Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is Afrikaner-wees sonder die histories-politieke bagasie van Suid-Afrika moontlik?
Is Afrikaner-wees sonder die histories-politieke bagasie van Suid-Afrika moontlik? [boodskap #8712] Di, 04 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
Frans van Zyl  is tans af-lyn  Frans van Zyl
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek praat oor die politiek-historiese bagasie van ons lot wat ons self
"Afrikaners" noem (of is die benaming op sigself al 'n stukkie historiese
angst?) Julle sien, ek wil nie "skuldig" wees nie. Net besonders. Julle
weet: Wes-Europees, met 'n ligterige vel, liefhebber van Beethoven en
Mozart, en die eksistensie-filosofie. En lief vir my kleinseun wat van al
daai nonsens soos skuldgevoelens niks weet nie omdat hy gewoon nog te jonk
is (agtien maande). Ek speel elke oggend vir hom barok musiek en ek wys na
hom en sê: " Jy praat Afrikaans, Oupa praat Afrikaans, Ouma praat
Afrikaans, 'n Pa 'n Ma." Hy kyk vol belangstelling na my en sê "Dah"!
(maar met gevoel!).

Dalk is my kleinseun die enigste wyse ou wat ek tans ken.

Wat dink julle daar buite op die kibervlaktes?
--
Frans van Zyl
fra...@ilink.nis.za

--
Frans van Zyl
fra...@ilink.nis.za
Re: Is Afrikaner-wees sonder die histories-politieke bagasie van Suid-Afrika moontlik? [boodskap #8736 is 'n antwoord op boodskap #8712] Do, 06 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
On 4 Mar 1997 04:03:06 GMT, "Frans van Zyl"
wrote:
knip-knip
> Dalk is my kleinseun die enigste wyse ou wat ek tans ken.
> Wat dink julle daar buite op die kibervlaktes?
knip-knip

Ek stem saam met jou, ek is 'n afrikaner of dit nou 'n
politiese hegting het of nie, my kinders word ook
afrikaans groot, met al die rympies en ou
piekniek liedjies.

Ons braai gereeld, kyk nou en dan rugby of krieket,
maak tuin, doen houtwerk, die kinders 4 jr and 10 jr,
werk blink met rekenaars, is baie lief vir lees,
en speel nog speletjies soos tok-tokkie !

(Ons was nooit en is nie rasiste nie, alle kinders
baljaar in ons huis.) tog noem ek myself
afrikaner en soms boer, ek dra soms ook
kakie broek en hemp en sit op die stoep en
kerf biltong, of rook ietsie, terwyl die son sak
oor die koringlande hier in die Swartland.

Ons kinders is gewis slimmer as ons !!!
groete
Vyg
Vorige onderwerp: Om Afrikaans te wees
Volgende onderwerp: Kriket limeriek ... :-)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 15:29:41 MGT 2024