Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doem Profeet Frikkie
Doem Profeet Frikkie [boodskap #87551] Wo, 26 November 2003 07:52 na volgende boodskap
Jan VarkBoer  is tans af-lyn  Jan VarkBoer
Boodskappe: 22
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Wat haak met al die negatiewe publisiteit oor SA daar moet tog positiewe
dinge wees as jy alles so wil uitkryt wat hier gebeur Frikkie dan is hier 'n
50c in die blikkie vir jou air ticket uit SA. Jinne man daar is baie goeie
dinge oor ons land! Ek glo in ander lande gebeur dieselfde maar hulle
burgers maak nie hul eie land so swak nie.

Jan van Kakkamas doer by Akkedisbult
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87553 is 'n antwoord op boodskap #87551] Wo, 26 November 2003 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy weet Jan, daar's eintlik baie belangriker dinge waaroor mens jou kan bekommer as om oor die land en die sprinkane wat die land afvreet te tob.
Ek kyk nou die dag 'n dokumentêr oor die heelal. Die wetenskaplikes reken dat yslike asteroïdes die aarde kan tref soos een wat Jupiter in 1994 getref het. Dit kan die menslike beskawing maklik uitwis. In Arizona is blykbaar 'n groot gat wat miljoene jare terug deur so 'n asteroïde gemaak is. Hierdie moontlikheid kan nie uitgesluit word nie, as mens kyk hoe oud die wêreld is en hoe jonk die mensdom is nie. Die aarde is miljoene jare oud en die mensdom maar 'n paar duisend jaar. Hoe is die dinosaurisse uitgewis? Die wetenskaplikes reken deur 'n asteroïde wat die aarde getref het.

Ja goed. Ek kan niks staaf wat ek sê nie - maar dit laat mens diep dink. Ons is maar eintlik 'n klomp slim diere hier op aarde bly. Party is net bietjie meer onder-ontwikkeld as ander - veral die wat in sekere dele van die Noordelike halfrond bly. (Kanada spesifiek)

Spencer


"Jan VarkBoer" skryf in boodskap news:3fc45b90$0$64728@hades.is.co.za...
> Wat haak met al die negatiewe publisiteit oor SA daar moet tog positiewe
> dinge wees as jy alles so wil uitkryt wat hier gebeur Frikkie dan is hier 'n
> 50c in die blikkie vir jou air ticket uit SA. Jinne man daar is baie goeie
> dinge oor ons land! Ek glo in ander lande gebeur dieselfde maar hulle
> burgers maak nie hul eie land so swak nie.
>
> Jan van Kakkamas doer by Akkedisbult
>
>
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87558 is 'n antwoord op boodskap #87553] Wo, 26 November 2003 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan VarkBoer  is tans af-lyn  Jan VarkBoer
Boodskappe: 22
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Jy is reg Spencer daar is baie meer dinge belangriker dinge as om heeltyd negatiewe nuus artikels oor ons land te versprei...om eerlik te wees die ouens wat ons land verlaat en dan like om SAfrikaans te wil wees, voel en dink deur Oros, Nik Naks en Beef Jerky vir Biltong te koop whack. Alles om jou die SAfrikaanse gevoel te gee, maar dit gaan nie werk nie liewers om hier te bly en 'n verskil te maak gly hulle......ek is Proudly South African.
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87569 is 'n antwoord op boodskap #87553] Wo, 26 November 2003 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Spencer daar is ook 'n ander teorie oor hoe die dinosaurs uitgewis is. Baie
wetenskaplikes reken hulle het hulself dood "gepoep" moenie lag nie regtig!
Hulle reken die metaangas van hulle poepe en ... uhm... uitskeidings het so
baie geword dat die arme goed dood gesmoor het aan die gasse. Een lekker
groot dino kon op 'n goeie dag 'n hele paar ton se poef agterlaat, so nou
moet jy weet hoe't die wêreld gevrot!

E

"Spencer" wrote:

Hoe is die dinosaurisse uitgewis? Die wetenskaplikes reken deur 'n asteroïde
wat die aarde getref het.
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87571 is 'n antwoord op boodskap #87569] Wo, 26 November 2003 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
My pêl sê julle het nog nie sy skoonma se 'auspuff' beleef nie. Skil glo
die verf van die mure af.....

"Elaine" skryf in boodskap news:3fc49200$0$64725@hades.is.co.za...
> Spencer daar is ook 'n ander teorie oor hoe die dinosaurs uitgewis is. Baie
> wetenskaplikes reken hulle het hulself dood "gepoep" moenie lag nie regtig!
> Hulle reken die metaangas van hulle poepe en ... uhm... uitskeidings het so
> baie geword dat die arme goed dood gesmoor het aan die gasse. Een lekker
> groot dino kon op 'n goeie dag 'n hele paar ton se poef agterlaat, so nou
> moet jy weet hoe't die wêreld gevrot!
>
> E
>
> "Spencer" wrote:
>
> Hoe is die dinosaurisse uitgewis? Die wetenskaplikes reken deur 'n asteroïde
> wat die aarde getref het.
>
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87584 is 'n antwoord op boodskap #87569] Wo, 26 November 2003 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Nov 2003 13:44:29 +0200, "Elaine" wrote:

> Spencer daar is ook 'n ander teorie oor hoe die dinosaurs uitgewis is. Baie
> wetenskaplikes reken hulle het hulself dood "gepoep" moenie lag nie regtig!
> Hulle reken die metaangas van hulle poepe en ... uhm... uitskeidings het so
> baie geword dat die arme goed dood gesmoor het aan die gasse. Een lekker
> groot dino kon op 'n goeie dag 'n hele paar ton se poef agterlaat, so nou
> moet jy weet hoe't die wêreld gevrot!
>
> E
>
Sou hierdie wel waar gewees het, Elaine? Ek kan me eie voorstel
daardie dinosaurusse het genoeg poepgas geproduseer waardoor slegs één
weerligstraal al voldoende was om die ganse aarde te doen ontplof!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87595 is 'n antwoord op boodskap #87551] Wo, 26 November 2003 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Nov 2003 09:52:33 +0200, "Jan VarkBoer"
wrote:

