|
|
| Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86561 is 'n antwoord op boodskap #86497] |
Do., 30 Oktober 2003 11:20   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Dankie dat jy my punt bewys het. Ek "ontleed" nie kuns nie. As die
prentjie vir MY mooi is koop ek dit, as die prentjie nie mooi is nie, is dit
lelik en dan koop ek dit nie. Dieselfde met musiek, hoewel ek dalk bietjie
meer geneig is om musiek te ontleed en noot vir noot uitmekaar te trek.
Ek het kuns tot in St. 8 gehad (ek kon nie teken om my lewe te red nie, maar
dit was 'n lekker "loaf" vak), van st. 6 af doen jy teorie en
kunsgeskiedenis ook, so ek's redelik bekend met Picasso se werk. Ek's bly
jy hou van Picasso, dit wys jy het kultuur en dat jy gesofistikeerd is. Ek
aan die ander kant is totaal kultuurloos en ongesofistikeerd :), seker die
dat ek nie van Picasso se werk hou nie.
E
"@rogers.com" wrote:
>
> Mens moet natuurlik in ag neem dat Picasso nie
> altyd so geskilder het soos dit waaraan jy dink
> nie. Ken jy sy skilderye uit sy "blou periode"
> en "pink periode?" Daar het hy bewys dat hy
> wel goed in die amper tradisioneel-vir-sy-tyd
> manier kon skilder. As so iemand dan begin
> kubisties skilder, is dit 'n bewuste stap, en
> tot 'n sekere mate ook deel van die rewolusie
> wat in die skilderkuns aan die gang was. Ek
> sou dus vir jou stel dat Picasso 'n "watwonderse"
> kunstenaar is, en dat niks wat jy kan sê iets
> daaraan kan doen nie. Of die potboilers
> aan die einde van sy lewe nou groot kuns
> is, is 'n ander vraag. Maar dwarsdeur my lewe
> het ek 'n klein Picasso-afdruk getiteld "Jong meisie
> met duif" met my rondgery, want dit was vir my
> nog altyd een van die mees ontroerende skilderye
> wat ek gesien het. En daar is niks kubisties daarin
> nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Koos 'Kebuis.......... [boodskap #86618 is 'n antwoord op boodskap #86615] |
Vr., 31 Oktober 2003 15:40  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Almal wat ek ken...
"@rogers.com" wrote:
>
> Nou hoekom verkondig jy dan die stukkie wysheid
> dat ALMAL weet dat die naam van die skildery
> "The Shout" is. Want in die eerste plek lyk dit nie
> of die ou shout nie. Ek probeer maar net uitwys
> dat jy dinge fabriseer en dit dan vir die waarheid
> vertel.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|