| Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86190] |
Sa., 25 Oktober 2003 07:51  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die laaste paar maande het ek letterlik gesien hoe die water al hoe meer en
meer agteruit gaan hier by eers. Eers het dit net 'n "smakie" gehad, maar
ek het my nie daaraan gesteur nie. Partykeer as ek die krane oopgedraai
het, het daar sulke gelerige snotterige gemors uitgekom, maar ek het gedog
dis in die pype. Ek, my man, ons huishulp en selfs ons honde het van tyd
tot tyd begin "goormaag" kry. Ek het bly sê "dis die water", maar niemand
wou my glo nie. Eergister gooi ek toe vir manlief 'n glas gewone kraanwater
in, en die lyk soos melk. En toe bars die bom. Die pompstasie wat die rou
riool moet filter is gebreek en die gemors loop in die Vaal Rivier in. Ons
plaaslike regering sien die water word vrotter en vrotter en in plaas
daarvan om die filters by die pompstatsie wat die water weer uitpomp te gaan
fix gooi hulle net meer en meer chemikalieë in die water. Toe bars nog 'n
bom. Die plaaslike regering weet al 2 jaar van die probleem, maar hulle het
niks daaraan gedoen nie, want "wie sê die planne wat deur Randwater voorgelê
is om die pompe te fix gaan werk". Randwater het al R36 miljoen gegee om
die pompstasies op te knap en die regering het nou ook vir die
munisipaliteit R40 miljoen gegee. As hulle nie teen volgende jaar die pompe
en filters reggemaak het nie, gaan daar sowat 1,5 miljoen mense sonder water
sit.
Elaine
|
|
|
|
| Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86192 is 'n antwoord op boodskap #86190] |
Sa., 25 Oktober 2003 08:08   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Haai sjeim man - kry 'n petisie aan die gang om die feite aan almal in die
omgewing en aan nuwe intrekkers bekend te stel.
Lyk my julle betaal nie vir water nie, maar vir chemikalieë.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f9a2b70$0$64720@hades.is.co.za...
> Die laaste paar maande het ek letterlik gesien hoe die water al hoe meer en
> meer agteruit gaan hier by eers. Eers het dit net 'n "smakie" gehad, maar
> ek het my nie daaraan gesteur nie. Partykeer as ek die krane oopgedraai
> het, het daar sulke gelerige snotterige gemors uitgekom, maar ek het gedog
> dis in die pype. Ek, my man, ons huishulp en selfs ons honde het van tyd
> tot tyd begin "goormaag" kry. Ek het bly sê "dis die water", maar niemand
> wou my glo nie. Eergister gooi ek toe vir manlief 'n glas gewone kraanwater
> in, en die lyk soos melk. En toe bars die bom. Die pompstasie wat die rou
> riool moet filter is gebreek en die gemors loop in die Vaal Rivier in. Ons
> plaaslike regering sien die water word vrotter en vrotter en in plaas
> daarvan om die filters by die pompstatsie wat die water weer uitpomp te gaan
> fix gooi hulle net meer en meer chemikalieë in die water. Toe bars nog 'n
> bom. Die plaaslike regering weet al 2 jaar van die probleem, maar hulle het
> niks daaraan gedoen nie, want "wie sê die planne wat deur Randwater voorgelê
> is om die pompe te fix gaan werk". Randwater het al R36 miljoen gegee om
> die pompstasies op te knap en die regering het nou ook vir die
> munisipaliteit R40 miljoen gegee. As hulle nie teen volgende jaar die pompe
> en filters reggemaak het nie, gaan daar sowat 1,5 miljoen mense sonder water
> sit.
>
> Elaine
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86194 is 'n antwoord op boodskap #86193] |
Sa., 25 Oktober 2003 08:52   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
En wat van die arme plante?:)))
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f9a37da$0$64725@hades.is.co.za...
> Dit was darem in die koerant en op die nuus. Daar is voorgestel ons moet
> ons water koop, of as jy dit nie kan bekostig nie, moet jy maar water kook.
