Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom: SPYKER
Idioom: SPYKER [boodskap #8635] So, 23 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hy slaan die spyker op die kop.

Vry interpreteerde verduideliking: om die kern van 'n situasie akkuraat
(en gewoonlik bondig) uit te druk.
(Engels: an accurate and usually brief synopsis of a situation)

Voorbeeld: Gloudina beweer dat ek lyf wegsteek by die instuur van idiome.
Sy vermoed dat dit te doen het met die koue, en daarmee slaan sy die
spyker op die kop: die lewenslus en energie raak maar laag hier in die
winter (temperature is aan die verbeter: vandag net minus 17 maks.)
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Re: Idioom: SPYKER [boodskap #8642 is 'n antwoord op boodskap #8635] Ma, 24 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
mrud...@creo.go_away_spam.com says...
>
> On 23 Feb 1997 23:28:25 GMT, Stefan...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms)
> wrote:
>> Sy vermoed dat dit te doen het met die koue, en daarmee slaan sy die
>> spyker op die kop: die lewenslus en energie raak maar laag hier in die
>> winter (temperature is aan die verbeter: vandag net minus 17 maks.)
>
> Ha! Vandag (die hele naweek eintlik) is dit 'n pragtige sonskyn dag in
> Vancouver, temperatuur 13C! Amper warm genoeg om by die strand te gaan
> baljaar!

Ha! Bly stil daar in die hinterland van Kanada
oor julle temperature. Het jy vergeet wat net voor
Kersfees daar by julle gebeur het? Het julle toe
darem nog 'n tweede sneeuploeg gekoop?

Gloudina
Re: Idioom: SPYKER [boodskap #8643 is 'n antwoord op boodskap #8635] Ma, 24 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Marc[2]  is tans af-lyn  Marc[2]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 23 Feb 1997 23:28:25 GMT, Stefan...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) wrote:
> Sy vermoed dat dit te doen het met die koue, en daarmee slaan sy die
> spyker op die kop: die lewenslus en energie raak maar laag hier in die
> winter (temperature is aan die verbeter: vandag net minus 17 maks.)

Ha! Vandag (die hele naweek eintlik) is dit 'n pragtige sonskyn dag in
Vancouver, temperatuur 13C! Amper warm genoeg om by die strand te gaan
baljaar!
Vorige onderwerp: Idioom : LYF WEGSTEEK
Volgende onderwerp: Idioom: Tussen...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:35:30 MGT 2024