Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die storie van die Strativarius
Die storie van die Strativarius [boodskap #87145] |
Vr., 14 November 2003 19:58  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die depressie het my darem vandag hard geslaan! My ma en oupa het kom
kuier, en so êrens in die gesprek laat val ek dat ek darem vreeslik graag my
hande op 'n Strat sal wil kry. Dis toe dat my ma my sê "Vra bietjie vir
Oupa waar's sy Strativarius". Ek gooi die vraag daar in my oupa se rigting,
en toe moes ek met 'n swaar hart en 'n traan hoor hoe my Oupa eers die Strat
in 'n "kitaar" verander het en toe "verloor" het. Hy het die viool vir 'n
pel geleen, en toe hy weer die instrument soek is hy weg. Blykbaar het my
Oupagrootjie vir my Oumagrootjie die Strat gekoop vir 3 pond aan die begin
van die 1900's - Strativarius het eers regtig duur begin word hier van die
70's af. Ag my ou hartjie is seer 2 dae terug het Sotheby's 'n Strat
verkoop vir $700 000 en in 1998 is een verkoop vir 950 000 pond. Dink net -
as my oupa nou net sy viool beter opgepas het kon ons nou stinkryk gewees
het!
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die storie van die StraDivarius [boodskap #87187 is 'n antwoord op boodskap #87169] |
So., 16 November 2003 14:08   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jis, maar jy's vol van jouself. So what? Ek het dit verkeerd gespel. En as
die Smithsonian dit kan afkort na "StraD" toe, dan kan ek seker ook. Of dit
'n regte een was of nie (StraDivari se model is baie nagemaak in die 18de en
19de eeue), is nie die punt nie. Ek het bloot 'n oulike storie vertel, my
83-jarige Oupa het baie stories om te vertel.
Miskien is Oupa se storie 'n klug of 'n "tall tale" soos die Ingelse sal sê,
maar weereens, so what? Dit maak glad nie 'n verskil aan die waarde van die
StraDivarius nie, wat nog steeds 'n paar dae terug vir $700 000 verkoop is.
As jy jou hande natuurlik op die "Kreutzer" StraDivarius kan kry, kan jy
maar ophou werk, want dit is die waardevolste StraDivarius, Christies het in
1998 die Strad vir 'n bietjie meer as 950 000 pond of $1.5 mil verkoop - die
meeste wat ooit op 'n veiling behaal is (vir enige musiek instrument). Nou
weet jy ook, vind net eers uit wie/wat Kreutzer is/was voordat jy vir almal
gaan vertel.
E
"@rogers.com" wrote:
>
> Ek bedoel, Elaine, dat iemand wat voorgee
> om soveel te weet oor die pryse van
> Stradivarius-viole nou nie eens weet hoe
> om die woord te spel nie, darem ietwat
> van 'n klug is. Meer belaglik, om dit af
> te kort tot "Strat." As van jou vriende
> skielik nie hulle lag kan hou as jy die
> storie vertel nie, dan weet jy nou waaroor
> dit gaan.
>
> Tant Hessie van Vioolsdrif ( in die Noordkaap)
>
|
|
|
|
|
Re: Die storie van die StraDivarius [boodskap #87191 is 'n antwoord op boodskap #87187] |
So., 16 November 2003 15:45   |
Daun Johnson
Boodskappe: 1155 Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> "@rogers.com" wrote:
>> Ek bedoel, Elaine, dat iemand wat voorgee
>> om soveel te weet oor die pryse van
>> Stradivarius-viole nou nie eens weet hoe
>> om die woord te spel nie, darem ietwat
>> van 'n klug is. Meer belaglik, bla bla bla
>> Tant Hessie van Vioolsdrif ( in die Noordkaap)
On Sun, 16 Nov 2003 16:08:34 +0200, "Elaine" wrote:
> Jis, maar jy's vol van jouself. So what? Ek het dit verkeerd gespel.
>
> E
>
Kom ons lees Annette se woorde hieronder, Elaine.......
> Annette
> Ek dink dit is 'n Stradivarius - maar ek dink Elaine moet begin soek in die
> omgewing waar Oupa gebly het in die antiek-winkeltjies vir 'n klein
> kitaartjie
Elke keer wanneer ek vir afleiding terugkeer vanaf die die sites
waar ek my tyd spandeer (watter plekke kuier ek gewoonlik rond,
hoor ek iemand vra; http://www.wimsbios.com/ is waar ek tyd
spandeer op die oomblik, en toe kom ek op 'n plek af wat baie
beskrywend is die die nuusgroep http://www.insects.org/ ) ...
kom ek hier op dieselfde tipe skop, skiet en donder af.
Tipiese voorbeeld dié, na Annette dit op op 'n baie taktvolle
wyse geneom het, het Gloudina, eie aan haar, 'n paar dae
gewag met die hoop dat julle Annette se teregwysing sal
vergeet, en toe gemaak of sy weet hoe Stradivarius
gespel word. Moet nie vir haar sê dat jy dit opgelet het nie,
maar onthou Elaine, dat sy dit nie in jou
eerste brief raakgesien het nie.
'kay, die afleiding was genoeg om nou weer
terug te gaan na Wim se plek.
|
|
|
Re: Die storie van die StraDivarius [boodskap #87192 is 'n antwoord op boodskap #87191] |
So., 16 November 2003 16:25   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Dave" wrote
> Tipiese voorbeeld dié, na Annette dit op op 'n baie taktvolle
> wyse geneom het, het Gloudina, eie aan haar, 'n paar dae
> gewag met die hoop dat julle Annette se teregwysing sal
> vergeet, en toe gemaak of sy weet hoe Stradivarius
> gespel word. Moet nie vir haar sê dat jy dit opgelet het nie,
> maar onthou Elaine, dat sy dit nie in jou
> eerste brief raakgesien het nie.
