Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanses
Afrikaanses [boodskap #86164] |
Fri, 24 October 2003 14:13  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die hoof-subredakteur en die Groep van 63 het gister glo ernstige
besprekings gehad nadat Die Burger besluit het om alle Afrikaanssprekendes
voortaan as Afrikaanses in die Burger te noem, tensy iemand spresifiek
versoek om as 'n Afrikaner in 'n artikel genoem te word.
Ek is heeltemal gelukkig om 'n Afrikaanse genoem te word.
--
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dokters met grense . . . [boodskap #86992 is 'n antwoord op boodskap #86963] |
Mon, 10 November 2003 09:28   |
Threeships Mcduck
Boodskappe: 244 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 09 Nov 2003 18:51:29 GMT, "Ellie" served the
following to the group:
> Hulle maak dit m.i. gans te moeilik vir dokters van S.A. om hier in Amerika
> te kan praktiseer. n Vriendin se man was n suksesvolle orthopediese dr. met
> sy eie praktyk in Millpark Jhb, en hy moes vir n jaar lank weer n intern
> wees hier, en toe die eksamen weer skryf, wat hy toe ook maklik gedoen het,
> maar hulle kon dit makliker gemaak het.
>
dis wys jou net dat sommige mense enigeiets sal doen om hier uit te
kom. vir die van hule wat net iewers anders wil gaan sponge het ek nie
respek nie maar dis duidelik dat die ou bereid wat om op te offer en
nie alles op `n skinkbord te verwag nie. so iemand verdien om in `n
ander land te woon en suksesvol te wees. dit bewys ook vir daai
owerheid dat hy ernstig is om `n commitment te maak.
>
> "vbotha1" wrote in message
> news:bFvrb.8801$jy.3932@clgrps13...
>> "@rogers.com"
>>>
>>> . Die
>>> Kanadese prairies is vol van SA dokters wat
>>> nie daarvan hou om in SA te praktiseer noudat
>>> daar swart mense in kontrole van die mediese
>>> toneel is nie.
>>>
>>> Tant Hessie van die Derde Republiek
>>>
>>>
>> En die bronne vir hierdie inligting kom vanwaar ? Of is dit maar weer 'n
>> geval dat iemand wat 'n ekspert is op een terrein is 'n mening gee oor 'n
>> tereein gee waarvan sy/hy eintlik niks weet nie. Bly by jou vakgebied Tant
>> Hessie.
>> SA dokters kom na Kanada vir dieselfde redes as wat dokters uit Indie,
>> SriLanka, en Pakistan na Kanada kom. En ook vir dieselfde redes waarom
>> dokters uit Engeland, Australie, Nieu Seeland an die VSA nie na Kanada toe
>> kom nie.
Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: Afrikaanses [boodskap #86994 is 'n antwoord op boodskap #86978] |
Mon, 10 November 2003 09:50   |
vbotha1
Boodskappe: 2 Geregistreer: November 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die sweeping statements los ek maar vir jou Hessie. Dit is hierdie dokters
uit SA wat bereid is om al die nodige Kanadese eksamens te skrywe vir volle
registrasie, wat hulle in staat stel om dan enige plek te gaan werk -
nodeloos om te se dat die prairie-provinsie kontrakte hulle 'n geleentheid
gee om dit te kan doen. Terselfdertyd doen diegene wat ek mee gesels het hul
bes om te intigreer met die Kanadese samelewing, sonder om hulle herkoms te
negeer.
Siende dat jy die kern van my argument ignoreer - die SA dokters kom
meerendeels hiernatoe oor i) Ekonomiese redes ii) Beter vooruitsigte vir
hulle kinders iii) Om weg te kom van die geweld in SA. Dit is ook maar so
van die dokters van Pakistani , Sri Lanka , Midde Ooste en Indie. Of is
hulle nou ook rassiste?
Omtrent die dokters in die groot stede - weereens 'n veralgemening - gaan
doen maar weer 'n bietjie navorsing en die eerste klomp SA dokters wat in
die platteland was het al begin inbeweeg na die stede.
"@rogers.com" wrote in message
news:x4Crb.194816$7B1.8198@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> vbotha1 wrote
>
>> SA dokters kom na Kanada vir dieselfde redes as wat dokters uit Indie,
>> SriLanka, en Pakistan na Kanada kom. En ook vir dieselfde redes waarom
>> dokters uit Engeland, Australie, Nieu Seeland an die VSA nie na Kanada toe
>> kom nie.
>
> Jy maak ook maar goed sweeping statements. Baie
> van die dokters op die prairies is daar omdat hulle
> nie meer in die "Nuwe SA" wil bly nie. Daar is seker
> ook baie wat voor 1994 uitgekom het omdat hulle
> nie gehou het van wat in SA gebeur nie, maar hierdie
> chicken run mense vind mens gewoonlik in die stede
> van die verskillende provinsies. Die afgeleë prairie-
> dorpe is gewoonlik vol Afrikaner dokters wat op
> kontrakte met die regerings van die prairie-provinsies
> uitkom.
