Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit baan die weg vir vervolging
Dit baan die weg vir vervolging [boodskap #87540] Wo, 26 November 2003 00:58 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
NUUSKOMMENTAAR: Donderdag 20 November 2003
Dit baan die weg vir vervolging

Onderwysminister Kader Asmal se godsdiensbeleid vir skole word deur
homself en diegene wat hom ondersteun in die mooiste voeë gelê. En
onder sy geesdriftigste ondersteuners is sekere dosente aan Unisa se
departement godsdienswetenskap.

Van hulle soos dr Chrissie Steyn en prof Kobus Kruger is opgewonde oor
die beleid. Die voorgestelde vergelykende godsdiensonderrig is die
soort studie waarmee hulle hulleself besig hou en wat sommige teoloë
reeds op 'n weg van dwaallering gevoer het.

Omdat hulle egter deel van die beleidmakende proses is, kan aanvaar
word dat wat hulle daaroor verklaar 'n korrekte weergawe is van wat
Asmal beoog.

Steyn het in 'n onderhoud met 'n dagblad onder meer gesê
waarheidsaansprake deur verskillende geloofsgroepe sal nie deel van
die lesse kan wees nie. Kruger het daaraan toegevoeg dat die
godsdiensbeleid bewus is van die "nuwe era" waar geen geloof 'n ander
oorheers nie.

Hier het ons dus nie net die kern van die dwaalleer nie, maar ook 'n
onthulling van wat kinders wat die Christelike geloof bely, te wagte
kan wees.

Christus self het twee sake baie duidelik gestel, naamlik dat niemand
na die Vader kom behalwe deur Hom nie, dat hy die enigste weg tot die
lewe en saligheid is; en dat die Christen 'n opdrag het om die
evangelie te verkondig, insluitend die voorgenoemde waarheid.

Ons moet aanvaar dat die voornoemde beleidstellings afdwingbaar
gemaak sal word.

Wat sal nou gebeur as 'n leerling in die klas opstaan en sy
Christelike geloof bely soos deur Jesus self gestel? Hy stel dan
natuurlik die Christelike geloof bo alle ander, soos dit hoort. Hy
maak 'n waarheidsaanspraak wat volgens Steyn nie toelaatbaar is nie.
En hy verkondig met die doel om te bekeer wat ook ontoelaatbaar is.

Beteken dit dat so 'n leerling dan ook 'n wetsoortreding begaan? Dan
word sy geloofsbelydenis mos gekriminaliseer. En dit beteken niks
minder nie as vervolging van Christene en 'n wegdoen met
geloofsvryheid soos in die Grondwet bepaal.

En so, op 'n sluwe manier, beland Suid-Afrika dan op dieselfde weg as
Moslemlande soos Saoedi-Arabië en Pakistan waar Christene met die wet
vervolg word.

Van ons Afrikaanse kerke het reeds die Belharbelydenis aanvaar en duld
dwaalleraars in hulle midde. Gaan hulle hulle ook die Asmalitiese
bepalings vir godsdiensstudie op skole ewe gedwee laat welgeval?

Miljoene van Suid-Afrika se mense behoort tot die Christelike geloof.
Gaan ons kerke toelaat dat Asmal en sy apostels hulle vet om die oë
smeer?

Dit durf tog nie

Bron: Artikel deur Katbosch op Praag 22 Nov 2003
Re: Dit baan die weg vir vervolging [boodskap #87545 is 'n antwoord op boodskap #87540] Wo, 26 November 2003 05:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
So van Kader gepraat:

In 2002 het daardie mooi bekende skool in Bloemfontein 'n besoek van die uwe
Kader gekry. Die Uwe het die skool kom toespreek tydens hulle saalbyeenkoms.
Vir die eerste keer in die geskiedenis (glo ek) was daar nie met skriflesing
en gebed geopen nie, want Kadertjie was daar. Al waaroor hy gepraat het, was
sy swaarkry in Ierland tydens apartheid. Wat het sy flippin Ierse ervaringe
nou met groeiende fris Boereseuns te doen gehad. (skuus Bouwer - en die
Oelatjies) Die ouens het glo daar sit en gaap en giggel, so dat dit 'n
verleentheid vir die personeel was. Tog was daar baie wat aan sy lippe
gehang het, want onthou, hy is mos nie verniet 'n Professor nie.

