Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » M&M Satire
M&M Satire [boodskap #87431] Ma, 24 November 2003 09:11 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Noudat Mo vertel het dat hy die inligting aan die verslaggewer gegee het,
beteken dit dat sy vrees dat hy haar om die lewe sou bring as sy sou getuig
van wie sy die inligting ontvang het?

2) Mo het nou glo erken dat hy R40 000 aan die polisieman wat kon moor in
opdrag betaal het om "bewyse" te kry dat Ngcuka 'n spioen was. Nou DIT is
lekker geld maak - want teen wat is hierdie "bewyse" getoets?

3) Die vraag wat nog steeds nie beantwoord is nie, is hoekom hy in 2001 'n
nuwe verslag sou saamgestel het van die feite wat seder 1988 in sy besit
was.
Ooooeeeee - in ons land van beloofde deursigtigheid - ek wonder wie die
ander 887 ANC lede is wat van spioenasie verdink word.

--
Annette
Re: M&M Satire [boodskap #87463 is 'n antwoord op boodskap #87431] Ma, 24 November 2003 14:14 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ek deel jou waarneming.
Nog 'n afleiding is dat wanneer een van die "888" in die Q&A-databasis jou
moeslimbroers aanvat, dan staan jy reg om hom van spioenasie te beskuldig.
Nog erger - Mo is bereid om sy woorde te sluk mits bewyse aan hom voorgehou
word dat Ngcuka nie 'n spioen is nie. Lekker logika. Intussen beskuldig jy
die ou van spioenasie.
O ja - die "spioenasie" is geen wetsoortreding nie.
Ek wonder hoeveel onskuldige ANC-lede voor 1992 vir die daad met hul lewens
geboet het?

"Annette" skryf in boodskap news:bpsjao$f2c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 1) Noudat Mo vertel het dat hy die inligting aan die verslaggewer gegee het,
> beteken dit dat sy vrees dat hy haar om die lewe sou bring as sy sou getuig
> van wie sy die inligting ontvang het?
>
> 2) Mo het nou glo erken dat hy R40 000 aan die polisieman wat kon moor in
> opdrag betaal het om "bewyse" te kry dat Ngcuka 'n spioen was. Nou DIT is
> lekker geld maak - want teen wat is hierdie "bewyse" getoets?
>
> 3) Die vraag wat nog steeds nie beantwoord is nie, is hoekom hy in 2001 'n
> nuwe verslag sou saamgestel het van die feite wat seder 1988 in sy besit
> was.
> Ooooeeeee - in ons land van beloofde deursigtigheid - ek wonder wie die
> ander 887 ANC lede is wat van spioenasie verdink word.
>
> --
> Annette
>
Vorige onderwerp: Ruby....droewige dag!
Volgende onderwerp: Re: News article - What happens after Mandela?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 11:47:33 MGT 2024