Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrouens, los tog julle (.)(.) uit asseblief !!
Vrouens, los tog julle (.)(.) uit asseblief !! [boodskap #8738] Vr, 07 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier was 'n (lang) ruk gelede 'n baie amusante brief oor vrouens wat
grondboontjiebotter sakkies gebruik om hul borste groter te maak,
en ek het die brief geniet.

Maar daar is nog die kwessie oor waarom vrouens dit doen ?
Is dit ons mans se skuld ?

Ek dink vroue moet ophou om aan hul (.)(.) te peuter, hulle
moet dit aan ONS oorlaat om daaraan te vroetel.
En tensy dit nou regtig te groot of te klein is,
los dit om godswil uit !, julle is so gemaak en laat staan !!

En as jou man te veel kla daaroor, sny eerder aan hom.
'n paar (.)(.) kan nooit te klein wees nie, maar uitsonderlik
groot (dis nou 2 emmersvol) kan jou seker rugpyn gee.

Enige jong (.)(.) is vir my mooi, en as mens nou ouer raak,
soos ons boeretannies, dan kry 'n borskas 'n erestatus,
dis mos hoe ons groothartige boeretannies van binne is, nie van
buite nie.

(My oom het altyd gese ons boeretannies het drie rye tiete).

In elk geval, moenie te veel lol nie !!!

Vriendelike groete.
Re: Vrouens, los tog julle (.)(.) uit asseblief !! [boodskap #8746 is 'n antwoord op boodskap #8738] Sa, 08 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
en as mens nou ouer raak,
> soos ons boeretannies, dan kry 'n borskas 'n erestatus,
> dis mos hoe ons groothartige boeretannies van binne is, nie van
> buite nie.

DIE TANTE
Barend J.Toerien

Die tante met die bene
leun oor die tuinhekkie, die ene
oë vir die straatgebeure, met arms wat oor die hekkiekrulle
peul en haar wange stut, soos 'n kupidon in barokpaleise
of kerkgeboue in Wene.

Die tante het 'n slag met plante;
die hele kontrei soek in vleie en op rante
blomme vir haar onversaagbare hande wat hul brei en boet-
seer (volgens sketse in 'n boek) tot reuserangskikkings,
voorportaal- en kerk-versiersels, muurborduursels, tafel-
rangskikkings vir 'n deftige onthaal, tot heel klein skep-
pinge vir 'n siekbed van kort-steelkrisante.

Sy golf in haar geblomde rok
hoewel sy calvinisties soos 'n stok
orent staan, vierkantig vasgeplant, afkeurend nie-raaksien die
bondels bruinmense (soms aangeklam) wat kleef om
winkelstoepe (haar jong spit in die tuin), uitpeulend uit
haar stywe borstrok.

Sy staar my agterna,
die tante sonder weerga
soos al die tantes van die dorp, keiserinne, despote, gewoond
aan organiseer (hul mans, mekaar), en uitdeel (resepte,
patrone, tuinvrugte, sapsoene, bevele, Spit hier! Skrop
daar!), vrou van Suid-Afrika.

Galjoen, hierdie gedig is vir jou. En as jy nie weet
wie Soli Philander is nie, laat iemand vir jou vertel.
Die tannies waarvan hierbo gepraat word, die sout
van die Suid-Afrikaanse aarde (en ek is nie sarkasties
nie) het nou iemand met wie hulle regtig kan gesels.

Gloudina
Re: Vrouens, los tog julle (.)(.) uit asseblief !! [boodskap #8752 is 'n antwoord op boodskap #8738] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina pos 'n gedig:

.....
> die tante sonder weerga
> soos al die tantes van die dorp, keiserinne, despote, gewoond
> aan organiseer (hul mans, mekaar), en uitdeel (resepte,
> patrone, tuinvrugte, sapsoene, bevele, Spit hier! Skrop
> daar!), vrou van Suid-Afrika.
>

Baie Dankie, my hart bloei sommer vir al daai tannies,
'n ruiker aan hulle almal en aan al jule mense wie se ma's en
oumas nog leef. Waardeer hulle terwyl jy nog kan.

Vriendelike groete
Re: Vrouens, los tog julle (.)(.) uit asseblief !! [boodskap #8753 is 'n antwoord op boodskap #8738] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, ek ken baie sulke tannies,

die beskrywings is nogal humoristies !

Vyg ;-)
Re: Vrouens, los tog julle (.)(.) uit asseblief !! [boodskap #8764 is 'n antwoord op boodskap #8738] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net says...
>
> Gloudina pos 'n gedig:
>

Tant Miem by die Biduur
Barend J.Toerien

Voor die biduur van die kring
vra Tant Miem die ouderling,
"Oor wie sal ons ons vandag bekommer,
Wie met karwats tot bekering bring?
Of bid ons sommer?"

(gepos deur gloudina)
Vorige onderwerp: Nuwe Afrikaanse Verwysings op Robert se Tuisbladsy
Volgende onderwerp: Karoofees: info
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:39:14 MGT 2024