> Wat haak met al die negatiewe publisiteit oor SA daar moet tog positiewe
> dinge wees as jy alles so wil uitkryt wat hier gebeur Frikkie dan is hier 'n
> 50c in die blikkie vir jou air ticket uit SA. Jinne man daar is baie goeie
> dinge oor ons land! Ek glo in ander lande gebeur dieselfde maar hulle
> burgers maak nie hul eie land so swak nie.
>
> Jan van Kakkamas doer by Akkedisbult
>
Jy is inderdaad reg, Jan. Van party mense op hierdie nuusgroep moet
'n mens rêrig sê hulle is veeleer 'n wandelende depressie as mense wat
nog normaal doen. Die lewe verander mos steeds en elke dag kan 'n nuwe
realiteit ontstaan waaraan ons ons almal moet aanpas. Dis die lewe! As
Suid-Afrika se eie wil verkoop dan moet die land sy blasoen opsuiwer
en nie se eie nes vuilmaak nie. Watter stad in SA ook: daardie het die
mense nie op één dag gebou nie.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87599 is 'n antwoord op boodskap #87558] Wo, 26 November 2003 22:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jan VarkBoer die ouens wat ons land verlaat en dan like om SAfrikaans te wil wees,[/color]
> voel en dink deur Oros, Nik Naks en Beef Jerky vir Biltong te koop
> whack. Alles om jou die SAfrikaanse gevoel te gee

Ek wonder hoeveel van hierdie Oros-stories word gefabriseer
deur mense in SA wat dink hulle weet wat oud-Suid Afrikaners
in die buiteland mis. Toe ek vir die eerste keer na Noord-Amerika
gekom het, het iemand voorspel dat hy vir my sakke kool sou moes
stuur, want ek was so lief vir die koolslaai wat sy vrou altyd voor-
gesit het. Toe kom ek na Noord-Amerika en wat kry mens omtrent
outomaties met jou ete - "coleslaw." Kompleet in die regte taal
ook. Koolslaai.

Gloudina
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87600 is 'n antwoord op boodskap #87599] Do, 27 November 2003 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - so, waarom neem jy dan nie liefs deel aan Noord-Amerikaanse
nuusgroepe nie - hulle het mos alles daar?
Ek is seker dat jy hulle met jou kennis sal kan verryk...
"@rogers.com" wrote in message
news:gbaxb.64116$X2W1.47916@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jan VarkBoer
>> die ouens wat ons land verlaat en dan like om SAfrikaans te wil wees,
>> voel en dink deur Oros, Nik Naks en Beef Jerky vir Biltong te koop
>> whack. Alles om jou die SAfrikaanse gevoel te gee
>
> Ek wonder hoeveel van hierdie Oros-stories word gefabriseer
> deur mense in SA wat dink hulle weet wat oud-Suid Afrikaners
> in die buiteland mis. Toe ek vir die eerste keer na Noord-Amerika
> gekom het, het iemand voorspel dat hy vir my sakke kool sou moes
> stuur, want ek was so lief vir die koolslaai wat sy vrou altyd voor-
> gesit het. Toe kom ek na Noord-Amerika en wat kry mens omtrent
> outomaties met jou ete - "coleslaw." Kompleet in die regte taal
> ook. Koolslaai.
>
> Gloudina
>
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87603 is 'n antwoord op boodskap #87600] Do, 27 November 2003 04:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas wrote
...
> Anti - so, waarom neem jy dan nie liefs deel aan Noord-Amerikaanse
> nuusgroepe nie - hulle het mos alles daar?

Omdat, liewe Jonas, hierdie 'n AFRIKAANSE
nuusgroep is. Dit wil sê, 'n nuusgroep waar mens
Afrikaans gebruik. 'n Taal wat net soveel my besit
is as jou besit.

Gloudina
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87621 is 'n antwoord op boodskap #87584] Do, 27 November 2003 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jong ek weet nie, ek vertel maar net wat ek gelees het en op Discovery sien.
Ek sal bietjie gaan soek vir 'n goeie bron aangaande die teorie.

E

"Sterrenkijker" wrote:

> Sou hierdie wel waar gewees het, Elaine? Ek kan me eie voorstel
> daardie dinosaurusse het genoeg poepgas geproduseer waardoor slegs één
> weerligstraal al voldoende was om die ganse aarde te doen ontplof!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Doem Profeet Frikkie [boodskap #87625 is 'n antwoord op boodskap #87584] Do, 27 November 2003 11:18 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hulle reken groot gedeeltes van die aarde het wel vlam gevat a.g.v.
metaangas. 'n Meteoriet wat die aarde getref het, het verder bygedra tot
die "ontsnap" van metaangas uit die aarde se kern (seker die grootste
oorsaak van die groot hoeveelhede metaan). Dit het die ozoonlaag beskadig
en die dinosaurs het letterlik doodgebrand. Shame "what a way to go"

E

"Sterrenkijker" wrote:
> Sou hierdie wel waar gewees het, Elaine? Ek kan me eie voorstel
> daardie dinosaurusse het genoeg poepgas geproduseer waardoor slegs één
> weerligstraal al voldoende was om die ganse aarde te doen ontplof!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: Vir Tobie in absentia
Volgende onderwerp: Wat is wat?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:03:32 MGT 2024