| " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #86518] |
Do., 30 Oktober 2003 04:40  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Gert Vlok Nel
i sagte reën het agtermiddag
i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.
ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.
in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL [boodskap #86595 is 'n antwoord op boodskap #86577] |
Vr., 31 Oktober 2003 07:37  |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: Januarie 2002
|
Senior Lid |
|
|
En sy werk is dikwels bedrieglik eenvoudig en kinderlik, totdat die
betekenis jou tussen die oë klap.
Dit lyk ook asof hy doelbewus elke sweem van "mooiskryf" en gekunsteldheid
probeer vermy, in so 'n mate dat hy sy eie skryfwyse navolg.
Nelleke de Jager praat van Ruggraatpoësie: die tekste wat rillings langs die
ruggraat afstuur van plesier, verwondering, verstomming, ontstigting,
ontsteltenis of woede. Dit is, terloops, haar kriteria vir opname in Litnet.
. Ek wonder
> soms hoeveel sy eienaardige topografie ook deel is van
> die bewuste manipulasie van mens se kop - hy maak jou
> eers effens dronk deur jou om en om te laat draai in jou
> kop, sodat jy met jou bloed dink en nie met jou brein
> nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|