Die punt wat ek wil maak, die blankes sal nooit opstaan teen hierdie saak
nie. Hulle sal eerder, wegtrek na groener weivelde toe. En ek dink dit is 'n
wyse ding om te doen.

Spencer
Re: Dit baan die weg vir vervolging [boodskap #87561 is 'n antwoord op boodskap #87545] Wo, 26 November 2003 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Watse geloof is die Kaderman?

"Spencer" skryf in boodskap news:%6Xwb.10150$VV6.229097@news.xtra.co.nz...
> So van Kader gepraat:
>
> In 2002 het daardie mooi bekende skool in Bloemfontein 'n besoek van die uwe
> Kader gekry. Die Uwe het die skool kom toespreek tydens hulle saalbyeenkoms.
> Vir die eerste keer in die geskiedenis (glo ek) was daar nie met skriflesing
> en gebed geopen nie, want Kadertjie was daar. Al waaroor hy gepraat het, was
> sy swaarkry in Ierland tydens apartheid. Wat het sy flippin Ierse ervaringe
> nou met groeiende fris Boereseuns te doen gehad. (skuus Bouwer - en die
> Oelatjies) Die ouens het glo daar sit en gaap en giggel, so dat dit 'n
> verleentheid vir die personeel was. Tog was daar baie wat aan sy lippe
> gehang het, want onthou, hy is mos nie verniet 'n Professor nie.
>
> Die punt wat ek wil maak, die blankes sal nooit opstaan teen hierdie saak
> nie. Hulle sal eerder, wegtrek na groener weivelde toe. En ek dink dit is 'n
> wyse ding om te doen.
>
> Spencer
>
Re: Dit baan die weg vir vervolging [boodskap #87563 is 'n antwoord op boodskap #87561] Wo, 26 November 2003 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kader is 'n selferkende bloedkommunis en volslae ateis.

Ek lees so die storie van die saal en die ongedissiplineerde kinders, en ek
is seker dis van 'n skool wat baie trots is op hul tradisie van dissipline -
Praat ons van Grey Kollege?

--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:bq20jp$726$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Watse geloof is die Kaderman?
> "Spencer" wrote in message
> news:%6Xwb.10150$VV6.229097@news.xtra.co.nz...
>> So van Kader gepraat:
>>
>> In 2002 het daardie mooi bekende skool in Bloemfontein 'n besoek van die
> uwe
>> Kader gekry. Die Uwe het die skool kom toespreek tydens hulle
> saalbyeenkoms.
>> Vir die eerste keer in die geskiedenis (glo ek) was daar nie met
> skriflesing
>> en gebed geopen nie, want Kadertjie was daar. Al waaroor hy gepraat het,
> was
>> sy swaarkry in Ierland tydens apartheid. Wat het sy flippin Ierse
> ervaringe
>> nou met groeiende fris Boereseuns te doen gehad. (skuus Bouwer - en die
>> Oelatjies) Die ouens het glo daar sit en gaap en giggel, so dat dit 'n
>> verleentheid vir die personeel was. Tog was daar baie wat aan sy lippe
>> gehang het, want onthou, hy is mos nie verniet 'n Professor nie.
>>
>> Die punt wat ek wil maak, die blankes sal nooit opstaan teen hierdie saak
>> nie. Hulle sal eerder, wegtrek na groener weivelde toe. En ek dink dit
is
> 'n
>> wyse ding om te doen.
>>
>> Spencer
>>
>
Re: Dit baan die weg vir vervolging [boodskap #87610 is 'n antwoord op boodskap #87563] Do, 27 November 2003 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Juistement - dis soos jy daar se, Annette. Maar neem jy die kinders kwalik?
Spencer

