Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons bakleierige Sangers
Ons bakleierige Sangers [boodskap #86692] Di, 04 November 2003 07:16 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat is die manlik vir Diva? Want dis glo net die manne met hul ego'tjies wat
nie in vrede en geluk kan saamsing, saam optree en saam partytjie hou nie.
Sjeim.
Ek praat nou van Skouspel - Glo die grootste Afrikaanse musiekkonsert in die
land.
Anton Goosen baklei of het glo baklei met die meeste ander.
Steve d'Hofmeyer was ook nie ver agter met sy klaery en vloermoerdery nie.
Lukas Maree het nie eers geweet Anton en hy het 'n vete aan en praat nie met
mekaar nie.
Volgens Anton is Koos Kombuis en Valiant Swart op dieselfde vlak, al verskil
is dat Koos nie bad nie.
En toe vereer Huisgenoot vir Anton met 'n Spesiale Toekenning.
Op die verhoog, met deeglike beplanning, is die bakleieriges nie direk langs
mekaar geplaas nie - maar blykbaar het die beste in die ou lot uitgekom
agter die verhoog en by die partytjie.
--
Annette
Re: Ons bakleierige Sangers [boodskap #86765 is 'n antwoord op boodskap #86692] Wo, 05 November 2003 14:52 Na vorige boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink vir my of ou Anton die lewe blameer omdat hy nie lekker kan sing nie?
Miskien moet hy 'n Oude Meester toekoenning kry?

"Annette" skryf in boodskap news:bo7jt3$e6c$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat is die manlik vir Diva? Want dis glo net die manne met hul ego'tjies wat
> nie in vrede en geluk kan saamsing, saam optree en saam partytjie hou nie.
> Sjeim.
> Ek praat nou van Skouspel - Glo die grootste Afrikaanse musiekkonsert in die
> land.
> Anton Goosen baklei of het glo baklei met die meeste ander.
> Steve d'Hofmeyer was ook nie ver agter met sy klaery en vloermoerdery nie.
> Lukas Maree het nie eers geweet Anton en hy het 'n vete aan en praat nie met
> mekaar nie.
> Volgens Anton is Koos Kombuis en Valiant Swart op dieselfde vlak, al verskil
> is dat Koos nie bad nie.
> En toe vereer Huisgenoot vir Anton met 'n Spesiale Toekenning.
> Op die verhoog, met deeglike beplanning, is die bakleieriges nie direk langs
> mekaar geplaas nie - maar blykbaar het die beste in die ou lot uitgekom
> agter die verhoog en by die partytjie.
> --
> Annette
>
Vorige onderwerp: Dit kan in RSA
Volgende onderwerp: Praat Saam se gas vanoggend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:28:35 MGT 2024