Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 46664 - Die konsert
46664 - Die konsert [boodskap #87227] Ma, 17 November 2003 14:31 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Julle gelukkige bliks**s daar in die Kaap kry darem 'n konsert wat skrik vir
niks! Julle het natuurlik ook die Smirnoff Comedy Festival met al die goeie
Britse komediante. Anyway, om terug te kom na die 46664 konsert toe. Dis
nou 'n konsert wat in samewerking met MTV se "Staying Alive" gehou word ter
ondersteuning en fondsinsameling vir VIGS navorsing. Groenpunt gaan kook
want groot name soos Anastacia, Bono, Johnny Clegg, The Corss, Eurythmics,
Paul Oakfield, Ladysmith Black Mombaza en Queen het reeds bevestig. Ag wil
een van julle Kapenaars nie gaan kyk en 'n kameratjie insmokkel en dan die
tape/digital movie vir my stuur nie toe?

E
Re: 46664 - Die konsert [boodskap #87230 is 'n antwoord op boodskap #87227] Ma, 17 November 2003 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Geen probleem nie - stuur net die geld vir 'n kaartjie:))

Jy sal nou nie weet nie - maar Groenpunt stadion is 'n helse plek vir enige
groot byeenkoms - Gaan jy vroeg genoeg, dan kan jy vergeet om voor drie ure
na die tyd daar weg te kom.
Gaan jy laat genoeg om redelik gou - binne 'n uur - weg te kan kom, dan kan
jy maar vergeet om op die plek te gaan sit wat jy gekoop het.
Hier sit ons nou met 'n helse nuwe konferensiesentrum, lugverkoel, goeie
akoestiek,ordentlike sekuriteit by die deure, vier reusesale wat wat as een
hengse grote kan opereer, genoeg parkeerplek vir 'n skare, en die konsert
word by Groenpuntstadion gehou waar die kanse dat die wind die klank uit die
sangers se longe sal waai 60% is.

-
Annette
Re: 46664 - Die konsert [boodskap #87232 is 'n antwoord op boodskap #87227] Ma, 17 November 2003 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die ding gaan ge-"webcast" word deur http://tiscali.co.za/46664/ ...

Maak reg vir stadige Internet soos met LoerBoet.

:-)

TJ

"Elaine" skryf in boodskap news:3fb8db99$0$64725@hades.is.co.za...
> Julle gelukkige bliks**s daar in die Kaap kry darem 'n konsert wat skrik vir
> niks! Julle het natuurlik ook die Smirnoff Comedy Festival met al die goeie
> Britse komediante. Anyway, om terug te kom na die 46664 konsert toe. Dis
> nou 'n konsert wat in samewerking met MTV se "Staying Alive" gehou word ter
> ondersteuning en fondsinsameling vir VIGS navorsing. Groenpunt gaan kook
> want groot name soos Anastacia, Bono, Johnny Clegg, The Corss, Eurythmics,
> Paul Oakfield, Ladysmith Black Mombaza en Queen het reeds bevestig. Ag wil
> een van julle Kapenaars nie gaan kyk en 'n kameratjie insmokkel en dan die
> tape/digital movie vir my stuur nie toe?
>
> E
>
Re: 46664 - Die konsert [boodskap #87238 is 'n antwoord op boodskap #87232] Ma, 17 November 2003 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie - maar ek sit net met DSL, beslis nie vinnig genoeg om die konsert te
kyk nie, maar ek gaan beslis probeer!

E

"TJ" skryf in boodskap news:bpasdh$q9d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die ding gaan ge-"webcast" word deur http://tiscali.co.za/46664/ ...
>
> Maak reg vir stadige Internet soos met LoerBoet.
>
> :-)
>
> TJ
Re: 46664 - Die konsert [boodskap #87239 is 'n antwoord op boodskap #87230] Ma, 17 November 2003 20:43 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel mense Groenpunt Stadion akkommodeer?

Ek het gaan kyk, en die enigste plekke wat oop is, is heelagter so dit sal
nie eers die moeite werd wees om die kaartjie te koop nie, al hoe 'n mens 'n
"live" konsert van die kaliber kan geniet is as jy redelik voor sit/staan.
Die goeie kaartjies is tien teen een deur die Amerikaners gekoop, of vir die
VIP's gegee :)

E

"Annette" skryf in boodskap news:bpaqi2$pjj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Geen probleem nie - stuur net die geld vir 'n kaartjie:))
>
> Jy sal nou nie weet nie - maar Groenpunt stadion is 'n helse plek vir enige
> groot byeenkoms - Gaan jy vroeg genoeg, dan kan jy vergeet om voor drie ure
> na die tyd daar weg te kom.
> Gaan jy laat genoeg om redelik gou - binne 'n uur - weg te kan kom, dan kan
> jy maar vergeet om op die plek te gaan sit wat jy gekoop het.
> Hier sit ons nou met 'n helse nuwe konferensiesentrum, lugverkoel, goeie
> akoestiek,ordentlike sekuriteit by die deure, vier reusesale wat wat as een
> hengse grote kan opereer, genoeg parkeerplek vir 'n skare, en die konsert
> word by Groenpuntstadion gehou waar die kanse dat die wind die klank uit die
> sangers se longe sal waai 60% is.
>
> -
> Annette
>
Vorige onderwerp: Ierland
Volgende onderwerp: Toets..........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 07:12:13 MGT 2024