Pynappel-bier Resep? [boodskap #8644] |
Mon, 24 February 1997 00:00 |
Blue Peter[2]
Boodskappe: 15 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hallo,
Ek soek 'n resep vir Pynappel-bier, met skop!
Enige idees?
Gerhard
--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
|
|
|
Re: Pynappel-bier Resep? [boodskap #8652 is 'n antwoord op boodskap #8644] |
Tue, 25 February 1997 00:00 |
Inus Scheepers
Boodskappe: 2 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Blue Peter wrote:
>
> Hallo,
> Ek soek 'n resep vir Pynappel-bier, met skop!
> Enige idees?
Ja: Pynappels, opgekap met skil en al, suiker, gis, rosyntjies, gemmer
as jy wil. Laat staan 'n paar dae in die spens, syg deur en bottel.
Meer suiker = meer skop. Mens kan 'n paar treksels maak - gooi net
weer suiker en gis by die pynappel...
En onthou, dit smaak soos koeldrank, maar dit maak nie so nie!
--
|
|
|
Re: Pynappel-bier Resep? [boodskap #8668 is 'n antwoord op boodskap #8644] |
Thu, 27 February 1997 00:00 |
Blue Peter[2]
Boodskappe: 15 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
On 2/25/97 1:04PM, in message , Inus Scheepers wrote:
Dankie vir jou idee!
Wat ek graag eintlik wil weet wat is die benaderd verhouding tussen die
hoeveelheid water, pynapples, suiker en wat nog! As jy dit al so gebrou het
laat my weet watter verhouding jy gebruik het, asseblief!]
Terloops, is die gis nodig, sal die pynapples en suiker nie die fermentasie
proses alreeds begin nie?
Groete
Gerhard
> Blue Peter wrote:
>>
>> Hallo,
>> Ek soek 'n resep vir Pynappel-bier, met skop!
>> Enige idees?
>
> Ja: Pynappels, opgekap met skil en al, suiker, gis, rosyntjies, gemmer
> as jy wil. Laat staan 'n paar dae in die spens, syg deur en bottel.
> Meer suiker = meer skop. Mens kan 'n paar treksels maak - gooi net
> weer suiker en gis by die pynappel...
>
> En onthou, dit smaak soos koeldrank, maar dit maak nie so nie!
> --
--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
|
|
|
Re: Pynappel-bier Resep? [boodskap #8688 is 'n antwoord op boodskap #8644] |
Sun, 02 March 1997 00:00 |
Teunis van Ree
Boodskappe: 33 Geregistreer: June 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Blue Peter (am...@iafrica.com) wrote:
: On 2/25/97 1:04PM, in message , Inus Scheepers
: wrote:
: Dankie vir jou idee!
: Wat ek graag eintlik wil weet wat is die benaderd verhouding tussen die
: hoeveelheid water, pynapples, suiker en wat nog! As jy dit al so gebrou het
: laat my weet watter verhouding jy gebruik het, asseblief!]
: Terloops, is die gis nodig, sal die pynapples en suiker nie die fermentasie
: proses alreeds begin nie?
Jip
: Groete
: Gerhard
|
|
|
Re: Pynappel-bier Resep? [boodskap #8730 is 'n antwoord op boodskap #8644] |
Thu, 06 March 1997 00:00 |
Teunis van Ree
Boodskappe: 33 Geregistreer: June 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Teunis vanRee (van...@ilink.nis.za) wrote:
: Blue Peter (am...@iafrica.com) wrote:
: : On 2/25/97 1:04PM, in message , Inus Scheepers
: : wrote:
: : Dankie vir jou idee!
: : Wat ek graag eintlik wil weet wat is die benaderd verhouding tussen die
: : hoeveelheid water, pynapples, suiker en wat nog! As jy dit al so gebrou het
: : laat my weet watter verhouding jy gebruik het, asseblief!]
: : Terloops, is die gis nodig, sal die pynapples en suiker nie die fermentasie
: : proses alreeds begin nie?
: Jip
Jammer oor die voëls op die draad... hier's hy:
Rasper of maal 1 pynappel (of die ekwivalent in skille) en voeg dit
by 4,5 L koue water. Voeg
1,2 kg suiker en
15 ml fyn gemmer by en meng
goed.
Bedek dit en laat 24 h by kamertemperatuur (of in 'n warm plek) staan om te
gis. Syg die bier deur 'n skoon doek, bottel dit, kurk dit of draai proppe
op en verkoel.
Geniet dit.
Groete
T
|
|
|
Pynappel-bier Resep? [boodskap #120215 is 'n antwoord op boodskap #8644] |
Sun, 01 February 2015 07:30 |
hzwie...
Boodskappe: 1 Geregistreer: February 2015
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hallo
Ek het die lekker resep van pynappelbier probeer, maar wat ek wil weet na so vierdae in die yskas het dit so n bietjie wit skuim bo-op gemaak. Is daar iets fout? Het ek dalk iets verkeerd gedoen?
|
|
|
|
|
|
|