Ag siestog, du plessis. Ook maar vinnig om te vertel
hoe jy liewer op ander plekke jou jollies vind. Is dit
omdat ons nie meer genoeg aandag aan jou manewales
wil gee nie? Ek persoonlik dink ALMAL op hierdie
nuusgroep, behalwe Elaine blykbaar, weet hoe om
die woord Stradivarius te spel. Dit is deel van die
alledaagse idiomatiese gebruik, beide in Engels en
Afrikaans, om 'n vermeende duur viool 'n Stradivarius
te noem.
Tant Hessie van Stradivariusdrif
|
|
|
Re: Die storie van die StraDivarius [boodskap #87194 is 'n antwoord op boodskap #87192] |
So., 16 November 2003 18:16   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 16 Nov 2003 16:25:59 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> "Dave" wrote
>
>> Tipiese voorbeeld dié, na Annette dit op op 'n baie taktvolle
>> wyse geneom het, het Gloudina, eie aan haar, 'n paar dae
>> gewag met die hoop dat julle Annette se teregwysing sal
>> vergeet, en toe gemaak of sy weet hoe Stradivarius
>> gespel word. Moet nie vir haar sê dat jy dit opgelet het nie,
>> maar onthou Elaine, dat sy dit nie in jou
>> eerste brief raakgesien het nie.
>
> Ag siestog, du plessis. Ook maar vinnig om te vertel
> hoe jy liewer op ander plekke jou jollies vind. Is dit
> omdat ons nie meer genoeg aandag aan jou manewales
> wil gee nie? Ek persoonlik dink ALMAL op hierdie
> nuusgroep, behalwe Elaine blykbaar, weet hoe om
> die woord Stradivarius te spel. Dit is deel van die
> alledaagse idiomatiese gebruik, beide in Engels en
> Afrikaans, om 'n vermeende duur viool 'n Stradivarius
> te noem.
>
> Tant Hessie van Stradivariusdrif
>
Elaine, hier's 'n url waar jy kan gebruik
om 'n kode te kry waarmee jy miskien
die anti kan koudsit:
http://www.emsisoft.com/en/support/anti%2Dtrojan/
DD
|
|
|
|
|
|
Re: Die storie van die StraDivarius [boodskap #87204 is 'n antwoord op boodskap #87187] |
Ma., 17 November 2003 05:51   |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Weg van die viole af. Elaine, maak nou 'n plan en begin NOU daai oupa van
jou se stories op te neem op band om later te kan skryf. Afrika is vol van
ou ervaringe en ons laat dit toe om graf toe te gaan. Ek wonder of ou
Gloudina weet hoe om koei te spel?
"Elaine" skryf in boodskap news:3fb784c6$0$64720@hades.is.co.za...
> Jis, maar jy's vol van jouself. So what? Ek het dit verkeerd gespel. En as
> die Smithsonian dit kan afkort na "StraD" toe, dan kan ek seker ook. Of dit
> 'n regte een was of nie (StraDivari se model is baie nagemaak in die 18de en
> 19de eeue), is nie die punt nie. Ek het bloot 'n oulike storie vertel, my
> 83-jarige Oupa het baie stories om te vertel.
> Miskien is Oupa se storie 'n klug of 'n "tall tale" soos die Ingelse sal sê,
> maar weereens, so what? Dit maak glad nie 'n verskil aan die waarde van die
> StraDivarius nie, wat nog steeds 'n paar dae terug vir $700 000 verkoop is.
> As jy jou hande natuurlik op die "Kreutzer" StraDivarius kan kry, kan jy
> maar ophou werk, want dit is die waardevolste StraDivarius, Christies het in
> 1998 die Strad vir 'n bietjie meer as 950 000 pond of $1.5 mil verkoop - die
> meeste wat ooit op 'n veiling behaal is (vir enige musiek instrument). Nou
> weet jy ook, vind net eers uit wie/wat Kreutzer is/was voordat jy vir almal
> gaan vertel.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Ek bedoel, Elaine, dat iemand wat voorgee
>> om soveel te weet oor die pryse van
>> Stradivarius-viole nou nie eens weet hoe
>> om die woord te spel nie, darem ietwat
>> van 'n klug is. Meer belaglik, om dit af
>> te kort tot "Strat." As van jou vriende
>> skielik nie hulle lag kan hou as jy die
>> storie vertel nie, dan weet jy nou waaroor
>> dit gaan.
>>
>> Tant Hessie van Vioolsdrif ( in die Noordkaap)
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die storie van die StraDivarius [boodskap #87251 is 'n antwoord op boodskap #87244] |
Di., 18 November 2003 08:08   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote:
>
> Meeste
> mense weet van die bestaan van die viole, soveel
> so dat dit in die idiomatiese taal ingekruip het.
Toe nie, baie mense met wie ek gepraat het, het nie 'n clue wat 'n
Stradivarius is nie
> Meeste mense wat toegang tot die internet
> het, kan enige hoeveelheid informasie daaroor
> insamel.
Presies, is dit nie wonderlik dat ek en ander nou so veel meer kan leer nie?
Ek dink dis briljant, so nou kan ek ook leer van Stradivarius en Beethoven,
want voordat ek die Internet gehad het, het ek niks daarvan af geweet nie.
Noudat jy jouself bietjie belaglik
> gemaak het deur dit so komies te spel, hoekom
> gaan jy aan om te maak of jy "soveel daarvan
> weet"?
Ek het nog nooit gemaak asof ek "soveel daarvan af weet" nie, die enigste
persoon op hierdie nuusgroep wat maak asof hulle meer weet as ander is jy.
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se Volwasse Onderwys afdeling.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 00:04:50 UTC 2025
|