Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verkiesing
Verkiesing [boodskap #86928] Sa, 08 November 2003 12:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaan toe vandag, na die lugskoukyktjie, om te gaan registreer om nou net
hier in die Kaap te kan stem, nie meer hier en in Bellville nie,
Nietemin - daar tel ek toe 'n helse relletjie op met die mense omdat hulle
beweer dat die helfte van die straat waar ek in bly in een stemarea val, en
die ander helfte van die straat in 'n ander. Toe ek vra van watter nommer in
die straat tot watter nommer in die area val waar hulle nou is, toe is
hulle stom, want daardie inligting is blykbaar geheim.
Die tweede relletjie gaan toe daaroor dat ek met die man wat daar is 'n
argument aan het - in Afrikaans - hoekom die area inligting nie in die
areablaadjie verskyn het wat gratis by alle posbusse afgelewer word nie. Hy
praat toe ook in Afrikaans met die dame wat glo die registrasievorm moet
bevestig en oor invul in 'n boek, en toe sy met my praat, toe val sy wragtag
weg in Engels!.
Ek stop haar toe by die tweede woord, en vertel haar mooi dat ek beswaar
aanteken dat sy my in Engels aanspreek terwyl sy weet ek Afrikaans-sprekend
is.
Sy beweer toe dat sy eintlik Engels is ( in plein Afrikaans) toe vertel ek
haar dis nie mooi om so openlik te jok nie, want ek het gehoor hoe lekker sy
Afrikaans praat met die man.
--
Annette
Re: Verkiesing [boodskap #86940 is 'n antwoord op boodskap #86928] So, 09 November 2003 01:25 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit was 'n resep vir burgeroorlog ..

"Annette" skryf in boodskap news:boipam$h0l$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gaan toe vandag, na die lugskoukyktjie, om te gaan registreer om nou net
> hier in die Kaap te kan stem, nie meer hier en in Bellville nie,
> Nietemin - daar tel ek toe 'n helse relletjie op met die mense omdat hulle
> beweer dat die helfte van die straat waar ek in bly in een stemarea val, en
> die ander helfte van die straat in 'n ander. Toe ek vra van watter nommer in
> die straat tot watter nommer in die area val waar hulle nou is, toe is
> hulle stom, want daardie inligting is blykbaar geheim.
> Die tweede relletjie gaan toe daaroor dat ek met die man wat daar is 'n
> argument aan het - in Afrikaans - hoekom die area inligting nie in die
> areablaadjie verskyn het wat gratis by alle posbusse afgelewer word nie. Hy
> praat toe ook in Afrikaans met die dame wat glo die registrasievorm moet
> bevestig en oor invul in 'n boek, en toe sy met my praat, toe val sy wragtag
> weg in Engels!.
> Ek stop haar toe by die tweede woord, en vertel haar mooi dat ek beswaar
> aanteken dat sy my in Engels aanspreek terwyl sy weet ek Afrikaans-sprekend
> is.
> Sy beweer toe dat sy eintlik Engels is ( in plein Afrikaans) toe vertel ek
> haar dis nie mooi om so openlik te jok nie, want ek het gehoor hoe lekker sy
> Afrikaans praat met die man.
> --
> Annette
>
Vorige onderwerp: Vertalings.
Volgende onderwerp: Mooi bly mooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:31:27 MGT 2024