Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stemreg
Stemreg [boodskap #87019] |
Di., 11 November 2003 08:26  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Van tien jaar gelede se lighoofdige euforie dat alle volwassenes die reg het
om te kan kan stem, het ons nou gevorder tot waar daar oor die radio gemeek
word dat 16-jariges moet registreer, slhoewel hul eers kan stem as hulle 18
is, en mense ge-intimideer word as hulle hul waat registreer of
her-registreer by lokale.
Kan iemand ook vir my probeer verduidelik wat die redenasie agter is om
kiesafdelings se grense elke keer te verander, aangsien ons tog nie stem vir
iemand om ons ter verteenwoordig nie.
--
Annette
|
|
|
|
|
Re: Stemreg [boodskap #87066 is 'n antwoord op boodskap #87042] |
Wo., 12 November 2003 08:23  |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Presies oor rede van die resultate in Afrika wat jy vandag sien! Miskien
het die ou apartheidsvarke groter insig gehad as waarvoor jy hulle krediet
wil gee? Jy sal dit nooit erken nie, maar ek self was nog altyd van opinie
dat apartheid sy ontstaan nie gehad het uit die begeerte van die wit man
bloot net om die swartmense te onderdruk nie. Daar is hewige praktiese
probleme met die bestuur van 'n land in Afrika en die apartheidsbeleid was
ook maar 'n probeerslag om 'n oplossing te kry...wat duidelik nie gewerk het
nie. Uiteindelik is alles toe vereenvoudig en waar sit Afrika vandag?
Definitief nie beter af as wat dit voorheen was nie en al die vrese wat daar
voorheen was oor wat van die lande gaan word is aaklig besig om waar te
word.
Maar, soos altyd hanna-hanna jy mos oor alles en die feit dat jy my
vraag met 'n vraag beantwoord, beteken dat jy nie eintlik weet nie! Dis
mos darem nou die Gloudina handelsmerk daai? Laat ek jou tog maar vertel:
As daar per kandidaat gestem word, sal daar na die prestasie van elke
kandidaat gekyk word deur die kiesers voor die verkiesing en ek sal jou
waarborg, vele van die swart party-ikone wat vandag in vet Benze rondry, met
Armani pakke en volstruisleer skoene [en hy's maar net die stadsklerk van 'n
klein dorpie!], en eintlik nie veel in sy werk beteken nie, sal nie maklik
weer verkies sal raak nie want die breë publiek kan sien hy doen niks. DIS
hoe die demokrasie behoort te werk, maar julle't hom gebuig sodat daar vir
'n politieke party gestem word en hulle kan enige sot wat diep genoeg in
hulle gatte inkruip aanstel om te maak wat hulle wil. Noem jy dit
demokrasie? Jy moet, want dis mos waarvoor julle gewerk het! Julle het
een apartheidsisteem met 'n ander vervang. Is jy bewus daarvan dat jy in
Namibië nie 'n regeringswerk kan kry as jy nie 'n partylid van Swapo is nie?
Wat anders is dit as wat daar was? Die verskil is net, in die ou dae het
die aprtheidsvarke gesorg vir werk, instandhouding, infrastruktuur, ens.
Vandag se manne oes net vir hulleself en hul partylede. Sekerlik voel jy
trots op wat julle bereik het, ou dier? Hang seker af van die standaard
waarop jy ingestel is?
"@rogers.com" wrote in message
news:Yg6sb.24748$HoK.21181@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Suidwester wrote
>
>> Miskien kan ou Gloudina vir ons verduidelik hoekom die Afrika politici
> bang
>> is om dit toe te laat dat vir 'n kandidaat gestem kan word?
>
> Miskien kan jy vir my verduidelik hoekom
> daar vir jare, tot en met 1994, daar net vir
> witmense deur witmense gestem kon word.
>
> ou gloudina
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 18 16:47:11 UTC 2025
|