Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Lekker eet en ander dinge
Lekker eet en ander dinge [boodskap #8692] So, 02 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hi Abel, van Griet in die berge - 3 bergreekse oor na enige plek met 'n
teerstraat om presies te wees.

Dis lekker om met al die Afrikaners op die net te kuier na 'n bietjie
rondreis op die net en baie skokkende observasies van bullebakke en ander
krioelendes op die net verder.Hoflike lekker kuiergroep hierdie.

Hier by ons groei en wei alles wat in kompos verander kan word deur die
menslike metabolisme.Alles beland onder die kap van die byl en word nog
pligsgetrou verwerk tot
bobotie,pofadders,aspiek,biltong,kaas,karringmelk,botter, bredies en wat
nog alles.Hoop jou mond water lekker as ons pannekoek en melksnysels eet
met reendae; bankvas rondstaan langs die pot met skenkels skaapnek en
geurige ander goeters.Die kruies wat nie vanself hier groei nie,plant ons
maar aan wat.
Groete aan al die mense in die buiteland.

Ns.Hier weet niemand wat is idealiste, soos in Hennie Aucamp se denke nie.
" 'n Idealis is iemand wat die omringende duisternis ignoreer omdat hy voor
in die wapad 'n lig vermoed," sê hy in 'Pluk die dag.'
Hier woon net pioniers-nasate met die kultuur en gepaardgaande
vetrolletjies knus in pag.Bye.
Re: Lekker eet en ander dinge [boodskap #8710 is 'n antwoord op boodskap #8692] Di, 04 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
dis nou so n lekker ou nuusgroep hierdie!
sit hier in west hollywood in los angeles, en dis asof ek sommer so met
die bure oor n koppie koffie en boer beskuit sit en kuier!
Baie groetnisse , of soos hulle hier se: later dude!!
Always question! Never simply accept and follow!
Re: Lekker eet en ander dinge [boodskap #8734 is 'n antwoord op boodskap #8692] Do, 06 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
On 4 Mar 1997 06:46:02 GMT, blik...@aol.com (Blikkies) wrote:

> dis nou so n lekker ou nuusgroep hierdie!
> sit hier in west hollywood in los angeles, en dis asof ek sommer so met
> die bure oor n koppie koffie en boer beskuit sit en kuier!
> Baie groetnisse , of soos hulle hier se: later dude!!
> Always question! Never simply accept and follow!
Dit is 'n lekker groep, maar net soos met familie
word hier ook donners baie baklei, daar's altyd
'n swartskaap op die draad.

Nogtans voel 'n mens tuis, want ons is mos bekend
daarvoor dat ons oor enige iets en alles kan stry,
die belangrikste ding is om dit nie te ernstig op te
neem nie en jouself tuis te maak ongeag van die
aasvoëls wat gereeld aas op die drade.

Ek wonder net, en as ek mag vra, waarvandaan
die naam blikkies, het jy ook rooi hare soos
blikkies in die boksom bende ?
(dis blikkies daardie rooie en boesman die brak)

Ek sit ewe in Thailand en snik van die hitte, en is
jaloers op die Bouwers daar in Kanada. Ek is 'n
kapenaar en sal aan die einde van die jaar weer
daar terugkeer.

groete
Vyg

(daar's nie skape in Thailand nie, en ek het lanklaas
skaapvleis geëet)
Vorige onderwerp: Abel oor lekker eet en ander dinge
Volgende onderwerp: Vlam Wors jou Doring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 16:01:04 MGT 2024