> Dit is ook nie korrek om te sê dat Engelse dokters
> nie na Kanada verhuis nie. Mens merk op dat meeste
> dokters wat in die verre noorde van Kanada werk,
> Engelse aksente het. Ek wonder hoekom.
>
> Tant Hessie van Thompson
>
|
|
|
|
Re: Afrikaanses [boodskap #87007 is 'n antwoord op boodskap #86994] |
Mon, 10 November 2003 21:37   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"vbotha1" wrote
> Siende dat jy die kern van my argument ignoreer - die SA dokters kom
> meerendeels hiernatoe oor i) Ekonomiese redes ii) Beter vooruitsigte vir
> hulle kinders iii) Om weg te kom van die geweld in SA. Dit is ook maar so
> van die dokters van Pakistani , Sri Lanka , Midde Ooste en Indie. Of is
> hulle nou ook rassiste?
Wel, as jy SA dokters saamskaar met die van Pakistan, Sri Lanka,
Indië en die Middel-Ooste, as ekonomiese vlugtelinge, wat noem
jy dan die baie Engelse dokters wat ons in Kanada het, veral in die
verre noorde.
Ek ken ook iemand wat op die punt was om na die prairies te kom
as dokter, en toe weer tweekeer gedink en in SA gebly het. Ek het
die indruk gekry dat na die eerste uitstroming post-1994, dinge begin
uitlek het dat dit nie moonshine en roses is om in klein dorpies in die
prairies in die winters opgekramp te sit nie. Kanada is nie vir sissies
nie, en ek dink enigiemand wat in noordelike Manitoba of Saskatchewan
of Alberta dokter wil wees, moet meer as hare op sy tande hê.
Tant Hessie van Slave Lake
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaanses [boodskap #87062 is 'n antwoord op boodskap #87014] |
Wed, 12 November 2003 05:48   |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil nou nie snaaks wees nie ou antie, maar wie is jy om te praat van
chicken run? Jy was een van die voorhollers! Beste van alles is dat jy
nie oor veiligheid gegaan het nie.....skoon uit banggatgeit. Ek ken darem
een dokter in Namibië wat deur een of ander instansie in kanada genooi is om
soontoe te verhuis, alles betaal. Presies nege maande later is hy en sy
gesin terug in Windhoek. Hy sê hy kon die ewige sneeu en inkluistering van
Kanada nie vat nie. Sien, rêrige kinders van Afrika is gewoond aan die
vryheid van sy omgewing. Die 'moral of the story' is natuurlik dat jy 'n
verskriklike banggat moet wees om genoeg motivering te kan hê om dit te kan
verduur!
"@rogers.com" wrote in message
news:TlZrb.8407$lK1.5576@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "basjan" wrote
>
>> AAAAASSEEEEEBLLLLIIIIEEEFFFF!!! Lankal nie meer 'n "chicken run" nie,
> meer
>> 'n common sense opsie. Ander het dit al gesê en sal dit weer sê, so
lief
> as
>> wat jy vir SA is, my gesin kom eerste.
>
> Ag, siestog, dit was chicken run toe jy in die ou
> lekker laertjie gesit het, en die mense wat nie
> wit velle gehad het nie, krepeer het. Nou is
> dit skielik 'n common sense opsie. Give me a
> break. En hoe veilig is jy nou in jou ou laertjie,
> what with homeland security en al?
>
> Tant Hessie van die plains of Abraham.
>
|
|
|
Re: Afrikaanses [boodskap #87173 is 'n antwoord op boodskap #86164] |
Sat, 15 November 2003 21:31  |
Bryan1810
Boodskappe: 3 Geregistreer: November 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On Fri, 24 Oct 2003 16:13:44 +0200, "Annette" wrote:
> Die hoof-subredakteur en die Groep van 63 het gister glo ernstige
> besprekings gehad nadat Die Burger besluit het om alle Afrikaanssprekendes
> voortaan as Afrikaanses in die Burger te noem, tensy iemand spresifiek
> versoek om as 'n Afrikaner in 'n artikel genoem te word.
> Ek is heeltemal gelukkig om 'n Afrikaanse genoem te word.
Ek het nog altyd 'n probleem daarmee gehad as iemand na my verwys as
'n Afrikaner. Daardie term het 'n politiese inslag en siende ek nog
nooit aan een of ander khaki-broek brigade behoort het nie, wil ek
definitief nie in dieselfde sin as hulle genoem word nie. Ek is baie
gelukkig as Afrikaanssprekende, want ek is lief vir die taal maar dis
waar dit stop.
Bryan
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:52:47 UTC 2025
|