> Gisteraand toe ons wil gaan water koop is daar net een 5l bottel water in
> die hele Vanderbijlpark oor :) Die staan gelukkig nou in my yskas saam met
> nog so 10l se gekookte water wat in die honde se bakke ingaan.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bndcig$4fj$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Haai sjeim man - kry 'n petisie aan die gang om die feite aan almal in die
>> omgewing en aan nuwe intrekkers bekend te stel.
>> Lyk my julle betaal nie vir water nie, maar vir chemikalieë.
>> --
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86214 is 'n antwoord op boodskap #86208] |
Sa., 25 Oktober 2003 20:24   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Juis, Juis.
--
Annette
> En wat dit nog meer interessant maak
> is dat Elaine'hulle nou nog steeds aan
> die munisipaliteit water betaal en ook
> aan die cafe:-)
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86348 is 'n antwoord op boodskap #86336] |
Ma., 27 Oktober 2003 11:43   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine, probeer helfte coke, helfte Fanta lemoen in 'n glas - jy sal verbaas
wees hoeveel beter dit jou dors les.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f9cfb62$0$64719@hades.is.co.za...
> Water werk beter. En moenie 'n fout maak nie, dit word warm genoeg hier
> rond, en ek het nie lugversorging nie. Al wat ek het wat veronderstel is om
> te help afkoel 'n so miniatuur swembadjie. Coke met baie ys werk vir my...
>
> E
>
> "Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnis66$noa$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
>> Duidelik is jy daar in jou lugverkoelde omgewing lekker koel.....en met al
>> die lekkernye volop rondom jou. Kom loop rond in die woestyn en so 50º
>> later dan sluk jy 'n bier met lus. Dit les jou dors. 'n Coke of 'n soet
>> ding definitief nie.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86406 is 'n antwoord op boodskap #86398] |
Ma., 27 Oktober 2003 19:46   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Probeer dit eers, en dan besluit jy.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3f9d52e0$0$64728@hades.is.co.za...
> Uhm - dit klink verskriklik sleg!
>
> E
>
> "Annette" skryf in boodskap news:bnj0pi$h6c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine, probeer helfte coke, helfte Fanta lemoen in 'n glas - jy sal verbaas
>> wees hoeveel beter dit jou dors les.
>> --
>> Annette
>
|
|
|
|
| Re: Een van die dae nes Mexiko [boodskap #86437 is 'n antwoord op boodskap #86406] |
Di., 28 Oktober 2003 10:57  |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Kyk, al bogenoemde goete is tog maar net verskonings om goete in die
keelgate af te gooi. As jy nou rêrig dors is, dan is water die enigste,
maar nie koue water nie. So naby aan liggaamstemperatuur as moontlik. Te
koud en jy sweet en dis waterverlies. Maar dat dit lekker is, dis nie waar
nie maar as jy op pad is om te sneuwel, dan is enigiets lekker. Ons het
gepraat van wat is lekker as dit warm is en wat dors les. Uit ondervinding
in 'n woestyn kan ek julle verseker dat 'n bier veel beter dors les as
byvoorbeeld 'n koedrank of vrugtesap. Jy moet maar net die smaak daarvoor
aanleer, Elaine. Kyk net hoe baie mense drink rooi wyn.....dit smaak soos
ou perdepis en tog drink die yuppies dit!
"Annette" skryf in boodskap news:bnjtmc$3ch$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Probeer dit eers, en dan besluit jy.
> --
> Annette
> "Elaine" skryf in boodskap news:3f9d52e0$0$64728@hades.is.co.za...
>> Uhm - dit klink verskriklik sleg!
>>
>> E
>>
>> "Annette" skryf in boodskap news:bnj0pi$h6c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Elaine, probeer helfte coke, helfte Fanta lemoen in 'n glas - jy sal verbaas
>>> wees hoeveel beter dit jou dors les.
>>> --
>>> Annette
>>
>
|
|
|
|