaardig. Vier weke in
Riviersonderend vir jou.

Tant Hessie van Koekenaap
Re: Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug [boodskap #87700 is 'n antwoord op boodskap #87648] Vr, 28 November 2003 14:50 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 Nov 2003 20:31:49 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ferdi Greyling wrote
>
>>> HNP koerantberug
>>>
>>> Een week in Putsonderwater vir die eerste
>>> een wat vir ons vertel wat verkeerd is in dié
>>> stelling.

>> Ek sien niks verkeerd nie!
>
> Die Beeld mag 'n berugte koerant wees,
> veral vir Frikkie, maar ek hoop die berigte
> daarin is betrouenswaardig. Vier weke in
> Riviersonderend vir jou.
>
> Tant Hessie van Koekenaap

So what's the issue? Die HNP-koerant is actually berug.
Op n tyd was hy darem snaaks ook.
Vorige onderwerp: Gru-moord op jong meisie
Volgende onderwerp: London
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 15:22:07 MGT 2024