"Annette" skryf in boodskap news:bq22d3$7kt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kader is 'n selferkende bloedkommunis en volslae ateis.
>
> Ek lees so die storie van die saal en die ongedissiplineerde kinders, en ek
> is seker dis van 'n skool wat baie trots is op hul tradisie van dissipline -
> Praat ons van Grey Kollege?
>
> --
> Annette
> "Jonas" wrote in message
> news:bq20jp$726$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Watse geloof is die Kaderman?
>> "Spencer" wrote in message
>> news:%6Xwb.10150$VV6.229097@news.xtra.co.nz...
>>> So van Kader gepraat:
>>>
>>> In 2002 het daardie mooi bekende skool in Bloemfontein 'n besoek van
die
>> uwe
>>> Kader gekry. Die Uwe het die skool kom toespreek tydens hulle
>> saalbyeenkoms.
>>> Vir die eerste keer in die geskiedenis (glo ek) was daar nie met
>> skriflesing
>>> en gebed geopen nie, want Kadertjie was daar. Al waaroor hy gepraat
het,
>> was
>>> sy swaarkry in Ierland tydens apartheid. Wat het sy flippin Ierse
>> ervaringe
>>> nou met groeiende fris Boereseuns te doen gehad. (skuus Bouwer - en die
>>> Oelatjies) Die ouens het glo daar sit en gaap en giggel, so dat dit 'n
>>> verleentheid vir die personeel was. Tog was daar baie wat aan sy lippe
>>> gehang het, want onthou, hy is mos nie verniet 'n Professor nie.
>>>
>>> Die punt wat ek wil maak, die blankes sal nooit opstaan teen hierdie
> saak
>>> nie. Hulle sal eerder, wegtrek na groener weivelde toe. En ek dink dit
> is
>> 'n
>>> wyse ding om te doen.
>>>
>>> Spencer
>>>
>>
>
Re: Dit baan die weg vir vervolging [boodskap #87613 is 'n antwoord op boodskap #87610] Do, 27 November 2003 08:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die skool moes in die eerste plek nie die geleentheid geskep het waar die
kinders kon toon dat hulle disrespekvol optree nie.
Hulle kon baie beter gedoen deur stil te sit, en dan iemand gehad wat vir
Kader tydens die bedanking vertel het hulle dink hy praat nonsens en hulle
stem nie saam met sy godsdiens-storie nie, en dat hulle eintlik voel dat,
aangesien hy so lank in Ierland was, hulle dit meer sou waardeer het dat hy
vir hulle 'n stuk Riverdance gedoen het:))))
--
Annette

"Spencer" skryf in boodskap news:4Ghxb.11331$VV6.254307@news.xtra.co.nz...
> Juistement - dis soos jy daar se, Annette. Maar neem jy die kinders kwalik?
> Spencer
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bq22d3$7kt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Kader is 'n selferkende bloedkommunis en volslae ateis.
>>
>> Ek lees so die storie van die saal en die ongedissiplineerde kinders, en
> ek
>> is seker dis van 'n skool wat baie trots is op hul tradisie van
> dissipline -
>> Praat ons van Grey Kollege?
>>
>> --
>> Annette
>> "Jonas" wrote in message
>> news:bq20jp$726$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Watse geloof is die Kaderman?
>>> "Spencer" wrote in message
>>> news:%6Xwb.10150$VV6.229097@news.xtra.co.nz...
>>>> So van Kader gepraat:
>>>>
>>>> In 2002 het daardie mooi bekende skool in Bloemfontein 'n besoek van
> die
>>> uwe
>>>> Kader gekry. Die Uwe het die skool kom toespreek tydens hulle
>>> saalbyeenkoms.
>>>> Vir die eerste keer in die geskiedenis (glo ek) was daar nie met
>>> skriflesing
>>>> en gebed geopen nie, want Kadertjie was daar. Al waaroor hy gepraat
> het,
>>> was
>>>> sy swaarkry in Ierland tydens apartheid. Wat het sy flippin Ierse
>>> ervaringe
>>>> nou met groeiende fris Boereseuns te doen gehad. (skuus Bouwer - en
> die
>>>> Oelatjies) Die ouens het glo daar sit en gaap en giggel, so dat dit 'n
>>>> verleentheid vir die personeel was. Tog was daar baie wat aan sy lippe
>>>> gehang het, want onthou, hy is mos nie verniet 'n Professor nie.
>>>>
>>>> Die punt wat ek wil maak, die blankes sal nooit opstaan teen hierdie
>> saak
>>>> nie. Hulle sal eerder, wegtrek na groener weivelde toe. En ek dink
dit
>> is
>>> 'n
>>>> wyse ding om te doen.
>>>>
>>>> Spencer
>>>>
>>>
>>
>
Re: Dit baan die weg vir vervolging [boodskap #87634 is 'n antwoord op boodskap #87540] Do, 27 November 2003 13:38 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nou maar, vervolg Frikkie, vervolg!

