Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Abel oor lekker eet en ander dinge
Abel oor lekker eet en ander dinge [boodskap #8694] So, 02 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hi,Abel,dog toe jou mond moet verder water.Woon in die berge,letterlik twee
en 'n halfdag te fikse perd van enige plek met 'n teerstraat.Nie 'n plek
vir idealiste soos deur Hennie Aucamp beskryf in 'Pluk die dag nie'nie.Hy
sê mos " 'n Idealis is iemand wat die omringende duisternis ignoreer omdat
hy voor in die wapad 'n lig vermoed"

Hier by ons is kultuur nog lewend dankie.Als wat groei en wei kan onder die
byl beland en tot bredies,kaas,botter,biltong en vele vele meer verwerk
word.Lekker,man.
Hoop restaurante met eg Suid-Afrikaanse kos kan floreer.Ons kombuis is maar
sommer die kuierplek vir almal-buitelanders en binnelanders als te
same.Kommetjie klink ook na so 'n lekker plek.Groete tog van my (Griet van
die berge) aan al die Afrikaners in die buiteland.Wonder wat het vanJanie
daar in Portugal geword.Dis wonderlik om met hierdie lekker geselsgroep te
kan kuier.Bye.
Re: Abel oor lekker eet en ander dinge [boodskap #8704 is 'n antwoord op boodskap #8694] Ma, 03 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
M.Kruger wrote in article
...
Jammer vir die twee-keer se skryf.Kan almal my hierdie stommitiet
vergewe?!!

M.Kruger wrote in article
...
>
Geen Probleem.... Idialis.

Frikkie
Re: Abel oor lekker eet en ander dinge [boodskap #8705 is 'n antwoord op boodskap #8694] Ma, 03 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Griet vannie berge.......jy mag maar verskeie kere skryf..... dis
lekker om van jou te hoor. Hier in Fort Lauderdale word die berge maar erg
gemis......die hoogste punt bo seespieel is 4 voet....:-((

Gelukkig het 'n mede landgenoot darem ons nood raakgesien en 2jr. terug 'n
Suid-Afrikaanse restaurant hier geopen. Die naam is Zanzibar( was
aanvanklik net veronderstel om 'n sypad kroegie te wees waar mens SA
wyn/Afrika koffie kon drink) Dit is nou een van die meer suksesvolle
restaurante in Las Olas Blv. en bedien al die lekker dinge soos
bobotie/pap en wors/sosaties/volstruisfilette /melktert .......

Mede S-Afrikaners kan ook biltong/boerewors van hom koop as hy genoeg
vooraad het. En dan is daar altyd die SA wyn....en 'n Afrikaanse stem
iewers in die restaurant. 'n ware tuiskoms in die vreemde......vir die van
julle wat naby genoeg is..... besoek gerus.

Geniet maar die berge vir my ook......:-)

Groete
Hester
Vorige onderwerp: Restaurant
Volgende onderwerp: Lekker eet en ander dinge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 17:24:38 MGT 2024