Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 46664 - Die konsert
46664 - Die konsert [boodskap #87227] |
Ma., 17 November 2003 14:31  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Julle gelukkige bliks**s daar in die Kaap kry darem 'n konsert wat skrik vir
niks! Julle het natuurlik ook die Smirnoff Comedy Festival met al die goeie
Britse komediante. Anyway, om terug te kom na die 46664 konsert toe. Dis
nou 'n konsert wat in samewerking met MTV se "Staying Alive" gehou word ter
ondersteuning en fondsinsameling vir VIGS navorsing. Groenpunt gaan kook
want groot name soos Anastacia, Bono, Johnny Clegg, The Corss, Eurythmics,
Paul Oakfield, Ladysmith Black Mombaza en Queen het reeds bevestig. Ag wil
een van julle Kapenaars nie gaan kyk en 'n kameratjie insmokkel en dan die
tape/digital movie vir my stuur nie toe?
E
|
|
|
|
|
|
Re: 46664 - Die konsert [boodskap #87239 is 'n antwoord op boodskap #87230] |
Ma., 17 November 2003 20:43  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoeveel mense Groenpunt Stadion akkommodeer?
Ek het gaan kyk, en die enigste plekke wat oop is, is heelagter so dit sal
nie eers die moeite werd wees om die kaartjie te koop nie, al hoe 'n mens 'n
"live" konsert van die kaliber kan geniet is as jy redelik voor sit/staan.
Die goeie kaartjies is tien teen een deur die Amerikaners gekoop, of vir die
VIP's gegee :)
E
"Annette" skryf in boodskap news:bpaqi2$pjj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Geen probleem nie - stuur net die geld vir 'n kaartjie:))
>
> Jy sal nou nie weet nie - maar Groenpunt stadion is 'n helse plek vir enige
> groot byeenkoms - Gaan jy vroeg genoeg, dan kan jy vergeet om voor drie ure
> na die tyd daar weg te kom.
> Gaan jy laat genoeg om redelik gou - binne 'n uur - weg te kan kom, dan kan
> jy maar vergeet om op die plek te gaan sit wat jy gekoop het.
> Hier sit ons nou met 'n helse nuwe konferensiesentrum, lugverkoel, goeie
> akoestiek,ordentlike sekuriteit by die deure, vier reusesale wat wat as een
> hengse grote kan opereer, genoeg parkeerplek vir 'n skare, en die konsert
> word by Groenpuntstadion gehou waar die kanse dat die wind die klank uit die
> sangers se longe sal waai 60% is.
>
> -
> Annette
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 10:32:27 UTC 2025
|