On Wed, 26 Nov 2003 02:58:52 +0200, Frikkie Potgieter
wrote:

> NUUSKOMMENTAAR: Donderdag 20 November 2003
> Dit baan die weg vir vervolging
>
> Onderwysminister Kader Asmal se godsdiensbeleid vir skole word deur
> homself en diegene wat hom ondersteun in die mooiste voeë gelê. En
> onder sy geesdriftigste ondersteuners is sekere dosente aan Unisa se
> departement godsdienswetenskap.
>
> Van hulle soos dr Chrissie Steyn en prof Kobus Kruger is opgewonde oor
> die beleid. Die voorgestelde vergelykende godsdiensonderrig is die
> soort studie waarmee hulle hulleself besig hou en wat sommige teoloë
> reeds op 'n weg van dwaallering gevoer het.
>
> Omdat hulle egter deel van die beleidmakende proses is, kan aanvaar
> word dat wat hulle daaroor verklaar 'n korrekte weergawe is van wat
> Asmal beoog.
>
> Steyn het in 'n onderhoud met 'n dagblad onder meer gesê
> waarheidsaansprake deur verskillende geloofsgroepe sal nie deel van
> die lesse kan wees nie. Kruger het daaraan toegevoeg dat die
> godsdiensbeleid bewus is van die "nuwe era" waar geen geloof 'n ander
> oorheers nie.
>
> Hier het ons dus nie net die kern van die dwaalleer nie, maar ook 'n
> onthulling van wat kinders wat die Christelike geloof bely, te wagte
> kan wees.
>
> Christus self het twee sake baie duidelik gestel, naamlik dat niemand
> na die Vader kom behalwe deur Hom nie, dat hy die enigste weg tot die
> lewe en saligheid is; en dat die Christen 'n opdrag het om die
> evangelie te verkondig, insluitend die voorgenoemde waarheid.
>
> Ons moet aanvaar dat die voornoemde beleidstellings afdwingbaar
> gemaak sal word.
>
> Wat sal nou gebeur as 'n leerling in die klas opstaan en sy
> Christelike geloof bely soos deur Jesus self gestel? Hy stel dan
> natuurlik die Christelike geloof bo alle ander, soos dit hoort. Hy
> maak 'n waarheidsaanspraak wat volgens Steyn nie toelaatbaar is nie.
> En hy verkondig met die doel om te bekeer wat ook ontoelaatbaar is.
>
> Beteken dit dat so 'n leerling dan ook 'n wetsoortreding begaan? Dan
> word sy geloofsbelydenis mos gekriminaliseer. En dit beteken niks
> minder nie as vervolging van Christene en 'n wegdoen met
> geloofsvryheid soos in die Grondwet bepaal.
>
> En so, op 'n sluwe manier, beland Suid-Afrika dan op dieselfde weg as
> Moslemlande soos Saoedi-Arabië en Pakistan waar Christene met die wet
> vervolg word.
>
> Van ons Afrikaanse kerke het reeds die Belharbelydenis aanvaar en duld
> dwaalleraars in hulle midde. Gaan hulle hulle ook die Asmalitiese
> bepalings vir godsdiensstudie op skole ewe gedwee laat welgeval?
>
> Miljoene van Suid-Afrika se mense behoort tot die Christelike geloof.
> Gaan ons kerke toelaat dat Asmal en sy apostels hulle vet om die oë
> smeer?
>
> Dit durf tog nie
>
> Bron: Artikel deur Katbosch op Praag 22 Nov 2003
Vorige onderwerp: Is daar nog mense in Grahamstad?
Volgende onderwerp: Ons is 'n land van Sosiale Misdaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 07:53:11 MGT 2024